Vokale-ensemble
Geskiedenis:
Gestig in Januarie 2001.
Bestaan uit 12-16 dogters.
Wie neem deel:
Dogters vanaf gr. 8 – 12. (Streng keuring vind plaas).
Gekeurde lede moet verkieslik individuele sanglesse neem.
Aktiwiteite gedurende die jaar:
• Stellenbosch Kunswedstryd
• Helderberg Eisteddfod
• Tree ook op by ander belangrike geleenthede soos benodig, bv. konserte en prysuitdeling.
Prestasies:
Stellenbosch Eisteddfod-wenners: Beste Hoërskool Koor 2016.
Ideale:
• Ons streef steeds na uitnemendheid in alles wat ons aanpak.
• Ons wil altyd trotse ambassadeurs vir Parel Vallei wees.
• Ons streef ook daarna om die harte van mense aan te raak met ons sang.
• En natuurlik wil ons ook graag pryse wen!
Hoe om aan te sluit:
• Sangstudente word individueel deur die koorleier genader om aan te sluit.
• Indien enige vakatures ontstaan a.g.v. matrieks wat die skool verlaat, word oudisies aan die begin van die skooljaar gehou.
Bywoningsbeleid:
• Oefentye: Woensdag- en Vrydagoggende vanaf 07:40 – 08:05
• Bywoning van oefeninge is verpligtend.
Kontakbesonderhede:
Koorleier: mev J. van Niekerk
jvanniekerk@pvallei.co.za