103 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Noodhulp

Wie is ons?
Leerders wat noodhulpopleiding ontvang het (vlak 1, 2 of 3) onder die leiding van me Kruger en me Marais.

Wat doen ons in die noodhulpklub? 
Parel Vallei se noodhulpklub bemagtig leerders om noodsituasies te hanteer en beseerdes by te staan.

Hoe doen ons dit?
Leerders kan ‘n vlak 1 en 2 asook die gevorderde vlak 3 noodhulpkursusse doen en sodoende die kwalifikasies verwerf om deel te wees van Parel Vallei se noodhulpklub.
 

Noodhelpers kry praktiese ervaring deur diens te doen tydens sportgeleenthede (atletiek, rugby, hokkie en netbal). Parel Vallei se noodhulpspan vorm ‘n baie belangrike deel van die skool se sportprogram.

Wat is ons pligte?
Leerders doen noodhulpdiens by georganiseerde sportgeleenthede by die skool.  ‘n Diensrooster word gedurende die week opgestel.  Noodhelpers staan tydens die sportgeleenthede langs die veld en help leerders wat beserings opdoen. Indien ‘n leerder gedurende skooltyd ‘n besering opdoen, kan een van die leerders ook bystand verleen.
 

Aktiwiteite gedurende die jaar:
Diensbeurte tydens alle sportgeleenthede.
Opleidingskurusse.

Noodhulpaande waarons sosiaal verkeer en ons noodhulpvaardighede opknap.

Wat is die doel van ons klub? 
Om leerders se selfvertroue te bou, noodhulpvaardighede te laat aanleer en om mediese ervaring op te doen.  Die klub berei ook leerders voor vir moontlike loopbane in die mediese wêreld.
 

Verskeie van ons oudleerders is vandag gekwalifiseerde paramedici, verpleegsters, fisioterapeute en dokters! 

Hoe werf ons nuwe lede?
Ons bemark ons klub en werf nuwe lede gedurende saalbyeenkomste en sportdae.

Tydens die Opedag stel ons die klub bekend aan toekomstige gr.8’s wat moontlik belang stel om die skool op dié wyse te dien.

Wat is ons bywoningsbeleid?
Opleidingsessies en klubvergaderings moet bygewoon word en diensure nagekom word.

Kontakbesonderhede:
Me. E Kruger - ekruger@pvallei.co.za
Me. R Marais - rmarais@pvallei.co.za

   

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013