Alumni (PVU)

OOR ONS

Na baie jare van navorsing en beplanning is die Parel Vallei Oudleerders organisasie amptelik in 2014 gestig. 

Die doel van die PVU  is om ‘n verenigde platform te bied waar ons almal ‘n gemeenskaplike band van ondersteuning vir ons geliefde PV kan deel!

Om ‘n lid van die PVU-familie te wees kom ook met ‘n oorweldigende gevoel van trots vir ons geliefde alma mater. Ons streef daarna om nuwe en herleefde geleenthede aan julle te bring wat julle toelaat om jul trots vir die skool uit te druk en te laat groei. 

Die tema van die ‘Blue Thread’ het ‘n kenmerk van Parel Vallei geword en verbind alle aspekte van ons pragtige skool. Van akademie, sport, leierskap, kultuur en sosiaal tot die verskillende en diverse klubs wat ons skool bied.

Kom ons hou die ‘Blue Thread’ aan die gang en aan die groei deur vandag jou besonderhede op te dateer en deel te word van die PVU!

Saam kan ons ‘n blywende nalatenskap skep wat die skool en sy gemeenskap dien op ‘n manier waarop ons trots kan wees.

VOEG JOU BESONDERHEDE:

WORD ‘N LID:

VOLG ONS:

AANSOEKPROSEDURE
GRAAD 8 (2026)-AANSOEKE

Aansoeke vir Graad 8 2026 open op Dinsdag, 11 Maart 2025.

APPLICATION PROCEDURE
GRADE 8 (2026) APPLICATIONS

Applications for Grade 8 2026 opens on Tuesday, 11 March 2025.