By Parel Vallei het ons uitstekende fasiliteite opgebou vir die verskillende sportsoorte wat ons aanbied. Leerders word aangemoedig om aan ten minste een somer- en een wintersport deel te neem. Interaksie met hul spanmaats en teenstanders stel hulle in staat om fisies sowel as sosiaal te ontwikkel. Ons glo ook dat hulle deur middel van sport hul sterk punte kan identifiseer en dit tot voordeel van die span waarin hulle speel, kan gebruik. Die beroepswêreld benodig jong mense wat in staat is om in te skakel in spanne en tot ‘n gemeenskaplike doel kan werk. Ons glo sportdeelname kan dit bevorder.
Stukkie vir stukkie het die sport gegroei en tans het ons drie spanne wat in die ligas ingeskryf is; ook heelwat sosiale spelers geniet die antieke sport.
Die skool se krieketgeskiedenis begin in Januarie 1987 met een verteenwoordigende span in die WP-Skoleliga en Fanie Janse van Rensburg as afrigterspionier. Nou, bestaan die program al uit ses spanne.
Die speke is al vanaf 2009 aan die sing by Parel Vallei. Die span het begin deurdat een van PV se gewese juffrouens, Hanri Dalton slegs ‘n handjievol leerders die bergfietsroetes in die Helderberg-omgewing gaan wys het.
PV gholf slaan af in 2001 en word van die begin erken as ‘n volwaardige skoolsport. Talle provinsiale spelers is al opgelewer en die skool beloon gholfpresteerders met die toekenning van kleure en erekleure. PV geniet die volle ondersteuning van die Somerset-Wes gemeenskap en dit is ‘n groot voorreg vir ons spelers om hierdie sportsoort gratis te mag beoefen by die Somerset-Wes gholfbaan.
By Parel Vallei Hoërskool is dit ons missie om mededingende, vaardige en toegewyde spelers te ontwikkel met ‘n werklike passie vir die spel.
Netbal word vanaf die skool se bestaan aangebied en het oor die jare sterk gegroei. Ons het tans meer as 180 dogters wat aan dié sport deelneem.
Rugby is by PV gespeel al van die skool se beginjare af en het elke jaar stadig gegroei. Parel Vallei Rugby streef daarna om individuele talent te voed en te ontwikkel in ‘n arena wat spanwerk, sportmanskap, respek, dissipline en nederigheid bevorder.
Muurbal by Parel Vallei het in die negentigerjare onder leiding van mev Judy Cawood begin, daar was aanvanklik net seunspanne. Mevrou Sue van der Merwe het kort daarna die dogters begin afrig.
Me Marelise Kuhn (hoof van swem by PV) het van die beginjare van die skool aan die diepkant ingespring en die Hoërskool Strand en die Hoërskool Hottentots-Holland genader sodat PV deel kon raak van hul swem Interskole-kompetisie in die Helderberg-kom.
Parel Vallei het die afgelope tyd uitstekende uitslae gelewer op die tennisbaan en Parel Valleiers het rede om opgewonde te wees oor tennis by die skool. PV se tennis word gekenmerk deur absolute spangees, pret, entoesiasme en nasionale en internasionale prestasies.
Parel Vallei High School
© 2023 Parel Vallei
LOCATION
CONTACT
FOLLOW US
Atletiek
Mens kan die PV Blue Thread van uitnemendheid raaksien in die prestasies van verskeie atlete wat reeds vir WP en Boland uitgedraf het, en selfs medaljes by die SA-kampioenskappe gewen het.
Sedert Parel Vallei deel geword het van die driehoekige interhoër atletiekbyeenkoms teen Hoërskool Hottentots-Holland en Hoërskool Strand, het ons al twalf keer as wenners uit die stryd getree!
Verskeie atlete het ook medaljes by nasionale kampioenskappe verower. Onder hulle tel: Selmarie Erasmus, Tihanna le Roux, Tomily Haupt, Stephan Malan, Annalene Burger, Keira Downing en Hosea Trollip.
Ons neem jaarliks aan verskeie atletiekbyeenkomste deel, waaronder:
• Die interhoër tussen Hoërskool Hottentots-Holland, Hoërskool Strand en Parel Vallei Hoërskool.
• Sentraal-Boland, Boland, Wes-Kaap, Top Tien in Moorreesburg, die Noordheuwel Top 15-byeenkoms in Pretoria, en die Kwagga Top Tien-byeenkoms.
(Die Kwagga- en Pretoria-byeenkomste vorm deel van die jaarlikse atletiektoere wat ons onderneem).
• ’n Oefenkamp met topafrigters word elke jaar voor die interhoër gehou.
Die Parel Vallei atletiekbestuurspan poog om soveel leerders moontlik by atletiek betrokke te kry, sodat elkeen optimaal kan ontwikkel. Ons visie is om binne die volgende vyf jaar aan die landswye Top Tien-byeenkoms deel te neem — ’n doelwit wat ons glo haalbaar is met die briljante atlete wat PV oplewer.
Hoof van Atletiek
Mnr. Nic Soekoe
nicsoekoe1@gmail.com / sport@pvallei.co.za
Raadpleeg asseblief ons skool se Communicator vir daaglikse opdaterings oor uitslae en datums.
Ons is trots daarop dat ons gereeld so goed doen in ligawedstryde, sodat ons genooi is om deel te neem aan topskooltoernooie.
By PV glo ons in die voordele van dié sport en motiveer spelers om skaak te speel, al is dit sosiaal, want skaak verbeter konsentrasie en geheue, versterk lees en wiskundige vaardighede, kweek logiese en kritiese denke en harde werk.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
IDEALE:
Ons streef voortdurend daarna om puik afrigting aan al ons skaakspelers te verskaf sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Ons streef daarna om aan alle spanne maksimum blootstelling aan wedstryde te gee en sportmanskap aan te leer – of daar gewen of verloor word.
KONTAKBESONDERHEDE:
Kontakbesonderhede: Mr. Wernhard van Rooyen – wvanrooyen@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
ONS KRIEKET BESTAAN UIT DIE VOLGENDE SPANNE WAT DEELNEEM IN DIE ONDERSKEIE LIGAS SOOS AANGEDUI:
VERDERE AKTIWITEITE DEUR DIE JAAR IS:
• T.20-weekdag en voldag Saterdagkrieketliga
• Vakansiekrieket en spesialisafrigtings-klinieke
• Ashes-krieketderby (driedagwedstryd teen Somerset College)
• O/14-kriekettoernooi van die Hoërskool Worcester Gimnasium
• KFC Punt o/19-Krieketfees gedurende September 2016 waaraan ons eerste krieketspan deelneem
KONTAKBESONDERHEDE:
Mnr Wihan Rochér:
wrocher@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
Van daardie dag af het fietsry as ‘n sport in PV behoorlik vlam gevat en vandag is daar meer as 80 leerders wat op provinsiale vlak deelneem aan bergfietswedrenne. Baie leerders het selfs ook al op nasionale vlak deelgeneem en uitsonderlik gepresteer!
Fokus word veral op bergfietsry geplaas omdat dit ‘n goeie kombinasie van fiksheid en vaardighede benodig om daarin te presteer.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR
‘n Hoogtepunt op die PV-fietsrykalender is die Spur Skoleliga. Dit bestaan uit 4 byeenkomste en ‘n finaal in Magaliesberg vir die top provinsiale skole. Die formaat is rondtegebaseer en fiksheid en tegniese vaardighede is van kardinale belang.
Parel Vallei word ook sterk verteenwoordig by die WP XCO-reeks.
Ander gewilde fietsrygeleenthede waaraan ons deelneem, is onder andere:
· Cape Cycle Tour MTB Challenge
· Nissan Trailseeker Series
· 24 Hours of Oak Valley
· Burger MTB Classic
· TruCape MTB Challenge
· AppleBlossom
· Spur MTB Classic
IDEALE:
Ons streef daarna om ‘n liefde vir fietsry en fiksheid by die leerders te skep en ons mik jaarliks daarna om gekies te word om deel te neem aan die Nasionale Spur Ligabyeenkoms. Dis ‘n groot eer!
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoof van fietsry: J Vermooten
jvermooten@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
Maandae oefen die Parel Valleiers gewoonlik saam en al ons tuiswedstryde word op hierdie baan gespeel. Spelers wat nie by wedstryde betrokke is nie kan dan ook oefenrondtes speel en saam hulle vaardighede verbeter. Vanjaar was daar weer groot belangstelling in dié sportsoort onder ons nuwe graad 8’s en hulle entoesiasme is aansteeklik! Met die ondersteuning van die seniors aan die graad 8 spelers kan die vooruitsigte van dié sport net rooskleurig wees!
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Parel Vallei neem deel aan die Bolandskoleliga. Ons twee spanne ding onderskeidelik in die A- en B-ligas mee teen die beste spelers in die provinsie. Ons is ook bevoorreg om op van die beste bane in die Paarl-, Stellenbosch- en Wellington-omgewing te speel. Parel Vallei ding ook jaarliks mee in die Boland- skolekompetisie. (PV se top 4 gholfspelers speel in hierdie toernooi). Afgesien van ligawedstryde en skolekompetisies is daar gereelde afrigtingsgeleenthede wat aangebied word. Spelers kry geleentheid om professionele afrigting te ontvang en op hoë vlak mededingende gholf te speel. PV se afrigtingsfilosofie word gebaseer op die ontwikkeling van elke speler se unieke styl en sterk punte en spelers word geleer om hulself, sowel as hul spel op die gholfbaan te bestuur. Aandag word gegee aan tegniek, vaardigheidsvlakke en oefenprogramme. Ontwikkeling en inoefening van kort- en langspelvaardighede word ook aangespreek asook algemene gholfkondisionering.
IDEALE:
Ons glo aan kompeterende deelname en streef daarna om aan elke belangstellende speler die geleenthede te bied om te ontwikkel deur die nodige fasiliteite en afrigtingsgeleenthede daar te stel. Ons beoog om ons junior spelers in so ‘n mate te ontwikkel dat ons in die toekoms steeds op die hoogste vlak sal kan kompeteer en spelers van gehalte sal oplewer.
KONTAKBESONDERHEDE:
Vir ‘n PV gholfervaring, kontak mnr David Karlsen: dkarlsen@pvallei.co.za
sport@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
DOGTERSHOKKIE
Ons 1ste dogtershokkiespan neem jaarliks deel aan ‘n aantal gesogte feeste en toernooie, insluitend die Greg Belling-fees in Oos-Londen, die St Mary’s Kloof-toernooi, en die Kaapstad Internasionale Toernooi.
Hoewel ons uiters trots is op ons 1ste span se deelname aan hierdie hoëvlakgeleenthede, is dit belangrik om te beklemtoon dat Parel Vallei by talle feeste en toernooie oor alle ouderdomsgroepe heen betrokke is. Hierdie geleenthede bied ons spelers waardevolle ervaring en lewensvaardighede wat hulle deur hul hele hokkieloopbaan by Parel Vallei baat.
Die Parel Vallei dogtershokkieprogram het al talle provinsiale en nasionale spelers opgelewer. Ons is trots daarop om te sien hoe die aantal verteenwoordigers in provinsiale en nasionale strukture jaar na jaar toeneem.
Die hoof van Parel Vallei dogtershokkie en afrigter van ons 1ste span, Wayne Coetzee, is ’n geakkrediteerde FIH Vlak 3-afrigter en dien tans as keurder vir die Suid-Afrikaanse O/16 Nasionale Seunspan.
Afirigter Elrich Jacobs, wat ons O/16A-span afrig, verteenwoordig ook die Maties Mans 1ste span.
Susters, Isabella Booyens en Cassidy Booyens is onderskeidelik betrokke by die O/16B- en O/14B-spanne, en verteenwoordig albei die Somerset-Wes Vroue 1ste span.
Elke jaar bied ons met trots die Parel Vallei O/13 en O/14 dogtershokkiekamp aan. Met spanne van 8 tot 10 verskillende skole wat die kamp bywoon, sluit dit intensiewe afrigting- en oefensessies, wedstrydspel en persoonlike terugvoer van ervare afrigters in. Dit bied waardevolle voorbereiding en ontwikkeling voor die seisoen aan alle deelnemers. Ons sien daarna uit om die volgende kamp op ons astro in die nuwe jaar aan te bied.
Of jy nou ’n voornemende speler, ’n passievolle ondersteuner, of bloot nuuskierig is oor wat ons hokkieprogram so besonders maak — nooi ons jou uit om deel te word van Parel Vallei se dogtershokkieprogram.
KONTAKBESONDERHEDE
Hoof van dogtershokkie: W. Coetzee: wcoetzee@pvallei.co.za
Parel Vallei Seuns-hokkie – ’n Program Gebou vir Almal.
In die hart van Parel Vallei se hokkiekultuur lê inklusiwiteit saam met uitnemendheid: 14 spanne strek oor die volle spektrum, van die koestering van jong talent deur genot-gefokusde spanne tot hoëprestasie-eenhede wat mededingende ambisie dryf. Hierdie diversiteit verseker dat elke leerder hul plek vind om te groei, deel te neem, te geniet en te floreer.
Onlangse Prestasies
Ons program lewer konsekwent topvlak talent:
Nasionale Ranglys & Prestasies
Hierdie ranglyste weerspieël die volgehoue mededingendheid van ons top spanne op nasionale vlak.
Premier Toernooie en Blootstelling
Ons A- en B-spanne neem deurlopend deel aan gesogte en hoogs mededingende geleenthede:
Wedstryde
Ons jaarlikse wedstryde sluit in: SACS, Paul Roos, Bishops, Rondebosch, Wynberg, Paarl Gimnasium, Paarl Boys, Somerset College, en ons jaarlikse Interskole teen Pearson Hoërskool van Port Elizabeth.
Afrigtersspan
Michael van Rensburg, ons Direkteur van Seuns-hokkie:
Reëls & Tegniese Program
Ondersteuning & Hoëprestasieprogram
Ons Hoëprestasie-raamwerk kombineer verskeie professionele ondersteuning:
Uitstaande Fasiliteite
Ons Holistiese Filosofie
Bo en behalwe tegniek en taktiek, is ons program geanker in menslike ontwikkeling:
“Ons seuns-hokkieprogram is nie net ’n hokkieprogram nie; dit is ’n holistiese program waar ons seuns omskep in mans van integriteit, karakter en goeie burgers en leiers in die algemeen.”
Kontakbesonderhede
Hoof van Seuns-hokkie:
Michael van Rensburg
mvanrensburg@pvallei.co.za
In die beginjare het ons slegs op 3 bane geoefen, maar tans het ons 6 netbalbane waarvan 1 ‘n binnenshuisebaan is. Met die goed toegeruste terrein wat genoeg oefentyd op die bane moontlik maak, word ons netbalspeelsters in staat gestel om lekker saam te oefen en fiks te bly.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR
Spanboukamp:
Daar word elke jaar ‘n Netbal-spanboukamp/ oorslaap vir alle spanne op die skoolterrein gehou om gees te bou vir die volgende seisoen.
Toer:
‘n Toer met ons eerstespan is ook deel van elke jaar se aktiwiteite om die komende seisoen ‘n lekker hupstoot te gee.
Ons bied ook ‘n skeidsregters-kursus aan om die speelsters meer bewus te maak van die bestaande reëls en hulle op hoogte te bring van nuwe reëls.
Elite oefengroep:
Aan die einde van die seisoen word daar ‘n elite junior- en senior-afseisoenoefengroep gekies wat dwarsdeur die jaar oefen.
Lenteliga:
Netbalspeelsters kan ook in die afseisoen deelneem aan die Lenteliga, waar alle leerders van die skool die geleentheid gebied word om hulle vaardighede op te skerp en ‘n konstante fiksheidsvlak te handhaaf.
IDEALE
Ons streef daarna om alle spanne so veel as moontlik blootstelling te gee aan wedstryde en om te alle tye goeie sportmangees te handhaaf, of ons nou wen of verloor. Ons ingesteldheid is dat elke senterafgooi met ‘n 0 elk telling begin en dat ons na elke afgooi hard sal speel ongeag die telling. Belangriker as alle doele wat ons aanteken, is om elke netbaldogter die geleentheid te bied om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan bereik en met trots tot voordeel van haarself, haar span en haar skool kan presteer. Mag ons PV-dogters nog vele doele aanteken op en selfs van die netbalbaan af en elke oomblik geniet terwyl hulle daarna streef om hulself altyd te verbeter!
KONTAKBESONDERHEDE
Hoof van netbal:
A. Duvenhage
aduvenhage@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
SLEUTELDOELWITTE
• Na-seisoen oefenprogramme
• Voor-seisoen krag- en-kondisioneringsfase.
• Ouerkomitee vir rugby gekies en aan die werk.
• Daar is met alle afrigters onderhoude gevoer en hulle is op meriete gekies voordat hulle by spanne geplaas is.
• Daar word gereeld ervare plaaslike en internasionale gasafrigters genooi om hul rugbykennis te kom deel.
• Voor-seisoen motiveringsessies.
• Spanboukampe vir spelers en hul pa’s.
• Die koőrdinering van afrigterskwalifikasies en die fasilitering van afrigtingskursusse.
• Groot kontantborgskappe vir nuwe rugbytoerusting vir almal.
• Gereelde rugbykomitee, -afrigter en individuele spelervergaderings.
• Die vennootskap met ‘n rugby-analise sagtewaremaatskappy vir akkurate statistieke om ons wedstrydplan te verbeter.
• ‘n Intense bemarkingsveldtog gemik op die verwing van laerskoolspelers.
• Die vestiging van ‘n nuwe rugby-ingesteldheid en -benadering in die skool om ‘n PV Rugby-eenheid te vorm.
• En laaste, maar nie die minste nie: absolute vertroue, geloof en harde werk!
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Die bekendstellingsbraai:
Voordat die seisoen afgeskop het, het al die spelers, afrigters en ouers ‘n vleisbraaiery gehou waar doelwitte vir die komende jaar gestel is, om te sosialiseer en net lekker pret saam te hê.
Die hoogtepunt van die jaar : die kamp vir spelers en hul pa’s in Maart!
Investec Rugby Academy High Performance spelerskursus in Junie / Desember.
Sewes Rugby-seisoen
Toernooie vir die jaar:
Boland Landbou Rugby-dag
KWAGGA Week
SCST o/19 Rugby-week
Arthur Johnson Rugby-week
WBHS Rugby-fees
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoof van Rugby:
A. Burger:
aburger@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
Tans is meneer Richard Castle (voormalige SA-muurbalspan afrigter) nou betrokke by die afrigting van ons eerstespanne. Die sport het vinnig gegroei en tans is daar meer as tien spanne.
Kontakbesonderhede:
A. Möller :
amoller@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
Tydens hierdie groot kompetisie wat by die Strand se munisipale swembad gehou is, was daar elke jaar ‘n taai stryd om die Interskole-trofee te verower, maar oor die jare het die ander skole afgeskaal wat swem betref en het die Interskole ook skipbreuk gely…
Ten spyte hiervan het Parel Vallei se swemspan steeds hard bly oefen in die Laerskool Beaumont en in die Strand se munisipale swembad. Dié konstante deursettingsvermoë van die PV-swemspan is beloon met prestasies soos min!
Sommige van die uitstekende prestasies sluit in: Lucy Saunders wat haar Springbokkleure in Lewensredding behaal het, Ashley Oliver wat twee keer gekies was as lid van die SA Juniorspan wat in Brasilië gaan deelneem het. Ook Christine Zwiegers, Yolandi van der Merwe, Shannon van Konynenburg, John van Zyl, Nic de Vos en Arlin Lincol het uitstaande swemprestasies gelewer en op nasionale vlak presteer.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Daar word jaarliks ‘n graad 8- gala en ‘n Interhuisgala met groot entoesiasme aangebied Die swemspan neem ook jaarliks aan al die onderskeie Bolandaflosgalas en kompetisies deel.
Nie-span swemoefeninge word 2 keer per week aangebied.
KONTAKBESONDERHEDE:
Duik sommer vandag nog in en kontak: me M Kuhn; mkuhn@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
‘n Bekende tennisspeler wat PV al opgelewer het, is Nannie de Villiers, wat op internasionale vlak tennis gespeel het.
Seuns en dogters van alle ouderdomsgroepe geniet elke tennisseisoen dié sport op die skool se ses tennisbane.
PV se tennis groei ook elke jaar en tans is daar agt tennisspanne ingeskryf in die Sentraal Boland -Tennisliga.
AKTIWITEITE GEDURENDE DIE JAAR:
Elke jaar gedurende Februarie word daar deelgeneem aan die tennistoernooi in Bredasdorp vir die senior spelers en die juniors neem ook in Oktober deel aan dié toernooi. PV se junior seuns vorm (per uitnodiging) deel van die Boland Landbou-toernooi in Februarie en tennisspelers neem ook deel aan die kursusse wat die EDGE Tennisakademie aanbied. Ons top juniors neem deel aan ‘n uitnodigingstoernooi by Hoërskool Stellenbosch in die vierde kwartaal.
Liga wedstryde word gespeel in die eerste en vierde kwartale. Alhoewel die tweede en derde kwartale nie tradisioneel tenniskwartale is nie, oefen ons topspelers steeds twee keer per week onder leiding van die EDGE Tennisakademie.
Tennis is dus ‘n heeljaarsport by Parel Vallei. Spelers wat ernstig is oor hul tennis sal hier by Parel Vallei dÍt kry waarna hul soek – baie tennis!
IDEALE:
Ons streef daarna om in die toekoms die sport nog meer uit te bou by Parel Vallei en kompeterend mee te ding in alle ligas.
CONTACT DETAILS:
Head of tennis: Me E van Wyk:
evanwyk@pvallei.co.za
*Raadpleeg asb. ons skool se Communicator vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m uitslae en datums.
Landloop by Parel Vallei
Landloop word reeds sedert die vroeë jare van ons skool se ontstaan aangebied. Leerders word voortdurend aangemoedig om hul tye te verbeter deur deeglike voorbereiding en afrigting. Ons doel is dat alle Parel Vallei landloop-deelnemers kundigheid in die sport sal ontwikkel deur deelname aan wedlope en die Boland-liga.
Parel Vallei se skilderagtige ligging aan die voet van die Helderberg bied die ideale oefenterrein. Hier word leerders aangemoedig om die verskeie uitdagings te oorkom wat deelname aan landloop-wedlope bied. Die span se seuns en dogters sweet saam, soos hul die berugte Spookheuwel en die boonste hellings van die Helderberg tydens oefensessies aandurf, maar vier ook mikpunt-tye wat bereik word saam. Ons huidige en voormalige provinsiale atlete sluit in: JP van der Walt, Tihanna le Roux, Geoffrey Collins, Jan Paul Herselman en Selmarie Erasmus.
PAREL VALLEI SE JAARLIKSE LANDLOOP-AKTIWITEITE
In die derde kwartaal neem Parel Vallei se hardlopers ook deel aan die verskeie provinsiale kampioenskappe om sodoende vir die twee nasionale kampioenskappe te kwalifiseer.
IDEALE
Ons strewe daarna om landloop as sport by Parel Vallei uit te bou deur soveel moontlik atlete by landloop-aktiwiteite te betrek, asook deur ’n kultuur by die skool te vestig wat die voordele van fiksheid beklemtoon. Ons poog ook om meer spanlede vir die Boland-, WP- en Wes-Kaapse spanne te laat kwalifiseer.
Trek jou tekkies aan en kontak mnr Soekoe vandag om deel van dié span te word!
nicsoekoe1@gmail.com of sport@pvallei.co.za
Verwys asseblief na ons skoolkommunikeerder vir daaglikse opdaterings oor uitslae en datums.
Ontdek uitnemendheid in ’n veranderende wêreld
Woensdag, 25 Februarie 2026
Sessie 1
15:00 | Begeleide toer
15:45 | Inligtingsessie
16:15 | Samesyn
Sessie 2
17h30 | Begeleide toer
18h15 | Inligtingsessie
18h45 | Samesyn
Explore excellence in a changing world
Wednesday, 25 February 2026
Session 1
15h00 | Guided tour
15h45 | Information session
16h15 | Meet-and-greet
Session 2
17h30 | Guided tour
18h15 | Information session
18h45 | Meet-and-greet