Biblioteek
Wie is ons?
Ons klub is die biblioteekprefekte van Parel Vallei. Ons het tien prefekte, twee uit elke graad. Gedurende graad 11 of 12 word een van die prefekte bevorder na hoofbiblioteekprefek.
Wat doen ons in die biblioteek?
Die prefekte moet elkeen drie diensbeurte gedurende die week doen; een elk tydens eerste pouse, tweede pouse en na skool. Daar is ook een vergadering per kwartaal.
Wat is ons pligte?
Biblioteekprefekte doen diens by die fotostaatmasjien, hanteer kleingeld en help met boeke uitleen en ontvang. Hulle help ook biblioteekgebruikers om lekker boeke te vind om te lees en inligting vir take te kry. Hulle pak die boeke weg na elke diensbeurt en ruim die biblioteek op.
Projekte waarna ons uitsien gedurende die jaar:
Die biblioteekprefekte help met die Opedag-uitstallings en is aan diens gedurende die geleentheid. Verder doen ons een uitstalling per maand oor ‘n interessante onderwerp en elke drie maande verander ons die dekor van die biblioteek.
Aktiwiteite gedurende die jaar:
Aktiwiteite sluit die diensbeurte gedurende biblioteekure in. Aan die einde van die jaar hou ons ‘n afskeidspartytjie wat almal baie geniet.
Wat is die doel van ons klub?
Die doel van die biblioteekklub is om ‘n diens aan die skool te verskaf, dus is ons baie ingestel daarop om tevrede biblioteekgebruikers te hê.
Wat is ons visie vir die toekoms?
Ons wil graag goeie diens lewer aan die leerders van Parel Vallei sodat hulle die biblioteek as nuttige navorsingsbron vir projekte sal beskou.
Hoe werf ons nuwe lede?
In Oktober elke jaar word posisies geadverteer en leerders kan aansoek doen om biblioteekprefekte te word. Aansoekvorms is by die biblioteek beskikbaar. Dit is voordelig om ondervinding te hê, maar nie noodsaaklik nie.
Wat is ons bywoningsbeleid?
Daar word van ons verwag om ons pligte en diensbeurte na te kom indien ons verkies word tot ‘n biblioteekprefek.
Kontakbesonderhede:
Me L. van der Westhuizen - lvanderwesthuizen@pvallei.co.za