59 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => onsskool.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Parel Vallei-tydlyn

Hoërskool Parel Vallei  se deure is in Januarie 1986 geopen met 12 personeellede en 190 leerders in standerd 6 en 7.  Die skool se eintlike “geboortedatum” was op 21 Oktober 1985 tydens die eerste ouervergadering in die skoolsaal van Laerskool Beaumont .  Mnr André Muller en mev Nolene Duvenage was deel van die eerste twaalf personeellede en is steeds deel van die skool.

Mnr. Boudewijn de Vries (1986 – 1996) was die stigtershoof van die skool aan die voet van Helderberg op ‘n gedeelte van die historiese plaas Parel Vallei.

 

Ander historiese hoogtepunte:

  • 2018
  • Die beheerliggaam, bestuur en personeel is trots op die baie hoogtepunte wat ons saam as die Blue Thread-span in 2018 kon bereik en ons sien uit daarna om te bou op alle gebiede van ons liggaam, verstand en gees- benadering tot leer en om elke leerder in staat te stel om uitnemendheid te behaal in ‘n gedurig-veranderde wêreld.

    AKADEMIE:

    NSS-eksamen 2017: PV het die volgende Wes-Kaap merietetoekennings ontvang:
    Akademiese uitnemendheid: een van die topskole in die Wes-Kaap: 12de posisie;
    Skool wat die meeste verbeter het in Informasietegnologie;
    Twee leerders op die minister se topmerietelys;
    Agt leerders het top 10-posisie behaal in verskeie vakke;
    237 kandidate het geskryf en ‘n gemiddelde van 71.44% behaal;
    71 merietetoekennings (A-slaagpunt);
    96,2% Bachelor-vlak slaagpunt;
    547 vakonderskeidings.
    Die WKOD het PV se graad 9-klas van 2017 met die volgende bekroon:
    Wiskunde: ‘n sertifikaat vir die behaal van ‘n slaagsyfer van 50% en meer van 2016 -2017; ‘n sertifikaat en trofee vir die volgehoue slaagsyfer van 80% en meer vir die afgelope drie jaar van 2015 – 2017.
    Taal:
    ‘n sertifikaat vir die behaal van ‘n slaagsyfer van 70% en hoër vir 2016 – 2017;
    ‘n sertifikaat en trofee vir die volgehoue slaagsyfer van 80% of meer vir die afgelope drie jaar 2015 – 2017.

    WISKUNDE:

    In die nasionale Wiskunde-kompetisie van Die Burger, Beeld en Volksblad is drie Parel Valleiers in die top 5-posisies geplaas.
    Parel Vallei het die vyfde plek behaal in die UCT Wiskunde Olimpiade;
    By die Suid-Afrikaanse Wiskunde-stigting (SAMF) is een leerder eerste geplaas uit meer as 100 000 leerders wat landwyd deelgeneem het;
    Een leerder het ‘n tweede plek en ‘n ander leerder ‘n eerste plek by die UP se Wiskunde Olimpiade behaal;
    en Parel Valleier het Springbokkleure vir Wiskunde Olimpiade ontvang;
    By die Pan-Afrika Wiskunde Olikpiade (PAMO) het ‘n Parel Valleier twee medaljes gewen en sy was die WENNER van die vroulike afdeling van die Olimpiade, waarna sy gekroon is as die “Afrika-kampioen van Wiskunde”;
    Tien leerders van Parel Vallei is deur die Universiteit van Stellenbosch gekies om die Boland Wiskunde Olimpiadespan wat landwyd deelgeneem het, te verteenwoordig.

    ANDER AKADEMIESE PRESTASIES:

    Parel Vallei is weer deur die Universiteit van Stellenbosch as een van hulle top 100-voederskole aangewys en nasionaal tweede;;
    By die Junior Bio-Science Olimpiade het Parel Vallei ‘n tweede plek in die land behaal en een leerder het ‘n goue en nege leerders silwer sertifikate ontvang;
    Die bes-nagevorsde projek, twee spesiale toekennings, een goue en sewe silwer medaljes is toegeken by die “Eskom Expo for young Scientist”;
    By die Lewenswetenskappe se wêreldwye Bio-Science Olimpiade het Parel Vallei se span ‘n goue medalje ontvang en ‘n Parel Valleier het die olimpiade gewen;
    By die Mintek-kompetisie het die Parel Vallei span ‘n tweede plek in die provinsiale platinum-afdeling behaal en een Parel Valleier het eerste in die individuele platinum-afdeling gekom;
    Na hierdie uitstaande prestasie is die leerder verkies tot die Wes-Kaapse span en hulle het deelgeneem aan die Nasionale Mintekkompetisie. Die Wes-Kaapse span het ‘n derde plek behaal en ons leerder het ‘n EERSTE plek in die nasionale platinum-afdeling behaal.

    KULTUUR:

    Vier dramaproduksies is op die planke gebring deur ons eie drama-onderwysers en dit het baie goed gevaar;
    By die Nasionale Toneelspelkompetisie het een leerder ‘n derde plak behaal;
    Ons dramagroep het Montagu toe getoer en ‘n tradisie laat herleef;
    Parel Vallei’s Playhouse Festival het tot sewe toneelstukke gegroei;
    Grand West High School Jam:
    Parel Vallei is weer genooi om deel te neem by Grand West. Hulle het ‘n wonderlike vertoning gehad en was die eerste skool OOIT wat ‘n oorspronlike werk uitgevoer het, wat tot ‘n opnamesessie by die KFM-radiostasie gelei het;
    Parel Vallei wen die Strand Rotary Redenaarskuld;
    Ons eie Eisteddfod (Stellenbosch en Helderberg) – prestasie sluit in:
    8 trofees
    17 medaljes
    25 beste prestasie-sertifikate
    88 Cum Laude
    63 Goud+ sertifikate
    41 Goue sertifikate
    Bykomende toekennings by beide Eisteddfods:
    PV Koor - ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir Beste Gewyde Werk en by die Helderberg Eisteddfod ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die gemengde kore-kategorie;
    PV Big Band - ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir die Beste Jazz-orkes en by die Helderberg Eisteddfod ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die Koper / Houtblaas – orkes afdeling;
    PV Instrumentele ensemble - ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir die beste klein instrumentele ensemble;
    Django Trio - ontvang ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die klein ensemble-katogorie by die Helderberg Eisteddfod.

    SPORT:

    Fietsry - ons gemengde span is eerste geplaas by die Western Province Spur Schools Mountain Bike League. By die Nasionale Spur Schools Mountain Bike League het Parel Vallei 4de in die gemenge kategorie en 5de in die seuns-afdeling klaargemaak. In die provinsiale finaal het ‘n Parel Vallei leerder ‘n derde plek behaal. Parel Vallei is trots daarop om erken te word as een van die Top 5-fietsryskole in SA;

    Rugby - verlede jaar het ons berig dat dit slegs ‘n kwessie van tyd sal wees voordat ons in die premier B-rugbyliga ingesluit word en dit het vanjaar ‘n werklikheid geword! Vanjaar is twee spelers vir die WP Coastal Tournament – span gekies;

    Vanjaar is twee spelers vir die WP Coastal Tournament – span gekies;

    Tennis - Parel Vallei se o/15 spelers het die HSB T4J-dubbelstoernooi gewen;

    Hokkie - 32 Parel Valleiers is gekies vir Bolandspanne;

    Ons o/18-hokkiedogters het tweede geëindig en die silwer medalje verower by die Cape Town International Schools’ Hockey Festival. Gedurende die Investec Hockey Festival is hierdie span algeheel tweede geplaas. Die dogters is 16de op die nasionale skole-hokkie ranglys en die o/18-seuns 55ste;

    In die o/16-katogorie is ons seuns en dogters onder die top 12-posisies geplaas;

    Aan die einde van die eerste kwartaal het meer as 40 Parel Valleiers die voorreg gehad om Nederland te besoek as deel van die PV-hokkietoer van 13 dae waartydens hulle teen bekende Hollandse hokkiespanne gespeel het en Nederland ontdek het;

    Swem - Parel Vallei het die tweede plek in die Frank Myburgh Twilight Gala behaal;

    Netbal - ‘n Voltydse netbalbestuurder is aangestel om die 25 netbalspanne van Parel Vallei te lei en om hierdie sport by Parel Vallei na die volgende vlak te neem; Een o/17-leerder is gekies vir die Western Cape Oaks-span;

    Altesaam 56 leerders het provinsiale kleure vir sport gekry, 52 vir buiteskoolsport en een leerder het nasionale kleure vir ‘n skoolsport behaal.

    Gedurende Augustus het meer as 1 500 kinders deelgeneem aan die PV/Pearson – uitruilbesoek. Parel Vallei het 705 leerders en 85 personeellede van Hoërskool Pearson tuis ontvang vir die eerste keer. Dit was werklik een van die hoogtepunte van die jaar, met aktiwiteite op verskillende terreine: sport, kultuur en akademie!

    KAPITALE PROJEKTE:

    Vanjaar is die verspring-aanloopbaan, telefoon- en besproeiingstelsel voltooi. Die volgende projekte is in die beplanningsproses: die aankoop van nuwe musiektoerusting en die opgradering van die rekenaarlokaal.

    Parel Vallei het in 2018 oor die 630 aansoeke vir die 260 plekke in graad 8 ontvang en ons sien uit daarna om hierdie trotse handelsnaam te laat groei met die ondersteuning van alle rolspelers, want ons weet: “Die geheel is groter as die som van die dele”. Aristotle

    Trots om ‘n Parel Valleier te wees!!

  • 2017
  • Die beheerliggaam, bestuur en personeellede is dankbaar oor die volgende hoogtepunte wat die skool gedurende dié jaar saam kon bereik in die veranderende wêreld waarin ons leef…

    Op akademiese vlak:

    NSS-eksamen van 2016: PV behaal weer ‘n plek op die Wes-Kaap se Top 20 Skolelys. Vyf graad 12-leerders behaal Top 10 posisies in hul vakke. PV behaal ‘n 7de plek uit alle WKOD-skole in die Wes-Kaap vir Afrikaans Huistaal. 203 kandidate slaag die eksamen met ‘n gemiddeld van 70.67%. 53 merietetoekennings, ‘n 96% Baccalareus-slaagsyfer en 407 vakonderskeidings word behaal.

    Die WKOD ken ‘n sertifikaat van uitnemendheid toe aan PV se graad 9-klas tydens die provinsiale sistemiese Wiskundetoetse. (PV was een van slegs vier skole landswyd wat dié toekenning ontvang het).

    Twee leerders behaal 1ste plekke in die Universiteit van Pretoria se Wiskunde-olimpiade.

    Vir ‘n vierde keer behaal PV ‘n 3de posisie tydens die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-olimpiade.

    Die Burger lys PV in die 4de plek vir Wiskunde in die Wes-Kaap.

    Tydens die Bio-Science Olimpiade behaal PV ‘n nasionale 2de plek.

    Twee spesiale toekennings, twee goud en sewe silwer medaljes word toegeken by die Eskom Expo for Young Scientists.

    Op die kulturele gebied:

    Drie dramaproduksies word op die planke gebring deur ons drama-personeellede. Een van die toneelstukke, Kopskoot, word genooi na die nasionale tienertoneelfinale by Artscape en eindig 4de!

    Tydens die nasionale toneelspelkompetisie behaal twee leerders onderskeidelik ‘n 1ste en 2de plek!

    PV WEN die Strand Rotariër-redenaarskompetisie.

    Ons Eisteddfodprestasies sluit in: ag medaljes, 28 beste prestasie toekennings, 59 Cum Laudes, 47 goud+ en 33 goue sertifikate.

    Op die sportveld:

    Vir die derde keer agtereenvolgens kraai PV koning tydens die interskole- atletiekbyeenkoms!

    PV se fietsryspan behou hul posisie op die podium as een van die Top 5 fietsryskole in SA! (By die Western Province Spur Schools’ Mountain Bike League behaal ons seuns ‘n 2de plek en in die gemengde kategorie eindig PV 4de. PV WEN die National Spur Schools’ Mountain Bike League deur die gemengde en dogterskategorie te wen en 2de te eindig in die seuns- kategorie.)

    Rugby: vir die eerste keer het PV vier ouderdomsgroepe op nasionale ranglyste. (Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voor ons ingesluit word in die premier B-rugbyliga!) Vyf leerders word gekies vir die Suid-Kaapse rugbytoerspan wat Suid-Afrika verteenwoordig in Australië.

    PV speel vir die eerste keer tennis in die B-liga!

    Hokkie: ons o/18 hokkiedogters wen die Fairmont- sowel as die Kingswood-toernooi. Tydens die internasionale en die Spur-hokkietoernooi word hul 2de geplaas en om al hul prestasies te kroon WEN hulle ook die Investec- hokkietoernooi! Tydens die Fairmont-hokkietoernooi is PV ook aangewys as die beste Ko-ed skool.

    Sewentig leerders ontvang erekleure vir provinsiale skolesport, 52 vir nie-skoolsport en vier vir nasionale skolesport.

    Die jaar 2017 sal ook onthou word as die jaar wat die blou PV-gees PE vir die heel eerste keer getref het toe meer as 700 Parel Valleiers en 60 personeellede in Augustus hul tasse vol afwagting en hope gees gepak het vir die heel eerste derby teen die Hoërskool Pearson. Daar is meegeding op verskeie terreine en die spanne in blou en groen het kragte gemeet op akademiese, kulturele en sportgebied!

    Op ons kampus het ons ‘n nuwe telefoonstelsel geïmplementeer, ‘n nuwe diskushok aangekoop en ons verspringaanlope vernuwe. Addisionele parkeerareas is ook in Aberdeenstraat deur die munisipaliteit voorsien, waaroor ons baie bly is!

    Die volgende projekte is begin en tans nog in wording: die opgradering van musiekinstrumente/-toerusting, effektiewe besproeiing, die konstante opgradering van tegnologie in klasse, verbeterde sekuriteitsisteme en die vernuwing van die tennisarea.

    Ons is trots op die 587 graad 8-aansoeke wat ons ontvang het vir 2018. Saam sal ons as die Blue Thread-familie aanhou strewe na uitnemendheid in al die areas van ons liggaam-, verstand- en gees-benadering!

    “Trots om ‘n Parel Valleier te wees!”

  • 2016
  • “Die geheel is groter as die som van sy dele”

    Hierdie spreuk van Aristoteles is beslis die geval by Parel Vallei, veral as ons die hoogtepunte van 2016 in oënskou neem:

    Op akademiese vlak:

    PV het weereens die Wes-Kaap se Top 20 Skolelys gehaal en is na die 2015-Wes-Kaapse Nasionale Seniorsertifikaattoekenningseremonie te Leeuwenhof genooi. Die gashere vir hierdie spoggeleentheid was Helen Zille, van die Wes-Kaap en Debbie Schäfer, Minister van Onderwys (Wes-Kaap). PV ontvang die volgende merietetoekennings:
    een van die topskole in die Wes-Kaap met ‘n Baccalareusslaagsyfer van meer as 90%;
    die beste vordering in Informasietegnologie;
    uitnemendheid in Ingenieursgrafika en Ontwerp: Siann Bester.
    Die graad 9-klas van 2015 word erken vir uitnemendheid in Engels by die Wes-Kaap Litnum-toekennings;
    Nege Parel Valleiers ontvang medaljes by die streekseindrondte van die Eskom Expo for Young Scientists: twee goue medaljes, een silwer medalje en ses brons medaljes;
    Deur die Parel Vallei Advanced Education Trust behaal twee leerders meer as 80% vir hul IEB AP Wiskunde-eksamens en vyf CIE A-level onderskeidings.

    Op die kulturele gebied:

    PV vertoon hierdie jaar vier dramas – die meeste nog! Een van die toneelstukke, Van ons Moeders, wen die Logan Tienertoneelfees te Fraserburg as BESTE PRODUKSIE en ook die Dawie Maritz-trofee by Durbanville vir verskeie prestasies op die verhoog;
    Ses dramaleerders is gekies om deel te neem aan ‘n nasionale dramakompetisie en een van hierdie leerders wen die juniorafdeling;
    Ons is baie trots op die volgende Eisteddfodprestasies: 6 medaljes, 25 beste prestasie toekennings, 87 Cum Laudes, 62 goud+ en 25 goue sertifikate.

    Op die sportveld:

    Die interskole atletiektrofee bly by PV – waar dit hoort;
    Ons eerstespan hokkiedogters skuif 13 plekke op en beklee tans die 16de plek in SA. Ons eerstespan hokkieseuns beklee die 26ste plek in SA (10 plekke op na verlede jaar). Bron: www.saschoolsport.co.za
    By die Western Province Spur Schools’ Mountain Bike League word PV gekroon as die beste gemengde span, beste dogterspan en ons seuns behaal die 2de plek;
    By die National Spur Schools’ Mountain Bike League behaal PV die 2de plek in die gemengde kategorie en die seuns behaal die 4de plek (net drie punte agter die derde plek);
    Parel Vallei wen die “RUGBYSKOOL VAN DIE JAAR”-toekenning vir die skool wie se rugby die meeste verbeter het. Hierdie toekenning getuig van die BLUE THREAD-gees van toewyding en trots. (www.ruggas.co.za)
    Die O.19A-rugbyspan wen 80% van al hul wedstryde en ontvang verskeie toekennings;
    Vyf en sestig leerders ontvang erekleure vir provinsiale skolesport, 43 vir nie-skoolsport en drie vir nasionale skolesport.

    ‘n Nuwe leerderleierskapstruktuur is in plek gestel en ‘n prefekliggaam is verkies en verdeel in dié portefeuljes: Tradisie, Media, Kultuur, Gemeenskap, Akademie, Sport, Gees en die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) met verteenwoordigers uit elke graad wat deur die hoofseun en –dogter aan die SBL rapporteer.

    PV is altyd besig om die skoolgrond en fasiliteite op te knap en te verbeter en hierdie jaar is ‘n dak oor die pawiljoen gebou, die kombuis langs die saal is opgegradeer en nog lugverkoelers is aangebring.

    PV was hierdie jaar getrou aan sy standaard en sal voortdurend bly streef na: Uitnemendheid in ‘n veranderende wêreld!

  • 2015
  • Dié jaar het 1 240 leerders en 104 personeellede weer saam na uitnemendheid gestrewe deur die skool se LVG (Liggaam, Verstand en Gees) - benadering na te volg. Vir die eerste keer is die gevoel van behoort, eenheid en liefde wat hier heers ook neergepen as die: BLOU DRAAD wat ons almal saambind.

    Die skool se 30ste bestaansjaar word gevier en dié jaar word nuwe tradisies gevorm en vas gelê met geleenthede soos die Stigtersnaweek en die graad 8-kamp!

    Saam bly ons trots om Parel Valleiers te wees en vier ons graag die volgende 2015-hoogtepunte!

    Op akademiese vlak:

    eindig PV weer onder die Top 20 skole in die Wes-Kaap met ‘n 17de plek!
    word die graad 9-klas van 2014 10de geplaas in die Wes-Kaap vir uitnemendheid in Wiskunde en Taal by die 2015 Litnumtoekennings.
    verwerf PV ‘n 4de plek by die UCT Wiskunde-olimpiade.
    vir gevorderde onderrig word PV geregistreer by die British Council as ‘n Cambridge Associate School.

    Op kulturele vlak:

    word vier dramaleerders gekeur om deel te neem aan ‘n nasionale dramakompetisie en een van dié Parel Valleiers wen die kompetisie!
    eindig PV algeheel 2de by die jaarlikse Grand West - Backstage Pass, High School Jam!
    neem meer as negentig Parel Valleiers deel aan die Back to the 80s! musiekblyspel en bereik saam kultuur-uitnemendheid!

    Op sportgebied:
    word die bulhondveggees en toewyding tasbaar beleef, toe PV die gees- EN atletiekbeker verower het tydens interskole! ‘Die geheel is groter as die som van die dele!’
    ry PV se gemengde fietsryspan ook weg met die algehele 1ste plek in die Wes-Kaap.
    eindig die 1ste meisieshokkiespan 29ste in die land en die O/16 A rugbyspan 17de. (Bron: www.saschoolsports.co.za ).

    Die grensdraad om die skool word voltooi en verbeterings word voortdurend aan die kleedkamers gedoen. ‘n Splinternuwe reënskuiling word ook opgrig by die hoofingang.

    PV ontvang meer as 500 aansoeke vir slegs 260 plekke in graad 8 vir 2016 en ons word weer daaraan herinner dat PV ‘n skool is waarmee daar rekening gehou moet word in dié veranderende wêreld waarin ons lewe!

  • 2014
  • In April tree ‘n toegewyde en geliefde Parel Valleier, mnr. Ettienne Gouws af as skoolhoof na meer as 17 jaar. Mnr. David Schenck word as nuwe leier verwelkom in Mei. Dié jaar word gekenmerk deur verskeie hoogtepunte soos die rekord aantal aansoeke (470+) wat ontvang word vir 260 plekke in graad 8 vir 2015, sowel as die amptelike stigting van die PVU (Parel Vallei Unie) vir oudleerders, ouers en vriende van Parel Vallei.

    Op die kampus word die voorportaal en Ledbury-Huis (skoolhoof se woning) opgegradeer.

    Die gebruik van die skoolwapen en die PVH-logo op skooldrag word gewysig.

    Deur middel van die skool se LVG (Liggaam, Verstand en Gees)- benadering word die volgende behaal:

    Op akademiese/verstandelike vlak handhaaf PV sy uitnemendheid, as een van die top skole in die Wes-Kaap!
    Op kultuur/geestelike vlak word een van PV se dramaproduksies (WolkKop) aangewys as die nasionale wenner van die 50ste ATKV-Tienertoneelkompetisie!
    Op sport/liggaamlike gebied word die seuns-fietsryspan nasionaal 3de en die gemengde span 5de gelys! Die 1ste seunshokkiespan eindig 24ste en die 1ste meisieshokkiespan 36ste in die land.

     

  • 2013
  • Vroeg in 2013 is bevind dat, gebaseer op die totale aantal matrieks geslaag , die persentasie Bachelors geslaag, sowel as die algehele matriekuitslae, ons die toppresterende skool in die Wes-Kaap in 2012 was. Dit is 'n besondere prestasie!
     

    Agt van ons leerders het nasionale kleure en vyftig leerders provinsiale kleure in verskillende sportsoorte verwerf.

    Op kultuurgebied ontvang ons Drumline die hoogste toekennings by die Stellenbosch en Helderberg Eisteddfod.  PV se Engelse dramaproduksie (Hyperbole) vaar die beste by die Durbanville Tienertoneelfees en die nuutgestigte filmklub skryf vier kortfilms in vir die Ubuntu-tienerfilmfees in samewerking met die Hoërskool Macassar.

  • 2012
  • Moontlik een van ons mees uitdagende jare wanneer dit kom by die bestuur van 'n groot skool terwyl twee groot projekte aangepak word. Gedurende die loop van 2012 is die Astrobaan vir hokkie gebou en gelyktydig is tien nuwe klaskamers opgerig ​​ aan die noordweste-like kant van ons geboue. Dit is goed ontvang deur die hele Somerset-Wes-gemeenskap, want dit stel ons skool in staat om meer leerders in die toekoms toe te laat. Ons het ook ons ​​tweede span van konsultante van die Universiteit van Georgetown in Washington ontvang om ons te help met die langtermyn beplanning van ons skool se toekoms. Hulle insette was van onskatbare waarde en ons strategiese beplanning is nou in plek en weldeurdag vir die volgende vyf jaar.

    Op akademiese vlak het ons al die regte note gedruk!  Ons matriekklas behaal groot sukses met drie van ons matrieks in die Top 20 in die Wes-Kaap. Hierbenewens is ons as  Top Wiskunde en Top Wetenskap Skool in die Kaap aangewys. Dit is 'n fantastiese prestasie. Ons is ook geprys daarvoor dat ons  een van die grootste groepe matrieks met 'n 100%- slaagsyfer in die Wes-Kaap opgelewer het.
  • 2011
  • In hierdie ongerekende jaar het ons op akademiese vlak waarskynlik ons beste matriekuitslae vir enige matriekgroep gelewer. Vir enige matriekklas  is dit heel besonders om 'n 72%-gemiddeld te bereik.  Daar was geen leerders in die WKOD- Top 20 nie, maar as 'n groep het hul ongeëwenaarde sukses behaal.  Dit was ook die jaar waarin ‘n  baie groot besluit geneem is - 'n Astrobaan sal vir ons hokkiespelers volgende jaar (2012) reg aan die einde van die jaar gebou word. Terselfdertyd het die Departement van Onderwys hul finale besluit  geneem om R7,6 miljoen te belê in ‘n projek waardeur 7 ekstra klaskamers voorsien sal word.
  • 2009 - 2010
  • Hierdie tydperk word finansieel uitdagende jare,want die resessie is merkbaar op ‘n verskeidenheid terreine. Steeds slaag ons egter daarin om te fokus  op ons kerndoelwit – die opvoeding van kinders deur ons sleutelnoodsaaklikhede: akademie, sport- en kulturele uitmuntendheid.
  • 2008
  • 1 160 leerders, 72 personeellede, 206 matrieks
    12de beste Wiskundeskool in SA met ‘n slaagsyfer van  meer as 100 in Wiskunde HG in die 2007-matriekeksamen. (Slegs 13 ander skole in SA bereik hierdie mylpaal)
    Groot toevoegings tot die skoolgebou: klaskamers, personeelkamer, skoolsaal, binnemuurse sportsaal onder die “Afdak” onderneem om in Januarie 2009 in gebruik te neem.
    ‘n Volgende doelwit word gestel – om twee astrobane vir hokkie  beskikbaar te maak om te voorsien in die groot aanvraag vir hierdie sportsoort by beide seuns en dogters
  • 2006
  • Ons vier 21 jaar van uitmuntendheid met 1 065 leerders, 55 personeellede en 156 matrieks
    Ons eie pawiljoen word gebou.
  • 2000
  • Die “Afdak” word langs die skoolsaal voltooi.
  • 1997
  • Die huidige skoolhoof, mnr. Ettienne Gouws word aangewys.
  • 1993
  • Die klubhuis word by die sportgronde opgerig.
  • 1990
  • 454 leerders, 30 personeellede, 88 matrieks
  • 1989
  • Eerste Matriekklas:  40 leerders [16 seuns en 24 dogters]
    Eerste hoofseun: Paul van Niekerk en hoofmeisie: Kim Meldrum (nou Groenewald)
  • 1987
  • Die skooluniform word bekendgestel – vlootblou, wit en helderblou
    Die skoolwapen is ontwerp deur Christo Maritz, ‘n gr 9-leerder en is as volg saamgestel:
    Die gewel van die Parel Vallei plaasopstal
    ‘n Venster In die gewel wat insig (“intellegentia”) simboliseer
    Die oop boek wat wysheid (“sapientia”) simboliseer
    Son en lig wat die boodskap van ons leuse beklemtoon “sapientia et Intellegentia” – ‘n Bybelteks gebruik tydens die eerste byeenkoms van skoliere en personeel tydens die opening in Januarie 1986.
    Die skoollied – se teks is deur mnr. J F Spies geskryf en die musiek gekomponeer deur dr.Guurt van der Tas.

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013