71 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => calendar_main-banner_11-19.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

News

Argiewe:

25-May-2022 | Parel Vallei Union - builders of the future success of Parel

The relaunch of the Parel Vallei Union (PVU) on Wednesday 25 May, was an inspirational occasion as the Blue Thread family of past pupils, parents and friends of Parel Vallei came together. The guests all shared in the excitement as the headmaster of Parel Vallei Mr David Schenck, revealed some of the plans and prospects that will form part of the next phase of development of this relatively young school that has grown to become a beacon of excellence.

Mr Schenck was also the driving force behind the establishment of the PVU in 2014. The purpose was to provide a home for both past pupils (Old Dogs) and parents and friends of the school. A good foundation was laid over the past few years to re-connect with old school friends, but now this community is ready to contribute even more of their knowledge and expertise to the future success of their alma mater. A new committee, elected on Wednesday night, will set about the growth of these goals of “belonging while building,” all under the one umbrella of the PVU.

The PVU is an integral part of the Blue Thread that connects all aspects of Parel Vallei’s academics, sports, leadership, culture and clubs. The members encompass all those who want to help improve what Parel Vallei will offer generations to come, and not just for the learners of PV, but also the Helderberg community as a whole since the health of a school is the wealth of its community.

21-May-2022 | PV wen Nasionale Toneelspelkompetisie 2022

Paul Strydom is ‘n graad 11-leerder wat tussen 19 en 21 Mei sy pad tot heelbo moes oopveg om uiteindelik na drie dae se uitdunrondes as die algehele wenner van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2022 aangewys te word. 

Die 85 deelnemers se veelsydigheid is in elke ronde op verskillende maniere getoets.  Hulle moes in ronde een en twee ‘n monoloog, improvisasie, prosa en gedig voordra.  Die multimedia-ronde vir die top 17-kandidate het ‘n dialoogopname in RSG se ateljee behels saam met ‘n optrede voor die televisiekameras op die stel van Suid-Afrika se eie sepie, Suidooster.  Tydens die gala-aand het die top agt finaliste ‘n 12-minute program aangebied op die manjifieke verhoog van die operahuis voor die wenners bekend gemaak is.

Paul het weggestap met toekennings vir die Beste Radiovoordrag en Beste Gedig.  Hy is ook gekies as deel van ‘n groep leerders wat sal optree in ‘n radiodrama en teaterproduksie.  Die hoogtepunt vir hierdie nuweling, wat in 2022 vir die eerste keer deelgeneem het, was egter die trofee as wenner van hierdie jaar se kompetisie.

Ander Parel Valleiers, nl.  Talia Roux (graad 12) het as top 17-finalis die prys vir Beste Monoloog van die kompetisie gewen en Zané Habig (graad 12) was saam met Paul onder die top agt finaliste.  Nina Strydom (graad 9) het tot by die top 32 gevorder en Jenna-lee Roets (graad 12) tot by die top 85 deelnemers in die land. Hierdie leerders sal ook binnekort te sien wees in Parel Vallei se verskillende tienertoneelproduksies wat by die Playhouse Teater in Somerset-Wes op die planke sal wees voordat hulle later vanjaar aan verskillende feeste en kompetisies gaan deelneem.

“Baie ure se harde werk, oefening en woorde leer kan net gedryf word deur absolute passie deur ‘n intelligente en sensitiewe kunstenaar.  Ons sien uit na Paul se groei in Drama as vak, maar ook sy voetspore in die teater-, televisie- en filmbedryf,” sê die Kultuurhoof van Parel Vallei, mnr Darryl Spijkers.  Hy het ook die prys ontvang as onderwyser van die wenner.  “Parel Vallei is werklik geseënd met soveel talent en ‘n florerende dramadepartement.”

13-May-2022 | Mr & Miss Parel Vallei 2022 crowned

Mr and Miss Parel Vallei 2022 were crowned at a glamourous event at Parel Vallei High School on Friday 13 May.

The winners, Casey Holmes and Steven Mnunkha, will be the informal faces of Parel Vallei and represent the school at various sport and cultural events in the next year.  They have each chosen a charity that they will support and will carry the Blue Thread out into our local community.

The runners-up, Bea-Mari Keuzenkamp and Ethan Pandaram, were also chosen by their fellow contestants as Mr and Miss Personality 2022.

The theme for the evening was “A Night at the Oscars”. The 22 contestants wore a variety of outfits, starting with basic black and stylish day wear before they took us on a creative and colourful journey as they presented all the different movie genres from Disney and Action to Western and Sci-Fi! In the final round we saw the contestants in their stunning evening wear sponsored by Keith’s Suit Hire and Designer Postbox.  De Jagers and Mari Langeveldt from Sh’Zen also sponsored gift vouchers and prizes for the contestants and winners.

This year the top 5 boys and girls answered a question on stage to judge their public speaking ability.  The voting process consisted of Grade 10 to 12 learners’ votes cast prior to the event and the final votes from our judges (Michelle Prinsloo, Francois Boyce and Danielle Mockey) on the evening.

Michelle Prinsloo was a Miss South Africa top 12 finalist in 2009.  Currently she is a partner in a digital marketing agency, a certified image consultant and enjoys mentoring teens who want to become involved in the modelling industry. Francois Boyce started the “Hoezit Samelewing” platform to motivate and entertain his fellow South Africans during lockdown.  This platform has since grown into a production, music, marketing and merchandise business.  Danielle Mockey was crowned Miss Hottentots-Holland in her matric year and has been an educator at Parel Vallei for almost four years.  

The organiser of the event, Ms Alana Pretorius said, “It was an enriching experience for all the contestants.  We are proud of our two new Parel Vallei ambassadors and look forward to how they will use their title to make a difference in our school and community.”

06-May-2022 | Nuwe PV-tradisie bekendgestel

Christian Kotzé (graad 12) het as graad 8-Brakkie sy heel eerste strikdas by sy “spokie” in matriek gekry.  Hierdie dogter het ‘n strikdasbesigheid gehad en Christian was gaande oor die growwe materiaal wat hulle gebruik het. Hy het sy geskenk na elke geleentheid moontlik gedra, ook sy eerste junior dans.

In sy graad 9-jaar het Christian en sy vriend, Benjamin Kleyn begin om hulle gewone skooldasse in die vorm van ‘n strikdas te vou.  “Ek het nog iewers ons selfie foto’s wat ons met die strikdasse geneem het,” vertel Christian.  “Ek het daarna besluit om die ander leerders se gevoel te toets oor so ‘n das as deel van ons skooluniform en het by die VLR gaan aanklop vir toestemming om ‘n petisielys op te stel.”

Met die hulp van Caitlyn Schoeman het Christian saam met ‘n lid van die VLR elke graad 8- tot 10-registerklas besoek om handtekeninge in te samel.  Dit het maande geneem, maar uiteindelik was hy gereed om sy voorlegging aan die skool se beheerliggaam te maak saam met die eerste prototipe wat sy vriend, Thomas Yell, vir hom uit ‘n gewone das se materiaal gemaak het. Die voorstel is aanvanklik goedgekeur, maar die inwerkingstelling is eers uitgestel.

In 2022 het Christian besluit om weer nuwe lewe te blaas in hierdie idee wat al so ‘n lang pad met hom en sy ander vriende saamkom.  “Ons het ‘n nuwe prototipe ontwerp en die koste daarvan voorgelê en nadat die beheerliggaam dit goedgekeur het, is die spoggerige strikdas vir die matrieks die afgelope week bekendgestel!

“Tradisies gee ‘n skool karakter en is die dinge wat leerders eendag sal onthou,” sê Parel Vallei se adjunkhoof, mnr Dricus Basson.  Dit is veral besonders as die idee by leerders begin en met geduld en as span deurgevoer word.  

03-May-2022 | Grade 12 learner wins IT competition for University Students

In 2021 Benjamin Kleyn (then in Grade 11) from Parel Vallei High School in Somerset West reached the final of the IITPSA’s Olympiad. (Institute of Information Technology Professionals South Africa.) More than 1300 learners from 114 schools participated and Benjamin and Tian Groenewald (Matric 2021) represented Western Province along with only 17 other learners in the final.

This time Benjamin entered for The Entelect Challenge IITPSA Cup which is a one-day hackathon. The challenge started at 08:00 and it took Benjamin almost 7 hours to solve the coding problem. He won 1st place and R10 000 in prize money. 

Entelect said they were “on the lookout for exceptional talent,” but didn’t quite expect a high school learner to beat all the university students.

01-May-2022 | Nuwe adjunkhoof wil grense van uitnemendheid verder skuif

‘n Opwindende nuwe seisoen het op 1 Mei vir mnr Johann de Kock aangebreek in die pos van Adjunkhoof:Akademie by Hoërskool Parel Vallei.  Hy het reeds 30 jaar gelede by die PV-familie aangesluit as LO-onderwyser en sportafrigter en sien nou uit om voort te bou aan ons skool se akademiese uitnemendheid.

Hy het grootgeword in Somerset-Wes, sy BSc MBK by Universiteit Stellenbosch voltooi en na sy diensplig in Potchefstroom sy onderwysloopbaan in 1992 in Willowmore begin. Onderwys is sy passie en was nog altyd in sy bloed.  Sy ma en broer was onderwysers en sy vrou, Kirsty, hou skool by Laerskool Beaumont in Somerset-Wes. 

Wanneer hy gesels oor die veranderinge wat hy waargeneem het die afgelope 30 jaar, staan die gebruik van tegnologie om lesse meer visueel en interessant te maak vir hom uit as ‘n waardevolle verbetering.  Onderwysers moes ook hulle kennis veel wyer as net die sillabus verbreed aangesien leerders skielik toegang tot soveel meer inligting gehad het.  Die bestanddele van waardegedrewe en toekomsgerigte  onderrig, goeie leierskap en ‘n gesonde balans tussen akademie en kultuur- en sportgeleenthede, is egter steeds deel van die wenresep wat leerders suksesvol help voorberei vir die wêreld van werk.  “Dit is ook wat beskerm moet word terwyl ons uitreik na ander skole wat hulp vra,” sê mnr De Kock.

Hy het die afgelope tyd navorsing gedoen oor beste praktyke by van Suid-Afrika se topskole.  Sy fokus was akademie, vakkeuses en kombinasies wat moontlik meer beroepsgerig kan wees en die geleenthede wat dit bied ten opsigte van tersiêre studierigtings.  Hy het ook gekyk na bestuurspraktyke, finansies, kultuur, fondsinsameling, bemarking, IT, sportprogramme en meer. “Al wat ek vir eers kan sê, is dat daar opwindende tye voorlê vir almal betrokke by Parel Vallei!”

Mnr De Kock se twee dogters, Abi en Drew, het die voorreg om elke dag as trotse Parel Valleiers eerstehands te sien hoe hulle pa sy roeping om ‘n verskil te maak uitleef.  “Ek glo die Here plaas elkeen van ons daar waar ons moet wees.  Die grootste vreugde daarvan om `n onderwyser te wees, is om daadwerklik waarde toe te voeg tot soveel ander se lewens.”

25-Apr-2022 | Parel Vallei kwartaal een hoogtepunte in Die Burger

19-Apr-2022 | PV wins engineering competition three years in a row

The South African Institution of Civil Engineering (SAICE) hosted its 19th annual Aqualibrium Water Competition and Parel Vallei High School took first and second position in the Western Cape.  PV won in 2020 and 2021, but this year their Grade 12 team, Dajoon Kim, Jamie Morris and Caleb da Costa, came first and their Grade 11 team, Jan Dalhuysen and Saskia Human, claimed the second place as well.

The aim of the competition is to distribute three litres of water equally between three reservoirs (containers) placed randomly on a grid of 16 points.  On arrival the participants receive a box with pipes and connectors of different diameters and then they have 1 hour to build the water network and test the distribution before they are judged. 

While the competition is simple to understand and fun to do, the underlying problem is highly complex:  the 3 small reservoirs can be placed in more than 3000 combinations, and potentially there are 280 billion possible pipe networks for each one of these combinations. 

For the Parel Valleiers who are considering careers in from Chemical, Mechatronic to Mechanical Engineering, Law and Computer Science, the Aqualibrium competition was a practical way to see what the field of Civil Engineering entails and the importance of preserving natural water resources while applying physics and mathematics to a real-life engineering problem.

13-Apr-2022 | PV Speech Evening / Toespraakaand 2022

The topics and speeches of our Grade 8 to 12 orators were thought-provoking and challenging, original and brave, sometimes a little controversial, but some of it also downright hilarious!

Our Parel Valleiers were well prepared and their delivery superb before an audience so appreciative of the quality of arguments and presentations at last night’s Speech Evening.

Uiteindelik moes ons paneel van vyf beoordelaars behoorlik kop krap om die wenners van 2022 te bepaal in die vier verskillende afdelings: Best Jnr English Orator, Beste Jnr Afrikaanse Redenaar, Best Snr English Orator en Beste Snr Afrikaanse Redenaar.

Baie geluk aan ons drie beste sprekers in elk van hierdie afdelings:

Best Junior English Orator:
1st – Nina Strydom
2nd – Hayden van Dyk
3rd – Akum Mbira

Beste Junior Afrikaanse Redenaar:
1ste – Hugo Strydom
2de – Nina Strydom
3de – Zanday Keyser

Best Senior English Orator:
1st – Zoë Saayman
2nd – Miquette Eloff
3rd – Agu Holznpfel

Beste Senior Afrikaanse Redenaar:
1ste – Paul Strydom
2de – Christian Kotzé
3de – Miquette Eloff

25-Mar-2022 | PV's online magazine - Blue Thread - issue 24

ISSUE 24 : simplebooklet.com

"Die eerste kwartaal van elke nuwe skooljaar is altyd 'n warboel van emosies, aktiwiteite en vooruitsieninge met die onderliggende vraag van "Hoe gaan ek dit maak?" wat ons oor en oor vir onsself deur die kwartaal prewel. Wel, my mede hoërskoolleerders, ons het dit gemáák. 

Na 'n lang en uitputtende twee jaar van skop en trap en snak na suurstof in die Covid-19-see, het ons wonder bo wonder nie verdrink nie, maar vasgetrap op soliede land. Maar sand voel vreemd onder jou voete wanneer jy gewoond is aan watertrap, nè?

Die tydskrif se fokus verskuif hierdie kwartaal van die seisoenale verband met die see tot die menslike verbinding daarteenoor. Skakerings van blou ontvou in elke oogopslag en in elke bladsy van die 24ste uitgawe van die Blue Thread-tydskrif. Ons hoop dat die melancholie, stormagtigheid en tevredenheid geassosieer met die kleur blou die afgelope kwartaal voldoende opsom.

We have been blessed with the nearest to normal term that Parel Vallei has experienced since the start of this madness. Issue 24 pays tribute to Parel Vallei for not only surviving the stormy pandemic sea, but for triumphing over the abnormality our "old" normal has become. (A special mention to everyone for surviving a whole term of Monday morning assemblies.) 

Kwartaal 1 is verby - toetse en take en atletiek en optog en debat en saalbyeenkomste en pousevergaderings en bly-tot-20:00-by-die-skool en en en is (vir nou) VERBY. 

So, take a deep breath and drink in the splendour of our Blue Thread Team's latest issue. Laat ons blou toe om regdeur jou siel te spoel. 

(And enjoy not having to set an alarm for a WHOLE week - you deserve it!)

Veilig ry (of bly)!"

02-Mar-2022 | Nasionale erkenning vir PV se akademiese prestasies

Altesaam 897163 leerders in Suid-Afrika het in 2021 die NSS-eksamen afgelê.  Dit is die eerste groep matrieks wat hulle volle gr.11- en gr.12-skooljaar te midde van inperkings en deurlopende verandering aan hulle skoolomgewing moes deurbring. 

Tydens die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Merietetoekenningsgeleentheid in Pretoria die afgelope week, het ons egter weereens gesien hoe die Parel Valleiers bo hierdie uitdagings kon uitstyg.  Die erkenning wat ons ontvang het vir die 2021 NSS-eksamenuitslae, getuig nie net van ‘n handjievol leerders wat uitgeblink nie, maar Parel Vallei se fokus om elke leerder te ondersteun om uiteindelik sy/haar akademiese potensiaal te bereik. 

Die 240 matrieks van 2021 het ‘n 100%-slaagsyfer en 70%-graadgemiddeld behaal terwyl die top 100 kandidate spog met ‘n gemiddeld van 80,6%. Parel Vallei se 509 onderskeidings het vir ons ‘n 12de plek in die land op die lys van beste Afrikaanse skole verseker. Sestig kandidate het ‘n 80% of hoër gemiddeld of vier A-simbole behaal.  Ons toppresteerder, Yesol Jeong, het 96,17%-gemiddeld behaal en 22 van ons leerders het ‘n A-simbool vir al hulle vakke gekry.

Parel Vallei se akademiese hoof, mnr Johann de Kock, skryf die sukses toe aan die positiewe energie vanaf personeel na die leerders sodat saam gefokus kan word om uitnemendheid te bereik en te handhaaf.  Harde werk in die klaskamers en onderwysmetodes wat leerders uitdaag om ‘n hoër denkvlakvaardigheid te ontwikkel is van die ander belangrike boustene.  Ons verantwoordelikheid stop egter nie by ‘n 100%-slaagsyfer of 60 A-kandidate nie.  “Ons berei leerders voor vir die lewe en die wêreld van werk,“ sê die skoolhoof, David Schenck. “Ons is geweldig trots op die buitengewone sukses wat oud-Parel Valleiers by tersiêre opvoedkundige inrigtings behaal, maar ook die positiewe bydrae wat hulle maak in verskillende beroepe en sektore reg oor die land.”

Nasionale merietetoekennings wat Parel Vallei ontvang het:

  • 4de - IGO – 79%-graadgemiddeld, 26 onderskeidings / 55,32% van die leerders behaal ‘n A-simbool.
  • 12de - Afrikaans Huistaal; behaal ook 59 A’s vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
  • 15de – Lewenswetenskappe; 42 A’s
  • 15de – Wiskunde; 38 A’s
  • 20ste – Fisiese Wetenskappe, 29 A’s
  • 20ste – Wiskundige Geletterdheid, 30 A’s

Ander indrukwekkende statistieke sluit in:

  • Musiek - 85%-graadgemiddeld, 2de in die Wes-Kaap. (WKOD)
  • Drama - 80%-graadgemiddeld - Nerise Malan is die beste Dramaleerder in die Wes-Kaap.
  • IT - 80%-graadgemiddeld; 59% van die klas behaal ‘n A-simbool.

18-Feb-2022 | Parel Vallei wen die Dis-Chem Interskole 2022

Atlete en ondersteuners van Hoërskool Parel Vallei, Strand en Hottentots-Holland het op 18 Februarie met groot verwagting teruggekeer na die paviljoen, baan en veld om hierdie jaar se kampioen te bepaal.  Die kragmeting het oor drie dae en 129 items gestrek en uiteindelik is Parel Vallei as die wenner van die Dis-Chem Interskole 2022 aangewys met ‘n totaal van 3788 punte.  Hoërskool Strand was in die tweede plek met 2867 punte en Hottentots-Holland het 1720 punte aangeteken.

Die dag was egter oor soveel meer as net die atlete wat sake uitgespook het vir die hoogste, verste en vinnigste plekke.  Die opening was ‘n skouspel van kleur en klank met meer as 180 leerders van drie skole wat aan die gesamentlike Optog deelgeneem het.  Dit het ses ouers drie weke geneem om 90 rokkies, 30 rompies, 30 toppies en 50 vlae van 192 meter se materiaal te maak.

Die gees op die dag was dié slag nie ‘n kompetisie om te kyk wie die hardste kan raas vir die titel van die skool met die beste gees nie, maar ‘n spanpoging van al drie skole saam. Die tema, “Survivor”, het die unieke viering van die lewe, oorlewing en die veerkragtigheid van leerders op ‘n besonderse manier saamgebind.

Eight records were broken.  Mila Uckermann improved the 2015 discus record for girls u/14 with 1,97m!  Jamial Johnson came first in the 3000m, 1500m and 400m and improved the 16 year old boys u/15 1500m record with 11 seconds while Tihanna le Roux came first in all four of her items and shaved 52 seconds off the girls u/15 3000m record.  She received the Deon Burger Trophy for the best athlete in 4 items according to the ASA table.

Medals for the best individual performances were awarded to:

Mila Uckerman – shot put
Tihanna le Roux – middle distance
Zanday Keyser – walking
Jonathan Knipe – triple jump
Sarah Drinkrow – high jump

Parel Vallei won the mass relay, the Peter van der Merwe shield for the best boys team as well as the EB Roelofse shield for the best girls team.

A huge thank you to our sponsor, Dis-Chem Somerset Mall and every single official, coach, worker, first aider, musician, dancer, cheerleader, organizer, team manager, and athlete for making Interschools 2022 a truly unforgettable event!



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013