GEVORDERDE ONDERRIG BY PAREL VALLEI
Parel Vallei Advanced Education Trust
Die Parel Vallei Advanced Education Trust is formeel in 2006 gestig om gevorderde opvoedkundige geleenthede te skep en ondersteun leerders by Hoërskool Parel Vallei asook enige verdienstelike opvoedkundige instelling in die Helderbergkom. Die trustees se visie is om kinders in staat te stel om akademies buite die grense van 'n nasionale kurrikulum te ontwikkel. Die Parel Vallei Advanced Education Sentrum gebruik Hoërskool Parel Vallei as sy basis om IEB AP-Wiskunde en IEB AP-Engels as kursusse aan te bied. Sedert die ontstaan van die Trust het dit stadig,maar bestendig gegroei en Parel Vallei besonder goed gedien. Sedert 2013 is die Trust geregistreer as ‘n Public Benefit Organisation [PBO] en alle donasies daarvoor is belastingaftrekbaar. Lesers word dus genooi om die Trust te ondersteun en sodoende te verseker dat Hoërskool Parel Vallei altyd aan die bopunt van die akademiese toring sal wees.
Die Gevorderde Onderrigsentrum (GOS)
Die GOS tree op as die enigste voorsiener van gevorderde onderrig in Hoërskool Parel Vallei. Dit word ondersteun deur die Parel Vallei Gevorderde Onderrigtrust, waar leerders betaal vir hul klasse en handboeke. Die Sentrum bied Gevorderde Program-Wiskunde (IEB) en Gevorderde Program-Engels (IEB) aan as aanvulling tot die NSS-kurrikulum.
Gevorderde Program-Wiskunde (GP Wiskunde)
GP-Wiskunde is in 2011 deur die AEC bekendgestel. Die doel hiervan is om die NSS aan te vul en matriekkandidate ‘n beter kans op sukses in Wiskunde en Statistiek op universiteit te gee. Die kurrikulum wat op probleemoplossing fokus, is deur die IEB ontwikkel en word geakkrediteer deur Umalusi. Die GP nasionale eksamen word aan die einde van graad 12 geskryf. Suksesvolle kandidate ontvang IEB-sertifisering.
Die kursus duur drie jaar, en begin in graad 10. Die volgende is ingesluit in die kurrikulum:
- Calculus
- Algebra
- Waarskynlikhede en Inferensiële Statistiek.
Gevorderde Program-Engels (GP Engels)
AP English was introduced in 2018 to supplement the NCS.
The AP English course takes place over three years, starting in Grade 10 and culminating in the national IEB examination which will be written in October of the Grade 12 year.
AP English specifically promotes and cultivates a deeper appreciation and understanding of English literature and allows for more thorough analysis and discussions which could ease the transition from high school to the first year of university.
The following fields are included in the AP English curriculum:
- poetry (compulsory) and
- two of the following options: prose, drama or film.