Atletiek
Atletiek was nog altyd een van Parel Vallei se sterkste sportsoorte. Ons moedig ons leerders aan om almal deel te neem aan die aktiwiteit en hulle sporttalente ten volle te ontgin.
‘n Mens kan die Blue Thread van uitnemendheid raaksien in die prestasies van verskeie PV-atlete wat die WP en Boland verteenwoordig het en selfs al medaljes by SA-kampioenskappe gewen het!
Vandat Parel Vallei deel geword het van die driehoekige atletiekinterskole tussen die Hoërskool Hottentots-Holland en die Hoërskool Strand, het ons alreeds die Interskole 11 keer gewen!
Verskeie atlete van Parel Vallei het ook al medaljes verower by nasionale kampioen-skappe. Daar was onder andere: Gareth Roelf, Carissa van Beek, Megan Robertson, Giovanni Matthews, Gerhard Eckley, Georgia Channon en Lesley de Lange.
Daar word jaarliks deelgeneem aan verskeie atletiekbyeenkomste soos:
- die Interskole tussen die Hoërskool Hottentots-Holland, die Hoërskool Strand en PV.
- Sentraal-Boland, Boland, Wes-Kaap, Top-tien in Moorreesburg, Noordheuwel Top-15 in Pretoria en die Craddock Top tien-atletiekbyeenkoms.
- Ons bied elke jaar voor Interskole ‘n afrigtingskamp aan met top afrigters om ons atlete af te rig. Hulle sluit in: Kai Preller, Llewellyn Wahl, Jacques Breitenbach, Wimpie Burger, Mossie Mostert en Nico Cronje.
Ons onderneem jaarliks toere na Cradock om deel te neem aan hulle Top tien-atletiekbyeenkoms, asook na Pretoria vir die Noorheuwel Top-15 byeenkoms.
Die Parel Vallei atletiekbestuurspan streef daarna om soveel moontlik leerders te kry om deel te neem aan atletiek om hulle optimaal te laat ontwikkel. Daar word beoog om binne 5 jaar deel te neem aan die landswye Top tien-atletiekbyeenkoms – ‘n doelwit wat defnitief haalbaar is met sulke skitterende atlete soos wat net PV kan oplewer!
Hoof van atletiek:
Me Eunice Kets sport@pvallei.co.za en mnr Nic Soekoe nicsoekoe1@gmail.com
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |