184 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => toelatings.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Parel Vallei High School, a leading co-educational, bilingual school situated in Somerset West, invites passionate teachers who share the vision of “Excellence in a changing world”

 to apply for the following posts that have become available:

ENGLISH HOME LANGUAGE GR 8-12 

(Governing Body post)

Requirements:

·            Extensive experience teaching English Home Language in accordance with CAPS.

·            B Degree with English as a major and a Postgraduate Certificate in Education.

·            Fully computer literate and able to use technology in the classroom.

·            Registered with SACE.

WISKUNDE GR 8-9 EN WISKUNDIGE GELETTERDHEID GR 10-12 

 (Beheerliggaampos)

Vereistes:

  • Ervaring in die onderrig van Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid volgens KABV;
  • Wiskundige-graad en ‘n opvoedkundige kwalifikasie;
  • Vakaanbieding in Afrikaans en Engels;
  • Rekenaarvaardig;
  • Vorige ervaring in die onderrig van graad 12-leerders ‘n sterk aanbeveling;
  • Geregistreer by SARO.

Die pos is moontlik gekoppel aan vakhoofskap. 

WISKUNDE GR 8-12 

 (Beheerliggaampos)

Vereistes:

  • Ervaring in die onderrig van Wiskunde volgens KABV;
  • B-graad met Wiskunde as hoofvak en ‘n opvoedkundige kwalifikasie;
  • Vakaanbieding in Afrikaans en Engels;
  • Rekenaarvaardig;
  • Vorige ervaring in die onderrig van graad 12-leerders ‘n sterk aanbeveling;
  • Geregistreer by SARO.

Die poste sluit die afrigting van/betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite, ter bevordering van die skool se LVG (Liggaam,Verstand en Gees)–benadering in. 

Aanvangsdatum: Januarie 2019 (of soos onderhandel).

Rig u aansoek aan: Die Skoolhoof: mnr. D Schenck.
E-pos: application@pvallei.co.za(Dui aan vir watter pos u aansoek doen).
Sluitingsdatum vir aansoeke: 12:00, 9 Oktober 2018. 

Parel Vallei behou die reg voor om nie die bogenoemde poste te vul nie. 

Die Hoërskool Parel Vallei ondersteun gelyke indiensneming.

Indien u teen 31 Oktober 2018 geen terugvoer ontvang het nie, was u aansoek nie suksesvol nie.

Tel: 021 852 1228 / Webtuiste: www.pvallei.co.za



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013