71 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => calendar.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

News

Argiewe:

17-Jan-2019 | PV is die nasionale ATKV-wenners

Die nasionale ATKV-olimpiade uitslae is ontvang. Parel Vallei se juniors het uitstekend gevaar in dié Nasionale Afrikaans-olimpiade waaraan hulle op 4 September 2018 deelgeneem het.

Die Parel Valleiers op die foto stap weg met die titel Beste Juniors in die Wes-Kaap in Afrikaans Huistaal EN Afrikaans Eerste Addisionele Taal! In die Huistaal-afdeling is Lienke Norval en Mari Diedericks die wenners en die Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdeling is gewen deur Nerise Malan.

Vier PV-leerders het ook posisies in die nasionale Top 100 verwerf. Hulle is: Adriana van der Spuy, Marietjie Cilliers en Sherize Liebenberg (in Afrikaans Huistaal) en Charl Marais (in Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Die WKOD (Wes-Kaapse Onderwysdepartement) het PV ook gister in kennis gestel dat hul graad 12-leerders in die NSS (Nasionale Senior Sertifikaat)-eksamen van 2018 die 9de plek in Afrikaans Huistaal en die 12de plek in Afrikaans Eerste Addisionele Taal behaal het.  Die prestasies benadruk net weer die waarde van dié bogenoemde olimpiade vir PV se junior-leerders.

Baie geluk aan al PV se Afrikaans-onderwysers wat Afrikaans so lewendig en prettig hou vir die leerders. Hulle is: me Marietjie Madsen-Leibold (vakhoof, Afrikaans Huistaal), me Anita Möller (vakhoof, Afrikaans Eerste Addisionele Taal), me Nolene Duvenage (PV-hoof van akademie), me Mardie Steenkamp, mnr Willem Steenkamp, me Marietjie Bredell, me Marietjie Steyn, me Edene Mackenzie, me Adelé van Wyk en me Chrisanth Isaacs.

Hierdie resultate spreek net weer van PV se uitnemendheid in Afrikaans!

Agter, van links na regs: Lienke Norval, Mari Diedericks, Charl Marais, Nerise Malan.

Voor: Sherize Liebenberg, Marietjie Cilliers, Adriana van der Spuy.

 

15-Jan-2019 | Inter-House Athletics’ Results 2019

The athletic season started with a bang on the second and third day of this term, when ALL Parel Valleiers gave their best and participated in true Blue Thread spirit to earn points for their individual sports houses: Stella, Aberdeen and Nassau.  Nine new records were set and the day even saw staff and old PV learners participating in a race or two!

Congratulations to NASSAU who were the overall winners of the ATHLETICS’ TROPHY. (Nassau won with 2 325 points; Stella in second place with 2 214 points and Aberdeen third, with 2 183 points.)  

It was a hairbreadth escape for ABERDEEN, that managed to defend the SPIRIT CUP with 309 points against the runner up, Nassau, with 305 points! It was Aberdeen’s passion and commitment throughout the day that really sealed the title for them.  Stella came third, earning 284 points.

 Thank you to Mrs Kets, Mr Nic Soekoe and the athletics team for organising this great event each year and for giving Parel Valleiers the opportunity to realise their full potential.

PV’s Top Athletes

From left: Junior Victrix Ludorum: Marietjie Cilliers (four first places, a second place and one record); Junior Victor Ludorum: Jayden Daniels (five first places and one record); Senior Victor Ludorum: Kyle Slater (five first places and two records); Senior Victrix Ludorum: Anne-Marié Schoeman (four first places and a second place).

Aberdeen’s Proud Cheerleaders!

From left: Caitlin Gordon, Abigail George, Bianca Nieuwoudt, Dani Pepler, Josh Ellis, Brett Baker, Keanu le Roux, Keanon Kalmeyer

Nassau’s Cheerleaders

Stella’s Cheerleaders

Improved records were set by:

Item

Learner

Records improved

 

Time/ Distance

House

Girls u14

Hammer Throw

Kiara Latief

23.68m

Stella

Girls u14

Discus

Zinatha Fukweni

26.65m

Stella

Boys u15

300m Hurdles

Jayden Daniels

0.44.1

Nassau

Boys u15

Relay

Relay team

0.49.5

Nassau

Boys u17

110m Hurdles

Kyle Slater

0.16.3

Aberdeen

Boys u17

Shotput

Roux Nieuwoudt

15.59m

Nassau

Boys u17

Long Jump

Kyle Slater

6.38m

Nassau

Boys u19

Shotput

Ivan Coetsee

12.95m

Stella

Boys u19

Hammer Throw

Shane Roberts

48.33m

Aberdeen

The PV Bulldogs are focused and practicing hard for the Inter-Schools’ meeting that will take place on the 1st of February, when Parel Vallei will defend their title as the Inter-Schools’ champion against Strand and Hottentots Holland.

Be sure not to miss this event!

 

11-Jan-2019 | Wes-Kaap Nasionale Senior Sertifikaat-seremonie

BAIE GELUK aan PV se Dux-leerder, Renée van Zyl, wat op 10 Januarie tydens die NSS-seremonie te Leeuwenhof ‘n merietesertifikaat ontvang het vir Akademiese Uitnemendheid.

Renée het 7 vakonderskeidings behaal, en ‘n gemiddeld van 95.5%.

Sy is werklik ‘n voorbeeld van ‘n hardwerkende en passievolle leerder wat haar drome voluit nastreef.

PV se onderwysers en Beheerliggaam wens haar alle voorspoed toe vir die toekoms!

(Op die foto’s is Renée saam met haar ouers (mev Marlene en mnr Attie van Zyl) en die skoolhoof, mnr David Schenck.)

09-Jan-2019 | Welkom!

Baie welkom aan die volgende entoesiastiese personeellede wat by die Blue Thread-span aansluit! Leef jul passie vir die onderwys ten volle uit en streef elke dag na uitnemendheid. 

Mag PV se blou-passie julle omvou en julle lank hier hou!

Agter, van links na regs: mnr Dave Karlsen (kriekethoof), me Sarah-Lee Allers (Wiskunde), mnr Jacques du Plooy (sport), me Deona le Roux (Engels).

Voor: me Maryna du Toit (Verbruikerstudie), me Danielle Mockey (Engels).

09-Jan-2019 | Nuwe bulhondjies

Baie welkom aan elkeen van ons 269 graad 8-leerders!
Mag dit die begin wees van vyf wonderlike jare by PV!

Agter, van links: Catalina Nieto Lawrence, Dehanté van der Bank, Mieke Knight, Anne-Marié Schoeman (prefek), Hailey Vyver-Pipes, Nicolas Meeter, Jordan de Louw, Luke Slater.

Voor: Danté Nell, Katharina Marie Steele, Luke Slater.



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013