130 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => body.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Netbal

 GESKIEDENIS

 

 

Netbal word vanaf die skool se bestaan aangebied en het oor die jare
sterk gegroei. Ons het tans meer as 180 dogters wat aan dié sport deelneem.

In die beginjare het ons slegs op 3 bane geoefen, maar tans het ons
6 netbalbane waarvan 1 ‘n binnenshuisebaan is.  Met die goed toegeruste
terrein wat genoeg oefentyd op die bane moontlik maak, word
ons netbalspeelsters in staat gestel om lekker saam te oefen en fiks te bly. 

 PRESTASIES 

 

 

 

Ons is trots daarop dat talle speelsters na finale rondtes van proewe deurdring en ons spog ook met verskeie Boland-speelsters.

Marinda Bruwer, ‘n senior Boland-speelster en biokinetikus, is tans een van
PV se afrigters en haar kennis is van onskatbare waarde!

 AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Spanboukamp:

Daar word elke jaar ‘n Netbal-spanboukamp/ oorslaap vir alle spanne op die skoolterrein gehou om gees te bou vir die volgende seisoen. 

Toer:

‘n Toer met ons eerstespan is ook deel van elke jaar se aktiwiteite om die komende seisoen ‘n lekker hupstoot te gee.

Ons bied ook ‘n skeidsregters-kursus aan om die speelsters meer bewus te maak van die bestaande reëls en hulle op hoogte te bring van nuwe reëls.

Elite oefengroep:

Aan die einde van die seisoen word daar ‘n elite junior- en senior-afseisoenoefengroep gekies wat dwarsdeur die jaar oefen.

Lenteliga:

Netbalspeelsters kan ook in die afseisoen deelneem aan die Lenteliga, waar
alle leerders van die skool die geleentheid gebied word om hulle vaardighede
op te skerp en ‘n konstante fiksheidsvlak te handhaaf. 

 IDEALE

 

 

 

 

 

Ons streef daarna om alle spanne so veel as moontlik blootstelling te gee aan wedstryde en om te alle tye goeie sportmangees te handhaaf, of ons nou wen
of verloor.

Ons ingesteldheid is dat elke senterafgooi met ‘n 0 elk telling begin en dat ons na elke afgooi hard sal speel ongeag die telling.

Belangriker as alle doele wat ons aanteken, is om elke netbaldogter die geleentheid te bied om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan bereik en met trots tot voordeel van haarself, haar span en haar skool kan presteer.

Mag ons PV-dogters nog vele doele aanteken op en selfs van die netbalbaan af en elke oomblik geniet terwyl hulle daarna streef om hulself altyd te verbeter!

 KONTAKBESONDERHEDE

 

 

Hoof van netbal:

Me Nicoline Murray

nmurray@pvallei.co.za

1ste SPAN

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013