97 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => mind.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Leierskap

Parel Vallei is ‘n skool wat daarna streef om so veel geleenthede as moontlik vir sy leerders te skep en gedurig met uitnemendheid aan te pas in die veranderende wêreld waarin ons leef.  Dit is om dié redes dat daar besluit is om ‘n nuwe leerder-leierskapstruktuur in PV te skep!

Dit is die leiers van die toekoms wat vandag op die skoolbanke sit en PV se bestuur wil Parel Valleiers graag nog meer blootstel aan leierskapsrolle en leierskapsgeleenthede…

Die nuwe struktuur sien só daar uit: die ou leerderraad is vervang met ‘n stelsel van prefekte, gekies deur verskillende portefeuljes wat verskillende afdelings in die skool verteenwoordig.  Die prefekraad bestaan uit agt portefeuljes, naamlik: Tradisie, Media, Kultuur, Diens, Akademie, Sport, Gees en die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders.)

Stemming in elke portefeulje het gevolg nadat die kandidate se manifeste vertoon is.  (Kieserregistrasie is ook in elke portefeulje vereis voordat ‘n kieser sy stemreg kan uitoefen.)  Elke portefeulje, soos bo genoem, word bestuur deur ‘n onderwyser wat leiding gee en bestaan uit ‘n goue prefek (die leier) en twee silwer prefekte.  Die agste portefeulje, naamlik die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders), is verteenwoordigend van alle grade (en word ook direk in die beheerliggaam verteenwoordig deur die hoofseun en hoofdogter.)

Elkeen van hierdie portefeuljes sal ‘n komitee hê wat saamgestel word uit leerders uit alle grade wat dan, wanneer dit met die prefekte, sportkapteins en ander leierskapposisies in die skool gekombineer word, leierskapblootstelling aan meer as 200 leerders sal verleen.  Dit is ‘n baie opwindende leierskapstyd in die skool en die portefuljes sal verder versterk word deur kursusse en gassprekers wat opleiding en individuele groei sal verskaf soos die nuwe struktuur vasgelê word.

Die aankondiging van die prefekte, sowel as die hoofseun en –dogter, sal elke jaar tydens PV se Stigtersdag-seremonie in Augustus in die teenwoordigheid van die hele skool geskied.

Leerderraad

2018

Agter: R v Zyl, C Forrester, S. Boshoff, M. Doyle, E. Uys, A. Broeksma, K Graham, J. Hyman, R v Greuning.

Middel: N Scheffers, S Bullen, Z Naude,T Erasmus, J Mol, B Coetzee, I Froelich, I du Toit, G Leid, K Munro, S Barry.

Voor: Z Vermeulen, R Kaps, Me A. Prinsloo, N de Lorme, Mnr D Schenck, A Moelich, Mnr W Steenkamp, J Gouws, Z Wookey.

2017

Agter: G.Lopes, A.JvRensburg, J.Linklater, R.Lind, J.Oliemans, H.Uys, S.le Roux, S.JvRensburg, R.Robinson,K.Moffitt.

Middel: C.Odendal, C.Cronje, J.Beavon, R.Kaps, C.Wiehahn, W.Louw, J.vdWalt, S.de Kock, M.Kreft, S.Röhm,S.Kolatsis.

Voor: J.Helders, D.Hendricks, Me A. Prinsloo, R.Meyer, Mnr D.Schenck,

X.Venter, Mnr W.Steenkamp, LvdMerwe, K.Majewski.

2016

Agter vlnr: A Timberlake;W vd Merwe; A v Greuning; M Steyn; L Davies; C Smal; K Moolman; A Moelich

3de Ry: J vd Walt; R Trenti; E Zehrt; N Davids; T Brett; N Rodenbach;E Booyens; K Majewski; D Basson

2de Ry:A Cotton; A Mathomes; C Spies; N Pfeiffer; A Shell; B Naude;I Froëlich; K Rauolt; S Snyman; J Loots; C Trenti

Voor: X Venter; T Naude; C Niewoudt; Mnr W Steenkamp; E Gouws;Me A Prinsloo; C Wertheim; A Buchanan; A Madsen-Leibold

 

2015

Agter vlnr: Arend Moelich, Katelyn Wolfaardt ,Margaret Kuhn, Rory Lind, Megan Grobbelaar, Kate Boonzaier, Craig Smith, Tamsyn Jack, Rouxvé Meyer, Gustav Eichstäd

Volg: Seth van Graan, Johan Smit, Sebastian Nieto Lawrence, Emile Gouws, Justin Skeat, Giovanni Matthews, Liam Walsh, Andrew Harrison-Migochi, Tiaan Claassen, Steffen Engelman, Joshua Farmer

Volg: Danijela Savic, Nicole Barr, Jeandré de Beer, Nicoline Moelich, Kayla Berry, Angelique Marais, Laura Smit, Micaela Helders, Francois Botha, Cheylin Wertheim, Carly Beavon

Voor: Andrea Harrison, Liamde Bliquy, Me A. Prinsloo, Jacque Gericke, Mnr Schenck, Amy Ward, Mnr W. Steenkamp, Michelle Marais, Janku Koekemoer

2014


 

Van links na regs:

Voor: Me L.Wickens; C.Hawkridge; Me A.Prinsloo; J.Meyer; Mnr.D.Schenck; R.Keet, Mnr W.Steenkamp; V.Young-Pugh; Me M.Steyn.

Tweede ry: M.Pfeiffer; L.Fourie; J. Gericke; A.Timberlake; D.Schnider; M.Kreft; C.Greyling; R.Kaps

Derde ry: N.Rodenbach; A.Truter; L.Erasmus; D.Potgieter; A.Theunissen; S.Allers; C.Bester;  A.Ward; J.de Wet.

Vierde ry: T Veen; T.Plaatjies; M.Bufè; L.Blanckenberg; N.de Wet; D.Patience; A.Harrison; M.Cho.

Agterste: D.de Beer; K.de Lorme; B.Albertyn; D.Erasmus; M.Verster; E.Gouws; M.Black.

2013

Van links na regs:

Agter: A. Timberlake; L. van Driel; L.vd Spuy; J. Gericke; N. Nel; C. v Beek; B. Wolfaardt; V. Abrantes; N. Miller; S.de Vos

Derde ry: L. Schooling; A. Redelinghuys; C. Knobbs; N.de Kock; M. Kuhn; S. Bichard; A. Dijkstra; V. Young-Pugh; M. Kempf; K .Dukes; C. Kruger

Tweede ry: C. Smailes; M. Helders; T. Jacobs; M. Pienaar; C. Nieuwoudt; D. Ndayi; J. Thompson; C. Bester; T. Paris

Voor:  J. Gericke; A. Traub; mnr Steenkamp ; D. Hendricks; mnr Gouws; M. Higgo; mev Prinsloo;  D. Laubscher; S. Veen



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013