179 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture1.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Woordkuns deur Kunswedstryde

Die Hoërskool Parel Vallei spoor leerders van graad 8 tot graad 12 aan om aan die Stellenbosch en Helderberg Kunswedstryd, wat jaarliks plaasvind, deel te neem.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ons leerders om voordragvaardighede aan te leer en te oefen.

Wat doen ons in Woordkuns Kunswedstryde?
Leerders skryf in vir sekere klasse soos deur die sillabusse van die Kunswed-stryde uiteengesit en doen alle voorbereiding self.

Aktiwiteite gedurende die jaar:
Die Stellenbosch Kunswedstryd vind jaarliks gedurende Mei plaas en die Helderberg Kunswedstryd gedurende Augustus.

Hoe neem ek deel?
Die verantwoordelike onderwyser roep die belang-stellende leerders vroegtydig om in te skryf vir die betrokke klasse en om die inskrywingsgeld te betaal. Die onderwyser doen die inskrywings en gee die leerders se optredetye aan hulle deur, sodra die program gefinaliseer is.

Bywoningsbeleid:
Die leerders is verantwoordelik om aan die klasse deel te neem waarvoor hulle ingeskryf het.  Sertifikate word uitgedeel en pryse toegeken, tydens die jaarlikse Kultuurprysuitdeling by die skool.

Kontakbesonderhede:
Marietjie Steyn
msteyn@pvallei.co.za



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013