Beste oudleerders, onderwysers, ouers en PV-ondersteuners
Die woorde van Kalu Kalu, die redakteur van “Citizenship” lui: “Die dinge wat jy vir jouself doen sal saam met jou verdwyn, maar die dinge wat jy vir ander doen bly jou nalatenskap.”
Daar is baie soorte “oudleerdersklubs” wat ‘n spesifieke doel dien in die gemeenskap of die skool of beide. Die suksesse daarvan word gekenmerk deur die betrokkenheid en die begeerte om ’n erfenis na te laat en om deel te wees van hierdie spesifieke erfenis wat sal bly vooortbestaan vir baie jare. Wat gedurende hierdie tyd bereik sal word, is amper onmoontlik om te definieer behalwe die volgende: die sukses van die projekte van die organisasie is direk eweredig aan die vlak van betrokkenheid en toewyding van sy lede.
Die Parel Vallei-leuse, “Uitnemendheid in ‘n veranderende wêreld”, was nog nooit so betekenisvol soos in die fokus van die Parel Vallei-Unie nie; iets waartoe ons almal streef wanneer ons probeer om die beste bydraes te maak as wat ons moontlik kan. Jy sal altyd die volgende vraag gevra word nadat jy die skool verlaat het: Waar het jy gematrikuleer? Die PVU wil hê jy moet met trots kan antwoord: “PAREL VALLEI”, met die wete dat dit jou tuiste bly – waar jou suksesse gevier word en jou mislukkings betreur word. Die leuse, “Legacie et Camaraderie”, “Naletenskap en kamaraadskap”, is gekies omdat dit die doel van die PVU beskryf – om ‘n blywende nalatenskap te skep terwyl saamgewerk word en ons gedeelde ondervindings by Parel Vallei te vereer, maar die belangrikste om hierdie geskiedenis te omskep in betekenisvolle verhoudings in die hede.
Gedurende jou skoolloopbaan word jy blootgestel aan ‘n hoë vlak van leer, of dit nou akademie, sport, kultuur of ‘n kombinasie van bogenoemde is. Gedurende elke leergeleentheid het Parel Vallei daarna gestreef om die blou draad te behou wat verseker dat ‘n unieke karakter altyd teenwoordig is. Dit is hierdie blou draad wat die PVU wil nastreef binne die grense waar jy in staat is om, wat in jou belê is, aan die gemeenskap te kan teruggee.
Die Hoërskool Parel Vallei is 30 jaar gelede geskep en ek kan jou verseker dat wat jy vandag hier beleef, nie naastenby dieselfde is as wat ons as leerders baie jare gelede beleef het nie.
‘n Paar voorbeelde as ek mag, om u ‘n idee te gee van wat bereik is in hierdie tydperk:
· Die sportsaal was nog nie gebou nie, daar was net modder met ‘n bietjie gras (wat ons geplant het).
· Geen hokkievelde of rugbyvelde nie.
· Geen klubhuis nie.
· Daar was aanvanklik geen uniform nie, ons het almal in ons vorige skool se uniform skool bygewoon, totdat die huidige uniform ingestel is. En 30 jaar later is dit nog steeds iets om op trots te wees.
Alhoewel die skool ‘n baie nederige begin gehad het, het dit merkwaardige hoogtes bereik. Die Parel Vallei-Unie streef daarna om hierdie resultate te ondersteun en te bevorder. Baie van julle sal waarskynlik vra: “Maar wat kry ek?” Dan moet ek sê, dit is nie die regte vraag nie, die eintlike vraag moet lui: Hoekom is daar na soveel jaar nog steeds personeel wat van die begin af hier is? Hoekom is daar soveel oudleerlinge wat terugkeer na hulle alma mater en hulle diens aanbied? Die antwoord: familie, huis, ‘n plek waar ek behoort.
So wat is die doel van familie? Om op te let en te sorg vir wat jou eie is. Om te netwerk word nie na waarde geskat nie, maar die waarheid is dat mense besigheid doen met mense wat hulle ken en in die PVU is daar vir seker ‘n hele klomp mense wat die moeite werd is om te ken, mense wat nou ons familie is, wat jou familie is. Hierdie familie sluit in alle oudleerders, onderwysers en ouers, ook ouers van huidige leerders.
Ons familie het die volgende hoogtepunte bereik gedurende die afgelope jaar:
· Bou-ontwerpe vir die nuwe klubhuis is voltooi.
· ‘n Databasis is totstandgebring met oor die 2 000 geregistreerde lede en dit groei steeds.
· 50% Verhoging in die bywoning van die jaarlikse reünie.
· Die verskuiwing van ‘n reünie-organisasie na ‘n ONDERSTEUNINGS-ORGANISASIE!
Met die vorige en huidige skoolhoofde en die ongelooflike onderwyserspan, sal Parel Vallei voortgaan om te groei deur te bou op die suksesse van die verlede. Ons gedenk baie oudleerders wat die hoogste sport in hul ondeskeie bekwaamheids-velde bereik het. Ons sal ook nooit die vriende vergeet nie wat ons verloor het toe ons nog leerders aan die skool was.

Vriendelike groete
Paul van Niekerk
14 Augustus 2015
Beste Oud-Parel Valleier
Dit is met trots dat ons die Parel Vallei Unie (PVU) aan u voorstel. Parel Vallei is ’n jong skool wat die afgelope 29 jaar sy stempel op akademiese, kulturele en sportgebied afgedruk het. Die een groot leemte, was die afwesigheid van ’n sterk oudskolierebond.
Vroeg hierdie jaar is ’n Interimkomitee gestig. Die PVU beoog om ‘n geleentheid te skep om bande met ou skoolvriende te hervat, ou herrineringe te herleef en ’n waardevolle bydrae tot die skool en sy gemeenskap te lewer. Die PVU is nie slegs vir vir oudskoliere nie, maar ook vir onderwysers en ouers.
Die PVU-wapen is ontwerp met die oorspronklike skoolwapen in gedagte. Die enigste verskil is die oop vensters wat vryheid en geleentheid uitbeeld. Dit simboliseer ook deursigtigheid en ’n ope uitnodiging aan alle mense wat Parel Vallei graag wil dien, om betrokke te raak en welkom te voel.
Die leuse, “Legacie et Camaraderie”, beteken “nalatenskap en kameraadskap” en beskryf die oorhoofse doel van die PVU – om ’n nalatenskap te skep deur ons gedeelde ervaring by Parel Vallei – en belangriker, om hierdie geskiedenis in sinvolle hedendaagse verhoudings te omskep.
Die eerste amptelike byeenkoms is die reünie wat Saterdag, 16 Augustus by die skool gehou word. Die jaarlikse sportdag teen Somerset College vind daardie oggend by Somerset College plaas en die reünie is vir daardie naweek gereël. Die reünie is oop vir alle oudskoliere van alle jaargroepe en ons sien daarna uit om u daar te sien. Kliek hier om die uitnodiging te sien.
Die eerste amptelike komitee sal na die reünie verkies word en sal daarna ’n termyn van een jaar dien. As u belangstel om in hierdie komitee te dien of om op enige vlak betrokke te raak, kontak asseblief vir my by fjwahl@gmail.com .
Kommunikasie in die PVU is van die uiterste belang en dus om ons databasis opgedateer te hou. Aangesien nie alle oudskoliere se besonderhede op hierdie databasis verskyn nie, steun ons grootliks op mekaar om hierdie inligting in te samel. Versprei asseblief hierdie e-pos aan ander belangstellendes wat nog nie hulle besonderhede ingedien het nie. Ons het so pas ’n nuwe databasis aangeskaf, waarop oudskoliere self hulle besonderhede kan verskaf en verander. Dit kan by http://parelvallei.alumnet.co.za gedoen word.
Om die PVU op sosiale media te volg en op hoogte van gebeurtenisse te bly, ‘like’ asseblief die amptelike facebook-blad by https://www.facebook.com/ParelValleiUnion .
Ons sien uit na u betrokkenheid by die PVU. Hierdie unie kan net so uitmuntend wees soos ons dit maak. Ons hoop en vertrou dat ons saam aan ’n sinvolle nalatenskap kan bou wat die skool en sy gemeenskap dien en waarop ons trots kan wees.
Vriendelike groete.
Francois Wahl
PVU-voorsitter
2014/08/04
16 Augustus 2014