Gedragskode
Ek sal te alle tye
- die waardigheid van alle mense respekteer
- sorg dat my maniere onberispelik is
- eerlik wees
- hoflik wees
- netjies aangetrek en versorg wees
- betyds wees
- verantwoordelik wees
- deelneem aan skoolaktiwiteite
- my onderwysers se opdragte gehoorsaam
-
my weerhou van sosiaal-onaanvaarbare gedrag deur
- nie te rook nie
- nie alkohol te gebruik nie
- nie dwelmmiddels te gebruik nie
- nie vuil of obsene taal te gebruik nie
- nie te steel nie
- nie deel te hê aan seksuele aktiwiteite tot ek volwassenheid bereik het nie
- nie pornografiese materiaal te besit of na te kyk nie
- nie rassisties te wees nie
- nie publieke of persoonlike eiendom te beskadig nie
- die skool se naam met trots beskerm
- my bes op akademiese gebied doen.
Parel Vallei het ‘n amptelike Whatsapp-groep vir elke graad, vak en buitemuurse aktiwiteit. Ter voldoening aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA), het ons aansoekvorm reeds ‘n afdeling wat aan die skool toestemming gee om persoonlike inligting te versamel.
Hiermee dan ook ‘n video oor die verantwoordelike gebruik van Whatsapp.