110 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Tegniese Span

Wie is ons?
Ons is ‘n groep Parel Vallei-leerders wat opgelei is as tegniese assistente.

Wat doen ons in die tegniese span?
Ons is ingedeel in drie spanne onder leiding van Drama-onderwyseres, juf. Van Zyl, asook drie hooftegnici en ons sien om na al die tegniese benodighede van elke geleentheid in Parel Vallei.

Wat is ons pligte?
Tegnici moet tegniese toerusting soos luidsprekers, mikrofone, klankborde, beligting en projeksies opstel vir skoolgeleenthede en weer alles na die tyd wegpak en opruim. Ons moet ook tydens hierdie geleenthede aan diens wees as operateurs van hierdie toerusting.

Projekte waarna ons uitsien gedurende die jaar:
Nuwe tegnici woon ‘n professionele tweedagkursus by om hul op te lei om met PV se tegniese toerusting te werk. Hierdie tegnici werk dan by skoolgeleenthede gedurende die eerste kwartaal.  Aan die einde van die kwartaal word die tegniese span vir die jaar gekies. Alle tegnici staan ook ‘n kans om gekies te word as deel van die span wat by die dramaproduksies werk en wat elke jaar op toer gaan. 

Aktiwiteite gedurende die jaar:
Aktiwiteite sluit in geskeduleerde diensbeurte by geleenthede soos Miss PV, kultuurweek, Love week, sportbyeenkomste, Maandae se saalbyeenkomste, Brakkekonsert, prysuitdelings, ens.

Wat is die doel van ons klub?
Ons hou daarvan om met tegniese toerusting te werk en ‘n professionele beeld te skep by ons geleenthede. Ons verskaf ook ‘n diens aan die skool en onderwysers deurdat ons seker maak al die geleenthede by PV word aangebied met kundigheid in klank, beligting en projeksies.

Wat is ons visie vir die toekoms?
Ons wil graag ‘n uitstekende diens lewer aan Hoërskool Parel Vallei om sodoende die beeld van ons pragtige skool te bevorder. Ons wil ook aanhou leer en die wêreld van tegnologie verken om op hoogte te bly van al die nuutste toerusting en metodes.

Hoe werf ons nuwe lede?
In kwartaal 1 kan enige leerder wat belangstel,  inskryf, die opleidingskursus bywoon en ‘n werk-in-opleidingsprogram volg om in aanmerking te kom vir die verkiesing van die tegniese span. Vorige ondervinding is nie noodsaaklik nie, maar sal voordelig wees.

Wat is ons bywoningsbeleid?
Daar word van ons verwag om ons diensbeurte te doen, soos geskeduleer deur  juf.  Van Zyl. Ons moet ook al die veiligheidsmaatreëls volg wanneer ons werk en ons aanvaar volle verantwoordelikheid vir die toestand van die toerusting waarmee ons werk.

Kontakbesonderhede:
Me. A. van Zyl - avanzyl@pvallei.co.za

 

   

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013