Tennis
GESKIEDENIS:
Parel Vallei het die afgelope tyd uitstekende uitslae gelewer op die tennisbaan en Parel Valleiers het rede om opgewonde te wees oor tennis by die skool.
PV se tennis word gekenmerk deur absolute spangees, pret, entoesiasme en nasionale en internasionale prestasies. ‘n Bekende tennisspeler wat PV al opgelewer het, is Nannie de Villiers, wat op internasionale vlak tennis gespeel het.
Seuns en dogters van alle ouderdomsgroepe geniet elke tennisseisoen dié sport op die skool se ses tennisbane.
PV se tennis groei ook elke jaar en tans is daar agt tennisspanne ingeskryf in die Sentraal Boland -Tennisliga.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Elke jaar gedurende Februarie word daar deelgeneem aan die tennistoernooi in Bredasdorp vir die senior spelers en die juniors neem ook in Oktober deel aan dié toernooi. PV se junior seuns vorm (per uitnodiging) deel van die Boland Landbou-toernooi in Februarie en tennisspelers neem ook deel aan die kursusse wat die EDGE Tennisakademie aanbied. Ons top juniors neem deel aan ‘n uitnodigingstoernooi by Hoërskool Stellenbosch in die vierde kwartaal.
Liga wedstryde word gespeel in die eerste en vierde kwartale. Alhoewel die tweede en derde kwartale nie tradisioneel tenniskwartale is nie, oefen ons topspelers steeds twee keer per week onder leiding van die EDGE Tennisakademie.
Tennis is dus ‘n heeljaarsport by Parel Vallei. Spelers wat ernstig is oor hul tennis sal hier by Parel Vallei dÍt kry waarna hul soek – baie tennis!
IDEALE:
Ons streef daarna om in die toekoms die sport nog meer uit te bou by Parel Vallei en kompeterend mee te ding in alle ligas.
CONTACT DETAILS:
Head of tennis: Me E van Wyk:
evanwyk@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.