104 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Fotografie

Wie is ons?
PV-Fotografieklub.

Wat doen ons in PV-Fotografie?
Die fotograwe neem foto’s by skoolgeleenthede en by sportbyeenkomste. Hierdie foto’s word gebruik vir die Communicator, die jaarboek of die koerant.

Hoe doen ons dit?
Elke leerder kry die geleentheid om op te tree as fotograaf by verskillende skoolbyeenkomste. Daar is ten minste twee leerders by ‘n byeenkoms wat saamwerk as ‘n span.

Wat is ons pligte?
Die fotograwe neem foto’s by verskillende skoolgeleenthede.
Die PV-Fotografie Facebookbladsy moet gereeld opgedateer word.

Projekte waarna ons uitsien gedurende die jaar:
Fotografiekompetisies.

Aktiwiteite gedurende die jaar:
1. Uitstappie na ‘n uitstalling by die Iziko Museum in Kaapstad.
2. Klasse aangebied deur Lauren Hochfelden van die Shutter Club. 
    (Een keer per kwartaal).
3. Gassprekers.

Wat is die doel van ons klub?
Die doel van ons klub is nie net om ‘n diens aan die skool te lewer en ons vaardighede te verbeter nie, maar ook om pret te hê.

Wat is ons visie vir die toekoms?
Ons is steeds besig om die klub te vestig en ons visie is om elke jaar meer lede te werf en ook om ons fotografievaardighede te verbeter.

Hoe werf ons nuwe lede?
Daar is aan die begin van elke jaar ‘n inleidende vergadering vir alle leerders wat belangstel om by die klub aan te sluit, maar enige leerder kan steeds deur die loop van die jaar aansluit.

Wat is ons bywoningsbeleid?
Lede moet elke tweede Donderdag gedurende eerste pouse ons vergaderings bywoon om deel te bly van die span. Lede moet ook ten minste twee per kwartaal optree as ‘n fotograaf en so ‘n diens lewer aan die skool.

Kontakbesonderhede: Me R Blomerus: rblomerus@pvallei.co.za

 



 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013