Redenaars
Geskiedenis:
Redenaars word al sedert 2 000 deur mnr. W. Steenkamp behartig. Daar neem tot 'n maksimum van 20 leerders deel. Ons neem jaarliks aan die ATKV se Redenaarskompetisie deel. Die afgelope paar jaar het ons gereeld 'n leerder(s) wat tot die semi-finaal of landwye finaal deurdring. Parel Vallei bied jaarliks die Wes-Kaap ATKV eerste rondte vir hoërskole en semi-finale rondte vir hoër- en laerskole aan.
Die jaarliks Toespraakaand, aangebied deur mev. M. Bredell, bied ook aan leerders van graad 8 – 12 van beide tale die geleentheid om hul openbare redevoering op te skerp.
Deelnemers aan die semi-finaal:
2008: Grethe-Maré Steenkamp, Arina Visser, Koot Kotzé
2010: Grethe-Maré Steenkamp, Rozanne Vos
2011: Jacque Gericke
2012: Jacque Gericke, Rozanne Vos
2014: Alex van Greuning, Zelmarie Barnard
Drie leerders het in 2014 aan die ATKV-debatskompetisie deelgeneem. Leerders neem ook vanjaar aan die Dink-of-sink-debat by die Hoërskool DF Malan deel.
Wie neem deel?
Enige leerder kan deelneem. Daar is kompetisies vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Enige leerder (Afrikaans- of Engelssprekend) neem deel aan die jaarlikse Toespraakaand, waarna die Beste Junior, Senior Afrikaanse en Engelse spreker aangewys word.
Wat doen ons in Redenaars en Debat?
Die leerders word voorberei om hul argumente in voorgeskrewe onderwerpe deeglik te beredeneer, hulself voor te berei en duidelik voor te dra. In die onvoorbereide afdeling kry hulle hul onderwerpe by aankoms waarna 'n voorgeskrewe voorbereidings- en leweringstyd geegee word.
Aktiwiteite gedurende die jaar:
Redenaars vind plaas aan die einde van Maart, die semi-finaal is in Mei en die finaal in Augustus.
Vanjaar bied Parel Vallei die ATKV- streeksredenaarskompetisie en die semi-finaal by Parel Vallei aan.
Ideale:
Om elke jaar meer leerders aan hierdie aktiwiteit bloot te stel en te laat deelneem.
Bywoningsbeleid :
Dit is die leerders se vrye keuse om deel te neem. Aan die begin van die jaar probeer ons om die juniors wat in die laerskool deelgeneem het te betrek. Omdat die kompetisie by die Hoërskool Parel Vallei aangebied word, bied dit aan baie ander leerders die geleentheid om as voorsitters, tydhouers en puntehouers op te tree. Dit stel dus meer leerders bloot aan hierdie aktiwiteit.
Kontakbesonderhede:
Mnr W. Steenkamp
wsteenkamp@pvallei.co.za