GiG (God is Groot)
Wie is ons?
GiG= GOD is GROOT
Wat doen ons by GiG?
Ons versprei God se woord en liefde aan medeleerlinge in ons skool. Ons dien die mense in ons skool en God deurdat ons weet Hy het ‘n doel vir ons en deur te gló vervul ons Sy groter plan.
Hoe doen ons dit?
Ons het ‘n GiG-Bybelstudiegroep en hou GiG-geleenthede by die skool.
Daar is weekliks ‘n GiG vergadering.
Ons getuig daagliks.
Wat is ons pligte?
Om diegene wat nie vir God ken nie, aan Hom bekend te stel.
Om Sy woord te versprei, en ook hoe dit van toepassing is op ‘n tiener se lewe.
Om diegene by te staan wat graag geestelik wil groei.
Om saam meer te leer en ‘n gemeenskap van Christelike vriende te vorm op wie leerders kan vertrou en met wie hulle kan identifiseer.
Projekte gedurende die jaar:
Love week.
Prys en aanbiddingsgeleenthede.
Stokkielekkerverkope – donasies aan behoeftiges.
Gassprekers.
Wêreldbiddag vir vroue.
Gebedsweek.
Interklassokkerfees.
Aktiwiteite:
GiG-Bybelstudiegroep.
Weeklikse GiG-vergaderings in pousetyd.
Weeklikse komiteevergaderings.
Die deel van getuienisse.
Pretgeleenthede soos die sokkerfees.
Wat is die doel van ons klub?
Om leerders by te staan in hul verhouding met God;
om relevante dinge te leer soos hoe om ‘n Christelike lewe te lei;
om meer van ander en verhoudinge te leer;
om ander se getuienisse te hoor.
Ons visie?
Om meer leerders te kry om GiG-vergaderings en -geleenthede by te woon;
om vir leerders van die liefde van God te vertel en OM DIT SAAM TE BELEEF;
herlewing.
Hoe werf ons nuwe lede?
GiG is onder beheer van ‘n onderwyser met ‘n komitee van leerders wat jaarliks aansoek doen om deel te wees van die komitee.
Vrywilligers is welkom.
Enigiemand kan die weeklikse GiG-byeenkomste bywoon, waar die komitee ‘n boodskap, aktiwiteit of sosiale geleentheid aanbied.
Bywooningsbeleid?
Enigiemand kan die weeklikse GiG-vergaderings / byeenkomste bywoon.
Komiteelede moet beskikbaar wees om met byeenkomste te help.
Vrywilligers welkom.
Kontakbesonderhede:
Mev. J Dednam - jdednam@pvallei.co.za
|
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |