163 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Blue thread - Elektroniese skooltydskrif

Geskiedenis
Daniel Geldenhuys en sy span het die inisiatief geneem om ‘n aanlyn skooltydskrif te te begin en op September 2010 het die eerste “Ultimate PV” die digitale rakke getref. In hierdie uitgawe het hoofleiers Caru Coetzee en  Kobus Badenhorst verskyn.

Wie neem deel?
Uitgekose leerders wat die tydskrif aan die gang hou met behulp van onderwysers en die goedkeuring van die hoof.  Enige leerder wat entoesiasties oor skryf, redigering, ontwerp en fotografie is, kan deel word van die span.

Wat doen ons in/by “Ultimate PV”?
Hierdie tydskrif vier dit wat Parel Vallei het om te bied. Dit hou rekord van die trotse aktiwiteite van hierdie skool en vorm ook deel van Parel Vallei se trots.

Aktiwiteite gedurende die jaar:
Die hoofdoelwit van hierdie tydskrif is om verslag te lewer oor verskeie aktiwiteite van die skool: sport, kultuur, akademie en ander buitemuurse bedrywighede. Hierdie tydskrif bied ook aan lesers verskeie artikels oor gesondheid, leefstyl, modes en hou hul op hoogte van die nuutste gebeurtenisse.

Ideale
“Ultimate PV” streef daarna om die vaardighede van jong redigeerders, skrywers, ontwerpers en fotograwe te ontwikkel deur die aanbieding van die skool se beste prestasies, leerders, personeel en oud-leerders.

Bywoningsbeleid
Daar sal ‘n streng bywoningsbeleid gehandhaaf word. Daar word verwag dat die hele span of betrokke lede by elke vergadering teenwoordig sal wees.

Kontakbesonderhede:
Mev. E. Mackenzie: emackenzie@pvallei.co.za

Kliek onder op 'n uitgawe om dit te lees:

 

Video

 

 

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013