Skaak
Die geskiedenis van PV-skaak gaan al meer as 31 jaar terug. Stukkie vir stukkie het die sport gegroei en tans het ons drie spanne wat in die ligas ingeskryf is; ook heelwat sosiale spelers geniet die antieke sport. Ons is trots daarop dat ons gereeld so goed doen in ligawedstryde, sodat ons genooi is om deel te neem aan topskooltoernooie.
By PV glo ons in die voordele van dié sport en motiveer spelers om skaak te speel, al is dit sosiaal, want skaak verbeter konsentrasie en geheue, versterk lees en wiskundige vaardighede, kweek logiese en kritiese denke en harde werk.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
- die PV-skaakspanne oefen elke Woensdag van 14:30 – 16:00
- ligawedstryde word op Vrydagmiddae in die winter-kwartale gespeel
- spelers word aangemoedig om deel te neem aan ope toernooie wat op die volgende webtuistes geadverteer word: http://wcschess.co.za/ and www.chessa.co.za/
- ons bied gereeld afrigtingsklinieke aan en alle spanspelers kry die kans om deel te neem aan ope WP-proewe wat jaarliks gedurende Februarie plaasvind.
IDEALE:
Ons streef voortdurend daarna om puik afrigting aan al ons skaakspelers te verskaf sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Ons streef daarna om aan alle spanne maksimum blootstelling aan wedstryde te gee en sportmanskap aan te leer - of daar gewen of verloor word.
KONTAKBESONDERHEDE:
Kontakbesonderhede: Mr. Wernhard van Rooyen - wvanrooyen@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.