175 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Grand West - Backstage Pass, High School Jam

Geskiedenis:
Voorheen het die kompetisie bekend gestaan as die V&A Waterfront – Clash of the Concertos.  Parel Vallei was een van die eerste skole wat vanaf die ontstaan van die kompetisie daaraan deelgeneem het.

In Januarie 2011 word Parel Vallei weer amptelik uitgenooi om deel te neem aan dié kompetisie, wat nou bekendstaan as die Grand West “Backstage Pass, High School Jam”.  Die eerste optrede van die verkose hoërskole het gedurende Augustus 2011 plaasgevind.

Meer as 5 000 toeskouers woon die ongelooflike ervaring elke jaar by om te sien hoe 10 skole deelneem aan wat bekend geword het as die “musiekinterskolekompetisie”. 

Prysgeld van R30 000 is elke jaar op die spel!

Prestasies:
Sedert 2011 het Parel Vallei al twee keer as ‘n finalis opgetree.
 Individuele pryse is gewen vir beste kitaar- en beste baskitaarspeler.

Wie Neem Deel:
Leerders vanaf gr. 8 - 12.
Die geselskap bestaan uit ongeveer 40 - 60 lede.
Die keuringproses vir sangers, dansers, orkeslede en bestuurder van die groep vind vroeg in die eerste kwartaal plaas.

Wanneer Vind Dit Plaas?
Die kompetisie vind jaarliks in Augustus oor twee dae in die Grand West Arena plaas.

Ideale:
Om leerders hul vaardighede op ‘n professionele verhoog te laat oefen en leerders se selfvertroue te bou.
Om groepdeelname en samewerking te bevorder.
Om Parel Vallei se naam verder op musikale vlak uit te bou!

Hoe Om Aan Te Sluit:
Leerders word individueel genader of kan aan die begin van die jaar ‘n oudisie kom doen.

Bywoningsbeleid:
Oefentye word bepaal deur betrokke onderwyser en deurgegee aan die groep.  Musikante, sangers en dansers begin maande voor die vertoning in Augustus oefen.
Streng bywoning van oefeninge word vereis.

Kontakbesonderhede:
Mnr. D. Combe
dcombe@pvallei.co.za

    

    

    



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013