125 -
		Array
(
    [0] => Array
        (
            [img] => sport_main-banner_10-19.jpg
            [url] => 
        )

)
	
School Video

Swem

Soos visse in water, só is die swemmers van PV en hulle ry al lank die golf van uitnemendheid in dié sportsoort.

GESKIEDENIS:

Me Marelise Kuhn (hoof van swem by PV) het van die beginjare van die skool aan die diepkant ingespring en die Hoërskool Strand en die Hoërskool Hottentots-Holland genader sodat PV deel kon raak van hul swem Interskole-kompetisie in die Helderberg-kom.

Tydens hierdie groot kompetisie wat by die Strand se munisipale swembad gehou is, was daar elke jaar ‘n taai stryd om die Interskole-trofee te verower, maar oor die jare het die ander skole afgeskaal wat swem betref en het die Interskole ook skipbreuk gely…

Ten spyte hiervan het Parel Vallei se swemspan steeds hard bly oefen in die Laerskool Beaumont en in die Strand se munisipale swembad.  Dié konstante deursettingsvermoë van die PV-swemspan is beloon met prestasies soos min!

Sommige van die uitstekende prestasies sluit in: Lucy Saunders wat haar Springbokkleure in Lewensredding behaal het, Ashley Oliver wat  twee keer gekies was as lid van die SA Juniorspan wat in Brasilië gaan deelneem het. Ook Christine Zwiegers, Yolandi van der Merwe, Shannon van Konynenburg, John van Zyl, Nic de Vos en Arlin Lincol het uitstaande swemprestasies gelewer en op nasionale vlak presteer.

AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:

Daar word jaarliks ‘n graad 8- gala en ‘n Interhuisgala met groot entoesiasme aangebied Die swemspan neem ook jaarliks aan al die onderskeie Bolandaflosgalas en kompetisies deel.

Nie-span swemoefeninge word 2 keer per week aangebied.

KONTAKBESONDERHEDE:

Duik sommer vandag nog in en kontak: me Marlise Kuhn!

mkuhn@pvallei.co.za

*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.

 



Tydens 'n baie belangrike strategiese sessie in 1997 het die personeel, bestuur en beheerliggaam met erns die toekoms van ons skool beplan.

Na baie sinvolle gesprek en beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ons 'n tyd van groot verandering tegemoetgaan. Ons was op die drumpel van die bekendstelling van UGO (Uitkomsgebaseerde Onderwys) en het besef dat die een konstante in die toekoms verandering sal wees!

Ons was reeds baie trots op ons akademiese uitnemendheid en het hard gewerk om sport en kultuur tot op dieselfde vlak as die akademie te bring. Rondom die tafel het ons ons visie vir die toekoms neergepen "Uitnemendheid in 'n veranderende wêreld"

Sedert daardie baie belangrike besprekings is ons oneindig trots om te kan sê dat ons werklik uitnemendheid bereik in ons immer veranderende omgewing.

Sowat 10 jaar gelede het ek en my vrou 'n verhoogproduksie bygewoon van die musiekblyspel 'Evita' wat die lewe van Evita Peron, vrou van die voormalige president van Argentinië, uitbeeld. Tydens die produksie sê Evita in 'n baie uitdagende oomblik 'Ek is trots om 'n Argentyn te wees.

Daardie tyd by die skool het ek gewonder oor maniere waarmee ek 'n trots in die skool kon ontketen. Hoewel baie van ons leerlinge oor geweldige talent beskik, het hulle dikwels ontbreek aan vertroue en was byna te bang om trots in hulself of hul skool te wys. Ek het Evita se woorde geneem en ons eie naam ingevoeg en so uitgekom by “Trots om 'n Parel Valleier te wees”. Ek het die leerders gemotiveer en aangemoedig om die konsep hul eie te maak en trots te wees in hulself en in wat hulle doen, maar sonder om arrogant te wees.

Ons het ook begin om hierdie slagspreuk te gebruik as voetnota op al ons uitgaande pos en op ons briefhoofde. Interessant genoeg, sommige van die graad 8's, wanneer hulle die vraag beantwoord in hul klein toets oor die leuse van die skool, sê dat, 'Trots om 'n Parel Valleier te wees' is die skool se leuse in plaas van die werklike leuse 'Sapientia et intellegentia. ' Mag hierdie slagspreuk lank leef in die harte en gedagtes van ons leerders en kan mag hulle altyd trots voel om 'n Parel Valleier te wees.

Ettienne Gouws
2013