157 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Big Band

Geskiedenis:
Gestig in Januarie 2015.
Bestaan uit ±15 leerders.

Wie neem deel:
Dogters en seuns vanaf graad 8 – 12.

Aktiwiteite gedurende die jaar:
Stellenbosch Kunswedstryd.
Helderberg Eisteddfod.
Die Big Band tree ook per versoek op by ander belangrike geleenthede soos:  sportdae, konserte, prysuitdelings en die Opedag. 

Prestasies:
Stellenbosch Kunswedstryd-trofee: Vir Jazzorkes (Hoërskool, Studente, Ope) – 2016 and 2017.

Ideale:
Om selfvertroue en groepsdeelname aan te moedig.
Individuele en gesamentlike opleiding in verskeie jazz-instrumente in ‘n Big Band-styl

Hoe om aan te sluit:
Leerders word individueel deur die orkesleier genader om aan te sluit.

Oefentye:
Elke Dinsdag na skool.

Kontakbesonderhede:
Mnr D. Combe
dcombe@pvallei.co.za
 

PV BIG BAND – JAZZ FEES 2017

Twaalf Parel Vallei leerders wat deel uitmaak van ons fantastiese Big Band het die Grahamstad Nasionale Kunstefees bygewoon en daar deelgeneem aan die Standard Bank National Youth Jazz Festival 2017.

Die fees is een van die toonaangewende jazz ontwikkelingprogramme in die land en bring bymekaar meer as 300 leerders en student, 40 opvoeders en omtrent 90 professionele jazz musikante en opvoeders van regoor Suid-Afrika. Die feesprogram strek oor een week met innoverende jazzoptredes, repetisies, werkswinkels, lesings en die geleentheid vir SA se toekomstige jazz musikante om op persoonlike en musikale vlak met hul eweknieë skouers te skuur.

Die doel van die fees om ‘n platform te skep om die jongste jazz talent in die land op te spoor. Ons eie Matthew Verrezen is uitgenooi om oudisies vir die National Youth Jazz Band af te lê. Hulle was uiteindelik nie in die orkes ingesluit nie, maar ons trots loop oor en die geleentheid op sigself is ‘n pluimpie. Met die terugkeer is die entoesiasme en passie vir musiek vernuwe.
‘n Groot dankie aan die agt matrieks wat hierdie jaar die kern van die Big Band gevorm het en wat die Band sy huidige uitnemendheid bied; en natuurlik mnr. Combe vir sy volgehoue inspirasie.

     
     
     

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013