Koor
Geskiedenis:
Onder nuwe leierskap het die Kamerkoor (wat in Januarie 2014 gestig is) ontwikkel tot ons huidige koor.
Die koor bestaan uit 54 lede: 38 dogter- en 17 seuns-stemme.
Wie neem deel:
Dogters en seuns vanaf gr. 8 – 12.
Aktiwiteite gedurende die jaar:
• Stellenbosch Kunswedstryd
• Helderberg Eisteddfod
• Tree ook op by ander belangrike geleenthede soos benodig, bv.konserte, Opedae en prysuitdelings.
Ideale:
• Ons streef steeds na uitnemendheid in alles wat ons singende aanpak.
• Ons wil altyd trotse ambassadeurs vir Parel Vallei wees en deur ons sang die skool se naam hoog hou.
• Ons streef ook daarna om mense te inspireer en hulle harte aan te raak met ons sang.
• En natuurlik wil ons ook graag pryse wen!
Hoe om aan te sluit:
• Sangstudente word individueel deur die koorleier genader om aan te sluit.
• Indien enige vakatures ontstaan a.g.v. matrieks wat die skool verlaat, word oudisies aan die begin van die skooljaar gehou.
Bywoningsbeleid:
Oefentye: Maandae net na skool tot 15:15.
Kontakbesonderhede:
Koorleier: mev. J van Niekerk:
jvanniekerk@pvallei.co.za
Begeleier: mnr W Grundling:
wgrundling@pvallei.co.za