126 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => body.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Krieket

Die geskiedenis van krieket aan die Hoërskool Parel Vallei:

Die skool se krieketgeskiedenis begin in Januarie 1987 met een verteenwoordigende span in die WP-Skoleliga en Fanie Janse van Rensburg as afrigterspionier. Nou, in 2016 bestaan die program al uit 7 spanne.

Mnre. Hugo Cloete, Kobie Farmer en ander het deur die jare PV-krieket gelei, met mnr. Hilton Traut wat vir die laaste paar jaar die eerste krieketspan suksesvol bestuur het.

Die nuwe jaar bring nuwe dinge: mnr. Thinus Pienaar is die nuwe hoofafrigter en die seisoen het op ‘n hoë noot begin met oorwinnings oor waardige opponent: Worcester Gimnasium en Bredasdorp.

 

Ons Krieket bestaan uit die volgende spanne wat deelneem in die onderskeie ligas soos aangedui:

u.14A and B:  Boland Weekday league
u.15A and B: Boland Saturday league (A-team) and weekday league (B-team)
u.17A:  Boland Weekday league
u.19A and B: Boland Saturday league (A-team) and weekday league (B-team)

 

Verdere aktiwiteite deur die jaar is:

•  T.20-weekdag en voldag Saterdagkrieketliga

•  Vakansiekrieket en spesialisafrigtings-klinieke

•  Ashes-krieketderby (driedagwedstryd teen Somerset College)

•  KFC Punt 0/19-Krieketfees gedurende September 2016 waar ons eerste krieketspan gaan deelneem.

 

Oefentye:

Soos op “Communicator” beskikbaar

 

Kontakbesonderhede:

Mnr. Thinus Pienaar

021 852 1228 uitbreiding 240

rugby@pvallei.co.za

 

   
   
   
   
   
   
   

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013