Gevorderde Onderwys Trust

Die Parel Vallei Advanced Education Trust is formeel in 2006 gestig om gevorderde opvoedkundige geleenthede te skep en ondersteun leerlinge by Hoërskool Parel Vallei asook enige verdienstelike opvoedkundige instelling in die Helderberg-kom. Die trustees se visie is om kinders in staat te stel om akademies buite die grense van ‘n nasionale kurrikulum te ontwikkel. Die Parel Vallei Advanced Education-sentrum gebruik Hoërskool Parel Vallei as sy basis om IEB AP Wiskunde en AP Engels aan te bied. Sedert die ontstaan van die Trust het dit stadig maar bestendig gegroei en Parel Vallei besonder goed gedien. Sedert 2013 is die Trust geregistreer as ‘n Public Benefit Organisation [PBO] en alle donasies daarvoor is belastingaftrekbaar. Lesers word dus genooi om die Trust te ondersteun en sodoende te verseker dat Hoërskool Parel Vallei altyd aan die bopunt van die akademiese toring sal wees.

Skenk aan die skool deur middel van die Trust:

Bankbesonderhede:
Rekening: Parel Vallei Advanced Education Centre
Rekeningno: 4057267883
Rekeningtipe: Cheque
Bank: ABSA
Bankkode: 632005

Dankie vir u belegging in die Parel Vallei-Trust.

* Indien u ‘n kwitansie vir belastingdoeleindes (SAID) benodig, stuur ‘n e-pos aan aec@pvallei.co.za.

AANSOEKPROSEDURE
GRAAD 8 (2026)-AANSOEKE

Aansoeke vir Graad 8 2026 open op Dinsdag, 11 Maart 2025.

APPLICATION PROCEDURE
GRADE 8 (2026) APPLICATIONS

Applications for Grade 8 2026 opens on Tuesday, 11 March 2025.