RUGBY
GESKIEDENIS:
Rugby is by PV gespeel al van die skool se beginjare af en het elke jaar stadig gegroei …
In 2014 word ‘n bestuursbesluit geneem om meer op rugby te fokus en om dit op dieselfde vlak as al die ander aktiwiteite in die skool te bring. Die eerste stap was om die regte persoon aan te stel om hierdie nuwe droom te verwesenlik en so het die soektog begin…
Dit was toe mnr Thinus Pienaar by die skool aankom dat ‘n rugbypassie gevoel kon word en binne ‘n paar weke word hy aangestel as die nuwe hoof van rugby vanaf November 2014.
Eerstens het hy ‘n ten volle funksionele rugby- organisasiestruktuur en -basis geïplementeer wat aansluit by die skool se missie, deur ‘n gebalanseerde opvoeding wat deur goeie vertonings en ‘n uitslag-aangedrewe sportprogram bereik word. Parel Vallei Rugby streef daarna om individuele talent te voed en te ontwikkel in ‘n arena wat spanwerk, sportmanskap, respek, dissipline en nederigheid bevorder.
SLEUTELDOELWITTE
• Na-seisoen oefenprogramme
• Voor-seisoen krag- en-kondisioneringsfase.
• Ouerkomitee vir rugby gekies en aan die werk.
• Daar is met alle afrigters onderhoude gevoer en hulle is op meriete gekies voordat hulle by spanne geplaas is.
• Daar word gereeld ervare plaaslike en internasionale gasafrigters genooi om hul rugbykennis te kom deel.
• Voor-seisoen motiveringsessies.
• Spanboukampe vir spelers en hul pa’s.
• Die koőrdinering van afrigterskwalifikasies en die fasilitering van afrigtingskursusse.
• Groot kontantborgskappe vir nuwe rugbytoerusting vir almal.
• Gereelde rugbykomitee, -afrigter en individuele spelervergaderings.
• Die vennootskap met ‘n rugby-analise sagtewaremaatskappy vir akkurate statistieke om ons wedstrydplan te verbeter.
• ‘n Intense bemarkingsveldtog gemik op die verwing van laerskoolspelers.
• Die vestiging van ‘n nuwe rugby-ingesteldheid en -benadering in die skool om ‘n PV Rugby-eenheid te vorm.
• En laaste, maar nie die minste nie: absolute vertroue, geloof en harde werk!
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Die bekendstellingsbraai:
Voordat die seisoen afgeskop het, het al die spelers, afrigters en ouers ‘n vleisbraaiery gehou waar doelwitte vir die komende jaar gestel is, om te sosialiseer en net lekker pret saam te hê.
Die hoogtepunt van die jaar : die kamp vir spelers en hul pa’s in Maart!
Investec Rugby Academy High Performance spelerskursus in Junie / Desember.
Sewes Rugby-seisoen
Toernooie vir die jaar:
Boland Landbou Rugby-dag
KWAGGA Week
SCST o/19 Rugby-week
Arthur Johnson Rugby-week
WBHS Rugby-fees
IDEALE:
Ons strewe daarna om ons rugbyspelers te leer om te alle tye ambassadeurs op en langs die veld te wees!
Daar is uitgebreide toekomsbeplanning en voorbereiding agter die skerms aan die gang om te verseker dat ons ons langtermyndoelwitte en aspirasies bereik.
Mnr Pienaar: “As daar ooit ‘n tyd was wat ek oortuig was dat ons eendag – binnekort - op die land se Top 20-ranglys kan verskyn, dan is dit nou!”
‘n Groot dankie van die hoof van rugby:
Ons wil graag elke ouer van elke seun bedank wat deelneem aan PV Rugby. Die toestemming wat u verleen het en u vertroue om u seun te ontwikkel word hoog op prys gestel en onderskryf die bloudruk van hierdie program.
Aan ons toegewyde rugbyouerkomitee die grootste dank van almal. Die getroue ondersteuning van die komitee en die organisasie van verskeie suksesvolle sosiale funksies deur die rugbyma’s en -pa’s is wat uiteindelik die omvang van toekomstige suksesse sal bepaal.
Bly glo in die toekoms van PV Rugby en hou aan om u seun se rugbyreis te ondersteun.
Die aandag, omgee en liefde sal, met tyd, in ons uitslae reflekteer. Ondersteun ons visie en missie. Laat ons altyd onthou dat die wedstryd groter is as enigeen van ons: speler, ouer of afrigter.
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoof van Rugby:
Mnr. Christie Fourie
cfourie@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.