193 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => culture_main-banner_10-19.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

MATRIEK MUSIEKKONSERT

Welkom by ons eerste graad 12-musiekkonsert op ons webwerf.

Die graad 12-musiekleerlinge het elk hulle gunsteling musiekstuk vir julle vooberei om met die klik van ‘n muis te geniet!

Agter, van links: Caitlin Fikkies, Laura Maritz, Jessica Retief, Nico Olivier, Hannah McCreath, Mieke Laubser.
Voor: Rosalind Mitchell, Darryan Kallis, Leonay Botha, Rebecca Kruger, Gerhard Eckley.

Ons het aparte video’s geskep sodat u die konsert op u tyd en in die volgorde van u keuse kan geniet.

Moet asseblief nie die inleiding deur mnr. Winand Grundling miskyk nie!

Introduction video
Mr Winand Grundling

Caitlin Fikkies & Leonay Botha
Middle & Off: Pete Rosser

Leonay Botha
Ragamuffin: Pamela Wedgewood

Gerhard Eckley & Laura Maritz
Candlelight: Malcolm Miles

Rebecca Kruger
Blue Moon: George Gershwin arr. Pete Churchill

Laura Maritz
The Girl with the Flaxen Hair: Claude Debussy

Hannah McCreath
Valse: Frédéric Chopin

Rosalind Mitchell & Laura Maritz
I can see the Light: Alan Menken

Nico Olivier & Evan Slabbert
Big Beat: John Pringle

Jessica Retief
Summertime: George Gershwin

Darryan Kallis
Czardas: V. Monti

Mieke Laubser
Country Dance: Frank Bridge

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013