Fietsry
GESKIEDENIS
Die speke is al vanaf 2009 aan die sing by Parel Vallei. Die span het begin deurdat een van PV se gewese juffrouens, Hanri Dalton slegs ‘n handjievol leerders die bergfietsroetes in die Helderberg-omgewing gaan wys het. Van daardie dag af het fietsry as ‘n sport in PV behoorlik vlam gevat en vandag is daar meer as 80 leerders wat op provinsiale vlak deelneem aan bergfietswedrenne. Baie leerders het selfs ook al op nasionale vlak deelgeneem en uitsonderlik gepresteer!
Fokus word veral op bergfietsry geplaas omdat dit ‘n goeie kombinasie van fiksheid en vaardighede benodig om daarin te presteer.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR
‘n Hoogtepunt op die PV-fietsrykalender is die Spur Skoleliga. Dit bestaan uit 4 byeenkomste en ‘n finaal in Magaliesberg vir die top provinsiale skole. Die formaat is rondtegebaseer en fiksheid en tegniese vaardighede is van kardinale belang.
Parel Vallei word ook sterk verteenwoordig by die WP XCO-reeks.
Ander gewilde fietsrygeleenthede waaraan ons deelneem, is onder andere:
· Cape Cycle Tour MTB Challenge
· Nissan Trailseeker Series
· 24 Hours of Oak Valley
· Burger MTB Classic
· TruCape MTB Challenge
· AppleBlossom
· Spur MTB Classic
IDEALE:
Ons streef daarna om ‘n liefde vir fietsry en fiksheid by die leerders te skep en ons mik jaarliks daarna om gekies te word om deel te neem aan die Nasionale Spur Ligabyeenkoms. Dis ‘n groot eer!
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoof van fietsry: mnr Francois du Toit en me Sarah-Lee Allers
fdutoit@pvallei.co.za / sallers@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.