61 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => onsskool.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Parel Vallei Advanced Education Trust

Die Parel Vallei Advanced Education Trust is formeel in 2006 gestig om gevorderde opvoedkundige geleenthede te skep en ondersteun leerlinge by Hoërskool Parel Vallei asook enige verdienstelike opvoedkundige instelling in die Helderberg-kom,. Die trustees se visie is om kinders in staat te stel om akademies buite die grense van 'n nasionale kurrikulum te ontwikkel. Die Parel Vallei Advanced Education- sentrum gebruik Hoërskool Parel Vallei as sy basis om Cambridge Internasionale eksamenkursusse sowel as IEB AP- Wiskundekursusse aan te bied. Sedert die ontstaan van die Trust het dit stadig maar bestendig gegroei en Parel Vallei besonder goed gedien. Sommige van die projekte en geleenthede onderneem deur die Trust  word hier gelys. Sedert 2013 is die Trust geregistreer as ‘n Public Benefit Organisation [PBO] en alle donasies daarvoor is belastingaftrekbaar. Lesers word dus genooi om die Trust te ondersteun en sodoende te verseker dat Hoërskool Parel Vallei altyd aan die bopunt van die akademiese toring sal wees.

Mnr Ronnie Kingwill (Voorsitter - PV Gevorderde Onderrig Trust)

   

Skenk aan die skool deur middel van die Trust:

Bankbesonderhede:

Rekening: Parel Vallei Advanced Education Centre
Rekeningno: 4057267883
Rekeningtipe: Tjek
Bank: ABSA
Bankkode: 632005

 

Dankie vir u belegging in die Parel Vallei-Trust.

* Indien u ‘n kwitansie vir belastingdoeleindes (SAID) benodig, stuur ‘n e-pos aan admin@pvallei.co.za.



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013