80 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => body.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Sport

LIGGAAM:  Leerders kry die geleentheid om hul volle fisiese potensiaal te ontdek en te ontwikkel

By Parel Vallei het ons uitstekende fasiliteite opgebou vir die verskillende sportsoorte wat ons aanbied (Sien sport aangebied). Leerders. word aangemoedig om aan ten minste een somer- en een wintersport deel te neem. Interaksie met hul spanmaats en teenstanders stel hulle in staat om fisies sowel as sosiaal te ontwikkel. Ons glo ook dat hulle deur middel van sport hul sterk punte kan identifiseer en dit tot voordeel van die span waarin hulle speel, kan gebruik. Die beroepswêreld benodig jong mense wat in staat is om in te skakel in spanne en tot 'n gemeenskaplike doel kan werk. Ons glo sportdeelname kan dit bevorder.

* Kyk na “School Communicator” om by te bly met die nuusstroom.

 

PV Blazer Formation 2016

 

PV vs Somerset College 2015

 

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013