Interact
“Happiness doesn't result from what we get, but from what we give.” - Ben Carson
Wie is ons?
Ons werk as die junior deel van die Sunshine Rotaryklub en samel fondse in vir nie-regeringsorganisasies wat mense en diere in nood bystaan. Ons werk ook persoonlik met hierdie mense en diere!
Hoe doen ons dit?
Een maal per kwartaal het ons kolwyntjie-verkope en genereer ook fondse deur by Rotary-fondsinsamelings te werk en hulle met projekte te help. Hulle gee ‘n persentasie van hulle winste aan ons.
Wat is ons pligte?
‘n Paar voorbeelde:
- Ons tree op as baanopsieners by groot geleenthede soos die Kaapstad fietstoer en as kaartjieverkopers by die Rotary-resiesaand.
- Ons dra kos by tot dierewelsyn en skenk geld vir die sterilisasie van diere in die plakkerskampe. Ons bied vrywillige diens aan om met die honde te gaan stap en hondehokke skoon te maak.
- Ons besoek en skenk fondse aan die Gabriella-sentrum.
- Ons ondersteun Aanhouwen, samel geld in en maak die gemeenskap bewus van gestremde mense.
- Ons versamel truie en boeke vir ‘n verskeidenheid van organisasies soos Bright Lights.
- Ons stuur verteenwoordigers op RYLA-kursusse vir leierskapopleiding en verkoop lootjies by die Helderberg Rotary Riverboat Jazz Band geleentheid.
Wat is die doel van ons klub?
Ons doel is om die gemeenskap te dien!
Wat is ons visie vir die toekoms?
Ons wil graag bekend wees as ‘n proaktiewe, omgeeskool met ‘n diepgaande bewustheid van al die mense in die Kom wat in moeilike omstandighede leef.
Hoe werf ons nuwe lede?
Ons wil hê ons aksies moet ander inspireer om hul dienste vrywillig beskikbaar te stel.
Wat is ons bywoningsbeleid?
Ons hou rekord van alle persone by ‘n vergadering teenwoordig en ken ‘n Rotary-knopie toe aan ‘n lid wat aan ten minste vyf projekte per jaar deelgeneem het.
Kontakbesonderhede: Mev. A Pretorius – apretorius@pvallei.co.za
|
|
|
|