Filmvereniging
Wie is ons?
Ons is bloot 'n groep filmliefhebbers en onverskrokke filmmakers.
Geskiedenis:
Die filmklub is nog net ‘n paar jaar aan die gang. Die klub het onlangs besondere groei getoon as gevolg van verhoogde belangstelling.
Wie neem deel?
Almal wat belangstel in die kyk of maak van films kan aansluit.
Wat word by die Filmklub gedoen?
Ons kweek kritiese kykers en filmmakers deur dat leeders blootgestel word aan unieke kortfilms wat dwarsdeur die wêreld gemaak word. Die inspirasie wat ons hieruit put, word in ons eie films wat ons deur die jaar vervaardig, geïnkorporeer.
Aktiwiteite vir die jaar.
Leeders kry gedurende die derde kwartaal ‘n kans om ‘n filmkursus by die skool by te woon, wat hulle sal help in die filmmaakproses. Die leerders moet elke kwartaal ‘n kortfilm of “Ident” indien oor ’n spesifieke tema. Die blootstelling van die leerders aan persone in die filmindustrie is ook op die agenda.
Ideale: Ons wil ‘n gesonde perspektief op die filmindustrie kweek en ook ‘n moontlike loopbaan in die bloeiende en opwindende veld aanmoedig.
Hoe sluit ek aan? ‘n Vergadering vind gedurende die eerste kwartaal plaas waar jy jou naam kan opgee.
Deelname: Alle vergaderings wat gedurende skoolure plaasvind, moet bygewoon word, want hier word opdragte vir die kortfilms en “Idents” gegee. Vier “Idents” of kortfilms moet ingelewer word (waar jy die regiseur, redigeerder of kamerapersoon is) om as klublid te kwalifiseer.
Kontakbesonderhede: me Daphne Matshayana: dmatshayana@pvallei.co.za
|
|
![]() |
![]() |