132 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => body.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Gholf

Geskiedenis:

 

 

 

 

 

 

PV gholf slaan af in 2001 en word van die begin erken as ‘n volwaardige skoolsport.

Talle provinsiale spelers is al opgelewer en die skool beloon gholfpresteerders met die toekenning van kleure en erekleure.
PV geniet die volle ondersteuning van die Somerset-Wes gemeenskap en dit is ‘n groot voorreg vir ons spelers om hierdie sportsoort gratis te mag beoefen by die Somerset-Wes gholfbaan.  Maandae oefen die Parel Valleiers gewoonlik saam en al ons tuiswedstryde word op hierdie baan gespeel.  Spelers wat nie by wedstryde betrokke is nie kan dan ook oefenrondtes speel en saam hulle vaardighede verbeter.

Vanjaar was daar weer groot belangstelling in dié sportsoort onder ons nuwe graad 8’s en hulle  entoesiasme is aansteeklik!  Met die ondersteuning van die  seniors aan die graad 8 spelers kan die vooruitsigte van dié sport net rooskleurig wees! 

Onlangse prestasies:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In 2015 speel Craig Black in die Boland Top 60-toernooi en eindig tweede.

Hy verteenwoordig ook die Westelike Provinsie se 0.17-span wat aan die Heptangular inter-provinsiale toernooi op die Kingswood Gholf-landgoed deelneem.  Tydens die toernooi was Craig onoorwonne en word hy gekroon as kampioen!

Maxine Smet word ook in 2015 gekies vir die Westelike Provinsie se junior dogterspan wat in KZN aan ‘n junior toernooi en in PE aan Nomads Rose Bowl- toernooi deelgeneem het.

Craig Black en Maxine Smet het die afgelope jaar ook puik prestasies behaal.  Beide spelers kwalifiseer om deel te neem aan die Curro internasionale toernooi en het teen 79 spelers van 63 verskillende lande sowel as 69 geselekteerde Suid-Afrikaanse junior spelers meegeding.

Dié twee topspelers het ook deelgeneem aan die Westelike Provinsie se amateurtoernooi.

Maxine het ook in April op die Royal Cape-baan deelgeneem aan ‘n toernooi, wat deel vorm van die Sonskynreeks.  (In hierdie toernooi was haar speelmaat ‘n Sweedse professionele speler). Sy is ook gelukkig om deel te kan wees van die SA-dogterstoernooi in Orkney!

Aktiwiteite gedurende die jaar:

 

 

 

 

 

 

 

 

Parel Vallei neem deel aan die Bolandskoleliga.  Ons twee spanne ding onderskeidelik in die A- en B-ligas mee teen die beste spelers in die provinsie. Ons is ook bevoorreg om op van die beste bane in die Paarl-, Stellenbosch- en Wellington-omgewing te speel.

Parel Vallei ding ook jaarliks mee in die Boland- skolekompetisie. (PV se top 4 gholfspelers speel in hierdie toernooi).

Afgesien van ligawedstryde en skolekompetisies is daar gereelde afrigtingsgeleenthede wat aangebied word. Spelers kry geleentheid om professionele afrigting te ontvang en op hoë vlak mededingende gholf te speel.

PV se afrigtingsfilosofie word gebaseer op die ontwikkeling van elke speler se unieke styl en sterk punte en spelers word geleer om hulself, sowel as hul spel op die gholfbaan te bestuur. Aandag word gegee aan tegniek, vaardigheidsvlakke en oefenprogramme.  Ontwikkeling en inoefening van kort- en langspelvaardighede word ook aangespreek asook algemene gholfkondisionering.

Daar is ook elke kwartaal verskeie geleenthede om by die “Momentum Golf Village” se oefenbof (“driving range”) te gaan oefen onder mentorskap van ‘n oudleerder, Barry Barnard.

Ideale:

Ons glo aan kompeterende deelname en streef daarna om aan elke belangstellende speler die geleenthede te bied om te ontwikkel deur die nodige fasiliteite en afrigtingsgeleenthede daar te stel.
Ons beoog om ons junior spelers in so ‘n mate te ontwikkel dat ons in die toekoms steeds op die hoogste vlak sal kan kompeteer en spelers van gehalte sal oplewer.

Kontakbesonderhede:

Vir ‘n PV gholfervaring, kontak me Debbie Mostert.

dmostert@pvallei.co.za

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013