Hokkie
GESKIEDENIS:
Dit is alombekend dat Parel Vallei uitstekende hokkie oplewer en dis voorwaar een van PV se sterk punte waarop ons baie trots is.
Die rede vir dié hokkiesuksesverhaal het baie te make met die konstante liefde en ywer waarmee die sport gedryf word deur me Kets en mnr Traut wat onderskeidelik al meer as 31 en 14 jaar by die skool werk. Me Kets speel self nog aktief hokkie in die Meestershokkiespan van Somerset-Wes en het ook al naam gemaak op provinsiale vlak.
Parel Vallei se sportvelde bied ook meer as genoeg geleenthede vir leerders om te presteer. In 2012 is ‘n astro-baan voltooi met die hulp van mnr Andy Mallett en die ouerhokkiekomitee. PV was ook die heel eerste skool in die Helderberg-kom wat ‘n astro-baan aan sy leerders gebied het!
Seuns- en dogtershokkie word al vanaf die skool se beginjaar aangebied en binne enkele jare het dié sport gegroei tot 26 spanne.
PV ding mee op top hokkievlak in slegs meer as 32 jaar en dis wondelik om te weet dat PV-hokkie net kan voortbou op só ‘n soliede basis. Dié sukses van PV-hokkie kan ook toegeskryf word aan die ondersteuning en hulp van mnr Martin Schouten en mnr Jarred Pitout (wat albei SAHA vlak-2 afrigters is).
Verskeie spelers het al nasionale kleure verwerf in hokkie:
Robynne Jacobs (0.16, 0.18)
Megan Robertson (0.18 en 0.21)
Louise Wentzel (0.18)
Salome Engelbrecht (0.18)
Tatum George (0.16)
Trudy Lambrechts (0.16)
Samantha Sandham (0.18)
Pippa Rabey (0.18, 0.21 en senior)
Jade Mayne (0.16, 0.18, 0.21 en senior)
Alegra Dijkstra (0.18 en 0.21)
Chris Hawkridge (0.18 en 0.21)
Rebecca Kaps (0.16 en 0.18)
Rachel Kaps (0.18)
Josefine Hjalmner (0.16)
Jade Southon (0.16)
Caitlin Odendaal (0.18)
Patricia Potgieter (0.17)
Kyle Kirstein (0.16)
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Elke jaar word ‘n 0.13- en 0.14-hokkiekamp vir dogters gehou. Ses spanne word genooi en hulle ontvang topafrigting oor vier dae. Spelers geniet die hokkiekamp geweldig baie en dis elke jaar ‘n hoogtepunt op die hokkiekalender.
PV se 0.19-hokkiespelers ploeg ook terug in die gemeenskap en verskeie klinieke word ook jaarliks aangebied vir laerskoolleerders, soos byvoorbeeld die afrigtingskliniek wat by Laerskool Beaumont aangebied word.
Daar word ook elke jaar ‘n skeidsregterskursus by die skool aangebied vir afrigters en spelers.
Gedurende die 4de en 1ste kwartale van die jaar vind “high performance”-afrigting plaas vir al ons hokkiespelers. Die graad 7-leerders wat ingeskryf is by PV vir die volgende jaar word ook genooi om hierdie sessies by te woon.
In die afseisoen word ‘n “8-aan-‘n-kant”-toernooi aangebied vir alle leerders van die skool en binnemuurse hokkie word ook geniet deur spelers.
IDEALE:
Ons streef daarna om onder die Top-10 skole in die land te wees met ons dogter en seunspanne.
Ons beoog om voortdurend aan ons hokkiespelers die beste hokkieblootstelling te gee, sodat spelers tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel om sodoende te kan kompeteer op topvlak en hulle individuele sowel as spandoelwitte te bereik.
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoof van dogtershokkie: Mnr Jarred Pitout
sport@pvallei.co.za
Hoof van seunshokkie: Mnr Michael van Rensburg
mvanrensburg@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.