Klubs

Die gemeenskapsportefeulje is verantwoordelik vir en in beheer van alle klubs beskikbaar by Parel Vallei Hoërskool. Ons is die skakel tussen studente en personeel. Ons doel is om nuwe geleenthede te skep en die leerders die kans te gee om hul opinies en idees na vore te bring, terwyl ons die gemeenskap en sy welsyn verbeter.

INTERACT

Ons werk as die junior deel van die Sunshine Rotaryklub en samel fondse in vir nie-regeringsorganisasies wat mense en diere in nood bystaan. Ons werk ook persoonlik met hierdie mense en diere!

(Me La Grange: llagrange@pvallei.co.za)

NOODHULP

Leerders wat noodhulpopleiding ontvang het (vlak 1, 2 of 3) onder die leiding van me Kruger en me Marais. Leerders doen noodhulpdiens by georganiseerde sportgeleenthede by die skool. ‘n Diensrooster word gedurende die week opgestel. Noodhelpers staan tydens die sportgeleenthede langs die veld en help leerders wat beserings opdoen. Indien ‘n leerder gedurende skooltyd ‘n besering opdoen, kan een van die leerders ook bystand verleen.

(Me Marais: rmais@pvallei.co.za)

GIG

Ons versprei God se woord en liefde aan medeleerlinge in ons skool. Ons dien die mense in ons skool en God deurdat ons weet Hy het ‘n doel vir ons en deur te gló vervul ons Sy groter plan.

(Me Dednam: 
jdednam@pvallei.co.za)

EKO KLUB

Ons probeer omgewingsbewustheid onder ons leerders ontwikkel.

(Me de Clercq: sdeclercq@pvallei.co.za)

ATKV

Die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) het 307 takke landwyd, waarvan 89 jeugtakke is. Die doel van die ATKV-jeugtakke is om aan sy lede die geleentheid te bied om in Afrikaans hul omgewing te beleef.

(Me Madsen-Leibold:
mmadsen-leibold@pvallei.co.za)

BLUE THREAD

Hierdie tydskrif vier dit wat Parel Vallei het om te bied. Dit hou rekord van die trotse aktiwiteite van hierdie skool en vorm ook deel van Parel Vallei se trots.

(Me Isaacs: cmisaacs@pvallei.co.za)

CRAFTS-KLUB

Die Crafts-klub is ‘n plek om handwerkvaardighede te deel, ander vaardighede aan te leer en nuwe mense te ontmoet, wat vriende word. Ons projekte is tot voordeel van die skool en die wyer gemeenskap.

(Me Schmidt:
aschmidt@pvallei.co.za)

ROBOTIKA-KLUB

Die Robotika-klub is vir jou as jy tegnologie wil verken. Daar is ‘n verskeidenheid projekte wat jy kan ervaar en dit bied ‘n geleentheid vir jou om jou kreatiewe idees rondom tegnologie uit te leef.

(Mnr van Rooyen: wvanrooyen@pvallei.co.za)

BELEGGERS-KLUB

Die Beleggers-klub is ‘n klub, waar soortgelyke leerders saamkom met die hoofdoel om die grondbeginsels van finansies, sakebestuur en beleggings te leer. Hierdie klub berei leerders voor om gereed en verantwoordelike beleggings besluite te maak na die voltooiing van hoërskool .

(Me Lewis: tlewis@pvallei.co.za)

 

PRESIDENT’S AWARD

Parel Vallei is trots om deel te wees van The President’s Award om die jeug te bemagtig. Die gesogte toekenning vorm deel van die Hertog van Edinburgh se Internasionale Toekenning. Meer as 140 lande wêreldwyd neem deel aan die program en word daarom internationaal herken.

(Me Ellis: pellis@pvallei.co.za)

Blue Thread

History:
PV’s first ever online magazine hit the digital stand in September 2010, then known as Ultimate PV.

Recently the project has been resurrected. The magazine underwent a name change and is known today as Blue Thread. Along with the name change, the magazine now boasts a new sleek look, proudly reflecting a school like Parel Vallei.

As the name states, it resembles the blue thread that is woven through each facet of our school and binds all pupils, past pupils, staff and parents. The first issue of this refurbished magazine was published in 2015 and since then a new issue is released once a term.

Who takes part?
A few student editors keep the magazine going with the help of teachers and the approval of the principal. Any student who feels enthusiastic about writing, editing, designing and/or photography is encouraged to contribute to this project.

What do we do at Blue Thread magazine?
Blue Thread is a celebration of the very best Parel Vallei has to offer – covering each dimension of the school. It is a record of pride experienced at PV. 

Activities throughout the year:
The main objective of this magazine is to cover all aspects of the school: sport, culture, academics and other extra-mural achievements as well as the social plane. The magazine provides the readers with up-to-date articles on health, lifestyle, leisure and trends, keeping them in the loop with the latest events.

Ideals:
The Blue Thread strives to develop the skills of student editors, writers, photographers and designers in showcasing the school’s current pupils, staff, as well as the old dogs’ greatest achievements.

Attendance policy:
There will be a strict attendance policy, which is strongly monitored. Full attendance will be expected from all team members.  

Contact details:
Mrs. C. Isaacs: cmisaacs@pvallei.co.za

Dié toekenning is gerig op alle 14 tot 25 jariges en word beskou as die wêreld se voorste jeugprestasietoekenning. Dit rus jong mense vir die lewe toe, ongeag hul agtergrond, kultuur, fisieke vermoëns, vaardighede en belangstellings. Die doel van die toekenning is ‘n persoonlike uitdaging en nie ‘n kompetisie teen ander nie. Die doel van The President’s Award is om jong mense te bemagtig, deur ‘n gebalanseerde, nie-mededingende raamwerk vir selfontwikkeling te bied. Die program verhoog leerders se selfbeeld sodat hulle verantwoordelike aktiewe burgers binne hul gemeenskappe kan word.

AANSOEKPROSEDURE
GRAAD 8 (2026)-AANSOEKE

Aansoeke vir Graad 8 2026 open op Dinsdag, 11 Maart 2025.

APPLICATION PROCEDURE
GRADE 8 (2026) APPLICATIONS

Applications for Grade 8 2026 opens on Tuesday, 11 March 2025.