48 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Parel Vallei se Uyavula-leesprojek kry ’n hupstoot!

Die leerders van Hoërskool Parel Vallei se ATKV-jeugtak ken nou al die pad na die Uyavula Gemeenskapsentrum baie goed en ook die pad na die hart van die ongeveer 50 kinders van Chris Nissenpark vir wie hulle elke Vrydag gaan lees.  Hoërskool Parel Vallei het in 2015 deelgeneem aan ATKV-Handevat, en gaan steeds voort om ’n verskil te maak!  Die ATKV het lieflike nuwe kinderboeke van Lapa Uitgewers aan die Uyavula lees- en skryfprojek geskenk, om die inisiatief ’n hupstoot te gee. 

ATKV-Handevat moedig skole vanuit meer bevoorregte gemeenskappe om hande te vat en opbouende projekte aan te pak saam met en ten bate van skole in minder bevoorregte gemeenskappe. 

 Marietjie Madsen-Leipold (Afrikaans huistaal-vakhoof by Hoërskool Parel Vallei) sê dat “Die leesprojek gaan oor veel meer as net Vrydae gaan lees in Chris Nissenpark.  Dis vir óns leerders ook ’n ervaring en mens bou ’n verhouding met die kinders daar.  So ’n voorreg.  Dankie nogmaals vir ATKV se hulp.”

Te danke aan fondse verskaf deur die Nasionale Loterykommissie kan die ATKV verdienstelike ATKV-Handevatprojekte wat aan spesifieke kriteria voldoen, se impak vergroot.  Die Nasionale Loterykommissie maak staat op fondse uit die opbrengs van die Nasionale Lotery en hiermee wil die kommissie ’n verskil te maak in die lewens van alle Suid-Afrikaners, veral diegene wat kwesbaar is, en die volhoubaarheid van die begunstigde organisasies verseker.  Fondse word versprei aan geregistreerde en kwalifiserende nie-winsgewende organisasies op die gebied van liefdadigheid; kuns, kultuur en erfenis; sport en ontspanning. Besoek gerus www.nlcsa.org.za om meer te lees oor die projekte wat deur die NLC befonds word.

As jy meer wil weet oor ATKV-Handevat, besoek: https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Jeugprojekte/Handevat of e-pos me Marietjie Madsen- Leipold as jy deel wil word van Parel Vallei se Uyavula-leesprojek:

mmadsen-leibold@pvallei.co.za

          Lizané Basson

ATKV-Projekorganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9078

ATKV jeugklub

Die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) het 307 takke landwyd, waarvan 89 jeugtakke is. Die doel van die ATKV-jeugtakke is om aan sy lede die geleentheid te bied om in Afrikaans hul omgewing te beleef.

Die Parel Vallei-jeugtak bied jaarliks die ATKV se Redenaarstreeks- en halfeindkompetisie aan.

Hul is ook ywerige ondersteuners van die ATKV-Tienertoneel - op en van die verhoog.

Verder beoefen Parel Valleiers hulle kultuur op 'n prettige manier met gemeenskapgerigte projekte.

Ons neem vanjaar deel aan die ATKV-Handevat gemeenskapsprojek waar ‘n bevoorregte skool in samewerking met ‘n minderbevoorregte skool ҆n volhoubare gemeenskapsprojek moet aanpak. Ons ATKV- jeugtak werk saam met Tereo Skool om vir hulle ‘n leessentrum te bou en in te rig.

Kontakbesonderhede: Mev. M Madsen-Leibold: mmadsen-leibold@pvallei.co.za



In 1997 we had a very important strategic session during which the staff, management and Governing Body plotted the future of our school.

After very meaningful discussions and deliberation, we came to the conclusion that we were entering a time of huge change. We were on the threshold of introducing OBE (Outcome Based Education) and realised that the one constant going into the future would be change!

We were very proud of our academic excellence and were working hard at bringing sport and culture up to the same level as the academics. Around the table we penned our Vision for the future: "EXCELLENCE IN A CHANGING WORLD"

Since those very important discussions we are very proud to be able to say that we really do achieve excellence in our ever changing environment.

Some 10 years ago my wife and I attended a stage production of the musical ‘Evita’ which depicted the life of Evita Peron, wife of the Past President of Argentina.
During the show, Evita says, in a very defiant moment: "I’m proud to be and Argentinian."

At school at the time, I was thinking about ways in which I could spark off some pride in the school. Although many of our pupils had tremendous talent, they were often lacking in confidence and were almost scared to show pride in themselves or their school. I took Evita’s words and entered our own name and got: "Proud to be a Parel Valleier". I motivated and encouraged pupils to buy into the concept of having pride in themselves and in what they do but without being arrogant.

We also started to use this slogan on the foot of all our outgoing mail and on our letterheads. Interestingly, some of the grade 8’s, when they answer the question in their little test about the motto of the school, say that, “Proud to be a Parel Valleier” is the school’s motto instead of the real motto "Sapientia et intellegentia."

Long may this slogan live in the hearts and minds of our learners and may they always be "Proud to be a Parel Valleier".

Ettienne Gouws
2013