Oor ons

Welkom by Hoërskool Parel Vallei en jou nuwe Blue Thread-familie!
Ons is geweldig trots op ons kampus en skool wat oor die afgelope 40 jaar gegroei het tot ‘n leier in die Wes-Kaap en ‘n baken van uitnemendheid in ‘n veranderende wêreld. Parel Vallei is op die voorpunt van opvoeding in ons land en met wysheid handhaaf ons ‘n fyn balans tussen behoud en vernuwing van beste praktyke op alle terreine.
Ons Blue Thread-familie se trotse gees en kultuur van inklusiewe diversiteit berus op Christelike waardes en die strewe na ‘n gebalanseerde liggaam-, gees- en verstand-benadering. Ons sukses word nie net gemeet aan ‘n 100%-slaagsyfer aan die einde van matriek nie, maar ook hoe goed ons Parel Valleiers voorberei vir hul studies, die lewe en die wêreld van werk.
Hier wag ‘n fees van geleenthede vir jou en mag jy deur aktiewe betrokkenheid en ‘n TUNGU-nacity (‘n Turn-Up-Never-Give-Up-vasberadenheid) jou roeping, gawes en talente kom ontdek om uiteindelik ‘n positiewe bydrae tot ons omgewing en land te maak!
Mnr David Schenck
Parel Vallei-tydlyn
Hoërskool Parel Vallei se deure is in Januarie 1986 geopen met 12 personeellede en 190 leerders in standerd 6 en 7. Die skool se eintlike “geboortedatum” was op 21 Oktober 1985 tydens die eerste ouervergadering in die skoolsaal van Laerskool Beaumont . Mev Nolene Duvenage was deel van die eerste twaalf personeellede en is steeds deel van die skool.
Mnr. Boudewijn de Vries (1986 – 1996) was die stigtershoof van die skool aan die voet van Helderberg op ‘n gedeelte van die historiese plaas Parel Vallei.
Jaarboeke
Die beheerliggaam, bestuur en personeel is trots op die hoogtepunte wat saam bereik is gedurende dié jaar wat baie nuwe uitdagings gehad het.
Die lys van prestasies in PV se 2020–jaarblad is vanselfsprekend nie so lank soos vorige jare nie, as gevolg van die Covid-19-pandemie en die inperking, maar dit is eerder die ongeskrewe prestasies tussen die reëls wat ‘n storie vertel … Dis die storie van Parel Valleiers wat saamstaan, hul deursettingsvermoë en konstante strewe na Blue Thread-uitnemendheid tydens ‘n onsekere tydperk …
Dis slegs deur genade dat die leerders, onderwysers en PV-bestuur weereens saam in dié tyd bo omstandighede kon uitstyg.
AKADEMIE:
Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae van 2019 (ontvang in Januarie 2020)
- 100% NSS-slaagsyfer.
- 252 kandidate skryf en slaag die eksamen met ‘n klasgemiddeld van 67.5%.
- Die top 110 kandidate behaal ‘n 77.5% gemiddeld.
- Merietetoekennings: 48 kandidate slaag in minstens 4 vakke met 80% of behaal ‘n gemiddeld van 80% of meer. Hierdie leerders behaal ‘n gemiddeld van 83.6%.
- 427 vakonderskeidings is deur die matriekgroep behaal.
- 91.7% Baccalareus-slaagsyfer.
- Gemiddelde onderskeiding per kandidaat: 2.0
- Getal kandidate met 5 of meer onderskeidings: 33.
- 33 A’s in Lewenswetenskappe.
- 29 A’s in Fisiesewetenskappe.
- 26 A’s in Wiskunde.
WKOD-prestasies:
- Uitnemende Akademiese Prestasie: een van die Top Twintig Skole (nommer 19).
- Kayla van Rensburg (PV Dux 2019): een van die Top Twintig leerders.
Addisionele NSS-prestasies nasionaal sluit in:
- 15de plek, gebasseer op dié 4 kernvakke: Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe;
- 15de in plek in Afrikaans Huistaal (onderskeidings per kandidaat);
- 17de in plek in Rekeningkunde;
- 19de in Wiskunde (gedeelde toekenning).
- 19de in Lewenswetenskappe.
(Bron: Solidariteit – SOS 2019-Matriekverslag. https://skole.co.za)
Volg die jaarbladskakel en lees Parel Vallei se volledige sport-, kultuur- en akademiese- verslae in die
2020–jaarblad of kyk na die foto’s en artikels op ons webtuiste se nuusbladsy.
Die beheerliggaam, bestuur en personeel is trots op die verskeidenheid hoogtepunte en prestasies wat die Blue Thread-span in 2019 beleef en behaal het. Dit het ons holistiese benadering tot onderrig ten opsigte van liggaam-gees-denke onderstreep.
Hier is ‘n lys van ons top-prestasies:
(Vir ‘n meer volledige weergawe, volg die JAARBOEK-skakel VIR 2019.)
AKADEMIE:
Parel Vallei bied onderrrig van hoogstaande gehalte vir 1300 leerders van graad 8 tot 12. Ons uitslae van die afgelope jare is goed gedokumenteer en ons is weer eens aangewys as een van die topskole in die Wes-Kaap.
Nasionale Seniorsertifikaat eksamenuitslae 2018:
- 229 kandidate het die eksamen afgelê met ‘n 100% slaagsyfer.
- Klasgemiddeld: 70.23%.
- 92,6% slaag met universiteitstoelating. (Toelating vir B-graad).
- 476 vakonderskeidings is behaal.
- Meriete prestasies: 62 kandidate slaag met ‘n A-gemiddeld. (Hierdie kandidate het in minstens 4 vakke 80% gemiddeld of het ‘n totale gemiddeld van 80% of meer). Hierdie leerders behaal ‘n gemiddeld van 88.7%.
- Die top 110-leerders het ‘n gemiddeld van 80% behaal.
- Gemiddelde aantal onderskeidings per kandidaat was 2.
Wes-Kaap prestasies:
- Renée van Zyl (PV Dux 2018) ontvang ‘n meriete sertifikaat vir Akademiese Uitnemendheid, as een van die Top Studente.
- Die skool ontvang ‘n 9de plek in Afrikaans Huistaal en ‘n 12de plek in Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Addisionele Nasionale Seniorsertifikaat prestasies sluit in:
- 2de plek in Lewenswetenskappe (gedeelde toekenning).
- 11de plek in Wiskunde (173 kandidate skryf Wiskunde met ‘n slaagsyfer van 98.2%).
- 13de in Fisiese Wetenskappe.
WISKUNDE:
- In die Nasionale Wiskundekompetisie van Die Burger, Beeld en Volksblad het twee Parel Valleiers topposisies behaal, van wie een derde in die land was.
- Uit ‘n totaal van 180 deelnemende skole het Parel Vallei 5de plek in die Universiteit van Kaapstad (UCT) se Wiskunde Olimpiade behaal. Vyf leerders het ‘n goue toekenning ontvang.
- By die SAMF (South African Mathematics Foundation) is een leerder vierde geplaas uit die meer as 100 000 leerders wat landswyd deelgeneem het.
- By die Universiteit van Pretoria se Wiskunde Olimpiade het twee leerders onderskeidelik eerste en tweede plek behaal.
- Een Parel Vallei leerder het SA-kleure vir Wiskunde Olimpiades ontvang.
- By die Pan Africa Maths Olympiad (PAMO) is een leerder vir twee jaar opeenvolgend as die Afrika Wiskunde-koningin gekroon.
KULTUUR:
- Drie dramaproduksies, twee deur onderwysers en een deur een van ons leerders is op die planke gebring. Al drie het baie goed gevaar.
- Vir die eerste keer ooit het PV se Dramadepartement by al die dramafeeste gewen -Pearson, Somerset-Wes Playhouse, Durbanville, Montagu en Fraserburg.
- ATKV- Tienertoneel:
Beide Afrikaanse stukke is vir die kompetisie ingeskryf. Uit die 46 stukke wat ingeskryf is, het een van PV se stukke die streekskompetisie gewen. Albei stukke het deurgedring tot die finale landswye eindrondte waar PV aangewys is as een van die top 5 skole. - PV se Playhouse Festival wat in 2017 begin is, het intussen aangegroei tot 11 stukke wat ingeskryf is en opgevoer is.
- ‘n Indrukwekkende OPTOG-dansgroep is op die been gebring.
- PV se a cappella-sangroep wat in 2018 begin is het aan hulle eerste kompetisie deelgeneem en as wenners van die Animato a cappella-sangkompetisie in George gekroon. Skole van die Oos-Kaap en Wes-Kaap het deelgeneem.
- MUSIEKBLYSPEL:
2019 sal onthou word as die jaar van die tydlose treffermusiekblyspel Fiddler on the Roof. Met 10 uitverkoopte vertonings het ons leerders gehore vasgevang en betower.
Meer as 100 leerders het deelgeneem, insluitende ‘n volle orkes van 18 leerders. Die stuk is in die Playhouse teater opgevoer. Leerders kon dus ook die geleentheid kry om agter die skerms op te tree as klank- en beligtingbestuurders, om te help met hare en grimering en om rekwisiete te hanteer in ‘n professionele teaterstyl.- Ons prestasies by die twee geleenthede sluit in:
- 8 trofeë
- 10 medaljes
- 1 Kontantprys
- 45 Beste prestasie-toekennings
- 61 Cum Laude –toekennings
- 38 Goud+ sertifikate
- 28 goue sertifikate
Addisionele toekennings en hoogtepunte tydens beide die Eisteddfods sluit in;
Drumline – 2 Cum Laude-toekennings
Beste prestasie in perkussie ensemble werk .Gevorderde afdeling.
Vokale ensemble – 1 Cum laude en 1 Goud+
Uitstaande Prestasie Hoërskoolkore. Gevorderde afdeling.
PV – Strykorkes. 2 Goud+ sertifikate
Beste prestasie in Strykorkes. Gevorderde afdeling.
PV Jazz-kwartet – 1 Cum laude toekenning.
Uitstaande prestasie in klein ensemble. Gevorderde afdeling.
Deelnemers aan die All Stars Super Band tydens die Kaapstad Internasionele Jazz-fees in 2018 en 2019.
SPORT:
Fietsry: Parel Vallei is tans die top gemengde MTB-span in die Wes-Kaap. Ons spanne het van 26-28 September 2019 aan Spur-skoleliga se Nasionale Finaal in Brits deelgeneem.
Rugby: Op die rugbyfront was ‘n paar merkwaardige momente vir PV:
Toetrede tot die WP se Rugby Premierliga vir Hoërskole.
PV se 1ste-span is ingesluit by die WP-topskole Rugbydag op Nuweland.
‘n Eerste oorwinning ooit teen Worcester Gim en Hoërskool Hermanus.
‘n Eerste oorwinning ooit teen Worcester Gim en Hoërskool Hermanus.
Atletiek: Aan die einde van die atletiekseisoen het twee van ons atlete gekwalifiseer vir die SA Hoërskole Kampioenskappe, sowel as vir die ASA SA-klubkampioenskappe.
Hokkie:
Seuns
Op hokkiegebied is nuwe hoogtes bereik wat betref spelers wat ons skool op provinsiale vlak kon verteenwoordig. Tien spelers is vir Boland gekies (een van hulle in die 0/14 Wes-Kaap span) en die ander nege vir Boland Sentraal se streekspanne.
Ons is ook baie trots om ‘n speler te hê wat gekies is vir die 0/16 South Africa Boys high performance- kamp wat ʼn goeie getuigskrif is vir die kwaliteit afrigting wat by PV plaasvind.
Die eerstespan het sesde geëindig by die Kaapstad Internasionale Skolefees. Hulle hoogtepunt van die seisoen te midde van ʼn reeks oorwinnings, was waarskynlik die oorwinning oor die plaaslike teenstaanders Paarl Boys High (3-1) in ʼn wegwedstryd.
Meisies
Nege spelers is vir streekspanne gekies en 11 spelers vir IPT-spanne. Ons was ook bevoorreg om vanjaar twee SA- spelers te kon oplewer. Hulle is onderskeidelik vir die 0/16-span en 0/17-span gekies.
Ons 0/18-span het ook ʼn buitengewoon suksesvolle jaar beleef. Hulle het die jaar afgeskop met ʼn silwer medalje by die Fairmont Hokkietoernooi, daarna ʼn bronsmedalje by die SPAR-uitdaging en laastens ʼn goue medalje by die Internasionale Toernooi.
Sport – algemeen:
71 Leerders het kleurtoekennings vir sport op provinsiale vlak ontvang, 52 vir sport buite skoolverband en drie leerders het nasionale kleure vir skoolsport ontvang.
Gedurende Augustus was meer as 1 500 kinders deel van die PV/Pearson-uitruil in Port-Elizabeth. Die uitruil is besig om in ʼn wonderlike tradisie te ontwikkel met aktiwiteite op ʼn verskeidenheid terreine. Daar word jaarliks uitgesien na kompetisies op sport-, kulturele- en akademiese gebied
ʼn Terugblik op 2019…
Ons dink met leedwese terug aan die afsterwe van ons vorige skoolhoof, mnr. Etienne Gouws. Hy was ʼn merkwaardige man en sy bydrae tot Parel Vallei se sukses sal vir altyd onthou word. Hy was van 1 Januarie 1997 tot 30 April 2014 aan die skool verbonde. Sy nalatenskap van Trots om ‘n Parel Valleier te wees sal bly voortleef.
ʼn Nuwe administratiewe sisteem, EduVista, is deur mnr. Manthey ontwikkel en geïmplementeer.
Spreiligte is op die Astrobaan aangebring.
ʼn Boorgat en sonpanele is geïnstalleer.
Ons Valedictory Kloktoring, deur mnre. Alfred Manusse en Patrick Jamda gebou, is op 11 Oktober in gebruik geneem.
Op 6 Desember het ons lewendige gelukbringer, ons Bulhond Winston Tungu“, sy eerste verjaarsdag gevier. Sy van Tungu staan vir Turn Up Never Give Up.
Ons het in 2019 meer as 700 aansoeke vir plasings in graad 8 ontvang en ons sien uit om ons handelsmerk met behulp van al ons rolspelers van krag tot krag te laat gaan in 2020.
Die beheerliggaam, bestuur en personeel is trots op die baie hoogtepunte wat ons saam as die Blue Thread-span in 2018 kon bereik en ons sien uit daarna om te bou op alle gebiede van ons liggaam, verstand en gees- benadering tot leer en om elke leerder in staat te stel om uitnemendheid te behaal in ‘n gedurig-veranderde wêreld.
AKADEMIE:
NSS-eksamen 2017: PV het die volgende Wes-Kaap merietetoekennings ontvang:
- Akademiese uitnemendheid: een van die topskole in die Wes-Kaap: 12de posisie;
- Skool wat die meeste verbeter het in Informasietegnologie;
- Twee leerders op die minister se topmerietelys;
- Agt leerders het top 10-posisie behaal in verskeie vakke;
- 237 kandidate het geskryf en ‘n gemiddelde van 71.44% behaal;
- 71 merietetoekennings (A-slaagpunt);
- 96,2% Bachelor-vlak slaagpunt;
- 547 vakonderskeidings.
Die WKOD het PV se graad 9-klas van 2017 met die volgende bekroon:
Wiskunde:
- ‘n sertifikaat vir die behaal van ‘n slaagsyfer van 50% en meer van 2016 -2017;
- ‘n sertifikaat en trofee vir die volgehoue slaagsyfer van 80% en meer vir die afgelope drie jaar van 2015 – 2017.
Taal:
- ‘n sertifikaat vir die behaal van ‘n slaagsyfer van 70% en hoër vir 2016 – 2017;
- ‘n sertifikaat en trofee vir die volgehoue slaagsyfer van 80% of meer vir die afgelope drie jaar 2015 – 2017.
WISKUNDE:
- In die nasionale Wiskunde-kompetisie van Die Burger, Beeld en Volksblad is drie Parel Valleiers in die top 5-posisies geplaas.
- Parel Vallei het die vyfde plek behaal in die UCT Wiskunde Olimpiade;
- By die Suid-Afrikaanse Wiskunde-stigting (SAMF) is een leerder eerste geplaas uit meer as 100 000 leerders wat landwyd deelgeneem het;
- Een leerder het ‘n tweede plek en ‘n ander leerder ‘n eerste plek by die UP se Wiskunde Olimpiade behaal;
- en Parel Valleier het Springbokkleure vir Wiskunde Olimpiade ontvang;
- By die Pan-Afrika Wiskunde Olikpiade (PAMO) het ‘n Parel Valleier twee medaljes gewen en sy was die WENNER van die vroulike afdeling van die Olimpiade, waarna sy gekroon is as die “Afrika-kampioen van Wiskunde”;
- Tien leerders van Parel Vallei is deur die Universiteit van Stellenbosch gekies om die Boland Wiskunde Olimpiadespan wat landwyd deelgeneem het, te verteenwoordig.
ANDER AKADEMIESE PRESTASIES:
- Parel Vallei is weer deur die Universiteit van Stellenbosch as een van hulle top 100-voederskole aangewys en nasionaal tweede;
- By die Junior Bio-Science Olimpiade het Parel Vallei ‘n tweede plek in die land behaal en een leerder het ‘n goue en nege leerders silwer sertifikate ontvang;
- Die bes-nagevorsde projek, twee spesiale toekennings, een goue en sewe silwer medaljes is toegeken by die “Eskom Expo for young Scientist”;
- By die Lewenswetenskappe se wêreldwye Bio-Science Olimpiade het Parel Vallei se span ‘n goue medalje ontvang en ‘n Parel Valleier het die olimpiade gewen;
- By die Mintek-kompetisie het die Parel Vallei span ‘n tweede plek in die provinsiale platinum-afdeling behaal en een Parel Valleier het eerste in die individuele platinum-afdeling gekom;
- Na hierdie uitstaande prestasie is die leerder verkies tot die Wes-Kaapse span en hulle het deelgeneem aan die Nasionale Mintekkompetisie. Die Wes-Kaapse span het ‘n derde plek behaal en ons leerder het ‘n EERSTE plek in die nasionale platinum-afdeling behaal.
KULTUUR:
- Vier dramaproduksies is op die planke gebring deur ons eie drama-onderwysers en dit het baie goed gevaar;
- By die Nasionale Toneelspelkompetisie het een leerder ‘n derde plak behaal;
- Ons dramagroep het Montagu toe getoer en ‘n tradisie laat herleef;
- Parel Vallei’s Playhouse Festival het tot sewe toneelstukke gegroei;
Grand West High School Jam:
- Parel Vallei is weer genooi om deel te neem by Grand West. Hulle het ‘n wonderlike vertoning gehad en was die eerste skool OOIT wat ‘n oorspronlike werk uitgevoer het, wat tot ‘n opnamesessie by die KFM-radiostasie gelei het;
- Parel Vallei wen die Strand Rotary Redenaarskuld;
Ons eie Eisteddfod (Stellenbosch en Helderberg) – prestasie sluit in:
- 8 trofees
- 17 medaljes
- 25 beste prestasie-sertifikate
- 88 Cum Laude
- 63 Goud+ sertifikate
- 41 Goue sertifikate
Bykomende toekennings by beide Eisteddfods:
PV Koor – ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir Beste Gewyde Werk en by die Helderberg Eisteddfod ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die gemengde kore-kategorie;
PV Big Band – ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir die Beste Jazz-orkes en by die Helderberg Eisteddfod ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die Koper / Houtblaas – orkes afdeling;
PV Instrumentele ensemble – ontvang by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n trofee vir die beste klein instrumentele ensemble;
Django Trio – ontvang ‘n sertifikaat vir Uitstaande Prestasie in die klein ensemble-katogorie by die Helderberg Eisteddfod.SPORT:
Fietsry – ons gemengde span is eerste geplaas by die Western Province Spur Schools Mountain Bike League. By die Nasionale Spur Schools Mountain Bike League het Parel Vallei 4de in die gemenge kategorie en 5de in die seuns-afdeling klaargemaak. In die provinsiale finaal het ‘n Parel Vallei leerder ‘n derde plek behaal. Parel Vallei is trots daarop om erken te word as een van die Top 5-fietsryskole in SA;
Rugby – verlede jaar het ons berig dat dit slegs ‘n kwessie van tyd sal wees voordat ons in die premier B-rugbyliga ingesluit word en dit het vanjaar ‘n werklikheid geword! Vanjaar is twee spelers vir die WP Coastal Tournament – span gekies;
Vanjaar is twee spelers vir die WP Coastal Tournament – span gekies;
Tennis – Parel Vallei se o/15 spelers het die HSB T4J-dubbelstoernooi gewen;
Hokkie – 32 Parel Valleiers is gekies vir Bolandspanne;
Ons o/18-hokkiedogters het tweede geëindig en die silwer medalje verower by die Cape Town International Schools’ Hockey Festival. Gedurende die Investec Hockey Festival is hierdie span algeheel tweede geplaas. Die dogters is 16de op die nasionale skole-hokkie ranglys en die o/18-seuns 55ste;
In die o/16-katogorie is ons seuns en dogters onder die top 12-posisies geplaas;
Aan die einde van die eerste kwartaal het meer as 40 Parel Valleiers die voorreg gehad om Nederland te besoek as deel van die PV-hokkietoer van 13 dae waartydens hulle teen bekende Hollandse hokkiespanne gespeel het en Nederland ontdek het;
Swem – Parel Vallei het die tweede plek in die Frank Myburgh Twilight Gala behaal;
Netbal – ‘n Voltydse netbalbestuurder is aangestel om die 25 netbalspanne van Parel Vallei te lei en om hierdie sport by Parel Vallei na die volgende vlak te neem; Een o/17-leerder is gekies vir die Western Cape Oaks-span;
Altesaam 56 leerders het provinsiale kleure vir sport gekry, 52 vir buiteskoolsport en een leerder het nasionale kleure vir ‘n skoolsport behaal.
Gedurende Augustus het meer as 1 500 kinders deelgeneem aan die PV/Pearson – uitruilbesoek. Parel Vallei het 705 leerders en 85 personeellede van Hoërskool Pearson tuis ontvang vir die eerste keer. Dit was werklik een van die hoogtepunte van die jaar, met aktiwiteite op verskillende terreine: sport, kultuur en akademie!
KAPITALE PROJEKTE:
Vanjaar is die verspring-aanloopbaan, telefoon- en besproeiingstelsel voltooi. Die volgende projekte is in die beplanningsproses: die aankoop van nuwe musiektoerusting en die opgradering van die rekenaarlokaal.
Parel Vallei het in 2018 oor die 630 aansoeke vir die 260 plekke in graad 8 ontvang en ons sien uit daarna om hierdie trotse handelsnaam te laat groei met die ondersteuning van alle rolspelers, want ons weet: “Die geheel is groter as die som van die dele”. Aristotle
Trots om ‘n Parel Valleier te wees!!
Die beheerliggaam, bestuur en personeellede is dankbaar oor die volgende hoogtepunte wat die skool gedurende dié jaar saam kon bereik in die veranderende wêreld waarin ons leef…
Op akademiese vlak:
- NSS-eksamen van 2016: PV behaal weer ‘n plek op die Wes-Kaap se Top 20 Skolelys. Vyf graad 12-leerders behaal Top 10 posisies in hul vakke. PV behaal ‘n 7de plek uit alle WKOD-skole in die Wes-Kaap vir Afrikaans Huistaal. 203 kandidate slaag die eksamen met ‘n gemiddeld van 70.67%. 53 merietetoekennings, ‘n 96% Baccalareus-slaagsyfer en 407 vakonderskeidings word behaal.
- Die WKOD ken ‘n sertifikaat van uitnemendheid toe aan PV se graad 9-klas tydens die provinsiale sistemiese Wiskundetoetse. (PV was een van slegs vier skole landswyd wat dié toekenning ontvang het).
- Twee leerders behaal 1ste plekke in die Universiteit van Pretoria se Wiskunde-olimpiade.
- Vir ‘n vierde keer behaal PV ‘n 3de posisie tydens die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-olimpiade.
- Die Burger lys PV in die 4de plek vir Wiskunde in die Wes-Kaap.
- Tydens die Bio-Science Olimpiade behaal PV ‘n nasionale 2de plek.
- Twee spesiale toekennings, twee goud en sewe silwer medaljes word toegeken by die Eskom Expo for Young Scientists.
Op die kulturele gebied:
- Drie dramaproduksies word op die planke gebring deur ons drama-personeellede. Een van die toneelstukke, Kopskoot, word genooi na die nasionale tienertoneelfinale by Artscape en eindig 4de!
- Tydens die nasionale toneelspelkompetisie behaal twee leerders onderskeidelik ‘n 1ste en 2de plek!
- PV WEN die Strand Rotariër-redenaarskompetisie.
- Ons Eisteddfodprestasies sluit in: ag medaljes, 28 beste prestasie toekennings, 59 Cum Laudes, 47 goud+ en 33 goue sertifikate.
Op die sportveld:
- Vir die derde keer agtereenvolgens kraai PV koning tydens die interskole- atletiekbyeenkoms!
- PV se fietsryspan behou hul posisie op die podium as een van die Top 5 fietsryskole in SA! (By die Western Province Spur Schools’ Mountain Bike League behaal ons seuns ‘n 2de plek en in die gemengde kategorie eindig PV 4de. PV WEN die National Spur Schools’ Mountain Bike League deur die gemengde en dogterskategorie te wen en 2de te eindig in die seuns- kategorie.)
- Rugby: vir die eerste keer het PV vier ouderdomsgroepe op nasionale ranglyste. (Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voor ons ingesluit word in die premier B-rugbyliga!) Vyf leerders word gekies vir die Suid-Kaapse rugbytoerspan wat Suid-Afrika verteenwoordig in Australië.
- PV speel vir die eerste keer tennis in die B-liga!
- Hokkie: ons o/18 hokkiedogters wen die Fairmont- sowel as die Kingswood-toernooi. Tydens die internasionale en die Spur-hokkietoernooi word hul 2de geplaas en om al hul prestasies te kroon WEN hulle ook die Investec- hokkietoernooi! Tydens die Fairmont-hokkietoernooi is PV ook aangewys as die beste Ko-ed skool.
- Sewentig leerders ontvang erekleure vir provinsiale skolesport, 52 vir nie-skoolsport en vier vir nasionale skolesport.
Die jaar 2017 sal ook onthou word as die jaar wat die blou PV-gees PE vir die heel eerste keer getref het toe meer as 700 Parel Valleiers en 60 personeellede in Augustus hul tasse vol afwagting en hope gees gepak het vir die heel eerste derby teen die Hoërskool Pearson. Daar is meegeding op verskeie terreine en die spanne in blou en groen het kragte gemeet op akademiese, kulturele en sportgebied!
Op ons kampus het ons ‘n nuwe telefoonstelsel geïmplementeer, ‘n nuwe diskushok aangekoop en ons verspringaanlope vernuwe. Addisionele parkeerareas is ook in Aberdeenstraat deur die munisipaliteit voorsien, waaroor ons baie bly is!
Die volgende projekte is begin en tans nog in wording: die opgradering van musiekinstrumente/-toerusting, effektiewe besproeiing, die konstante opgradering van tegnologie in klasse, verbeterde sekuriteitsisteme en die vernuwing van die tennisarea.
Ons is trots op die 587 graad 8-aansoeke wat ons ontvang het vir 2018. Saam sal ons as die Blue Thread-familie aanhou strewe na uitnemendheid in al die areas van ons liggaam-, verstand- en gees-benadering!
“Trots om ‘n Parel Valleier te wees!”
“Die geheel is groter as die som van sy dele”
Hierdie spreuk van Aristoteles is beslis die geval by Parel Vallei, veral as ons die hoogtepunte van 2016 in oënskou neem:
Op akademiese vlak:
- PV het weereens die Wes-Kaap se Top 20 Skolelys gehaal en is na die 2015-Wes-Kaapse Nasionale Seniorsertifikaattoekenningseremonie te Leeuwenhof genooi. Die gashere vir hierdie spoggeleentheid was Helen Zille, van die Wes-Kaap en Debbie Schäfer, Minister van Onderwys (Wes-Kaap). PV ontvang die volgende merietetoekennings:
- een van die topskole in die Wes-Kaap met ‘n Baccalareusslaagsyfer van meer as 90%;
- die beste vordering in Informasietegnologie;
- uitnemendheid in Ingenieursgrafika en Ontwerp: Siann Bester.
- Die graad 9-klas van 2015 word erken vir uitnemendheid in Engels by die Wes-Kaap Litnum-toekennings;
- Nege Parel Valleiers ontvang medaljes by die streekseindrondte van die Eskom Expo for Young Scientists: twee goue medaljes, een silwer medalje en ses brons medaljes;
- Deur die Parel Vallei Advanced Education Trust behaal twee leerders meer as 80% vir hul IEB AP Wiskunde-eksamens en vyf CIE A-level onderskeidings.
Op die kulturele gebied:
- PV vertoon hierdie jaar vier dramas – die meeste nog! Een van die toneelstukke, Van ons Moeders, wen die Logan Tienertoneelfees te Fraserburg as BESTE PRODUKSIE en ook die Dawie Maritz-trofee by Durbanville vir verskeie prestasies op die verhoog;
- Ses dramaleerders is gekies om deel te neem aan ‘n nasionale dramakompetisie en een van hierdie leerders wen die juniorafdeling;
- Ons is baie trots op die volgende Eisteddfodprestasies: 6 medaljes, 25 beste prestasie toekennings, 87 Cum Laudes, 62 goud+ en 25 goue sertifikate.
Op die sportveld:
- Die interskole atletiektrofee bly by PV – waar dit hoort;
- Ons eerstespan hokkiedogters skuif 13 plekke op en beklee tans die 16de plek in SA. Ons eerstespan hokkieseuns beklee die 26ste plek in SA (10 plekke op na verlede jaar). Bron: www.saschoolsport.co.za
- By die Western Province Spur Schools’ Mountain Bike League word PV gekroon as die beste gemengde span, beste dogterspan en ons seuns behaal die 2de plek;
- By die National Spur Schools’ Mountain Bike League behaal PV die 2de plek in die gemengde kategorie en die seuns behaal die 4de plek (net drie punte agter die derde plek);
- Parel Vallei wen die “RUGBYSKOOL VAN DIE JAAR”-toekenning vir die skool wie se rugby die meeste verbeter het. Hierdie toekenning getuig van die BLUE THREAD-gees van toewyding en trots. (www.ruggas.co.za)
- Die O.19A-rugbyspan wen 80% van al hul wedstryde en ontvang verskeie toekennings;
- Vyf en sestig leerders ontvang erekleure vir provinsiale skolesport, 43 vir nie-skoolsport en drie vir nasionale skolesport.
‘n Nuwe leerderleierskapstruktuur is in plek gestel en ‘n prefekliggaam is verkies en verdeel in dié portefeuljes: Tradisie, Media, Kultuur, Gemeenskap, Akademie, Sport, Gees en die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) met verteenwoordigers uit elke graad wat deur die hoofseun en –dogter aan die SBL rapporteer.
PV is altyd besig om die skoolgrond en fasiliteite op te knap en te verbeter en hierdie jaar is ‘n dak oor die pawiljoen gebou, die kombuis langs die saal is opgegradeer en nog lugverkoelers is aangebring.
PV was hierdie jaar getrou aan sy standaard en sal voortdurend bly streef na: Uitnemendheid in ‘n veranderende wêreld!
Dié jaar het 1 240 leerders en 104 personeellede weer saam na uitnemendheid gestrewe deur die skool se LVG (Liggaam, Verstand en Gees) – benadering na te volg. Vir die eerste keer is die gevoel van behoort, eenheid en liefde wat hier heers ook neergepen as die: BLOU DRAAD wat ons almal saambind.
Die skool se 30ste bestaansjaar word gevier en dié jaar word nuwe tradisies gevorm en vas gelê met geleenthede soos die Stigtersnaweek en die graad 8-kamp!
Saam bly ons trots om Parel Valleiers te wees en vier ons graag die volgende 2015-hoogtepunte!
Op akademiese vlak:
- eindig PV weer onder die Top 20 skole in die Wes-Kaap met ‘n 17de plek!
- word die graad 9-klas van 2014 10de geplaas in die Wes-Kaap vir uitnemendheid in Wiskunde en Taal by die 2015 Litnumtoekennings.
- verwerf PV ‘n 4de plek by die UCT Wiskunde-olimpiade.
- vir gevorderde onderrig word PV geregistreer by die British Council as ‘n Cambridge Associate School.
Op kulturele vlak:
- word vier dramaleerders gekeur om deel te neem aan ‘n nasionale dramakompetisie en een van dié Parel Valleiers wen die kompetisie!
- eindig PV algeheel 2de by die jaarlikse Grand West – Backstage Pass, High School Jam!
- neem meer as negentig Parel Valleiers deel aan die Back to the 80s! musiekblyspel en bereik saam kultuur-uitnemendheid!
Op sportgebied:
- word die bulhondveggees en toewyding tasbaar beleef, toe PV die gees- EN atletiekbeker verower het tydens interskole! ‘Die geheel is groter as die som van die dele!’
- ry PV se gemengde fietsryspan ook weg met die algehele 1ste plek in die Wes-Kaap.
- eindig die 1ste meisieshokkiespan 29ste in die land en die O/16 A rugbyspan 17de. (Bron: www.saschoolsports.co.za ).
Die grensdraad om die skool word voltooi en verbeterings word voortdurend aan die kleedkamers gedoen. ‘n Splinternuwe reënskuiling word ook opgrig by die hoofingang.
PV ontvang meer as 500 aansoeke vir slegs 260 plekke in graad 8 vir 2016 en ons word weer daaraan herinner dat PV ‘n skool is waarmee daar rekening gehou moet word in dié veranderende wêreld waarin ons lewe!
In April tree ‘n toegewyde en geliefde Parel Valleier, mnr. Ettienne Gouws af as skoolhoof na meer as 17 jaar. Mnr. David Schenck word as nuwe leier verwelkom in Mei. Dié jaar word gekenmerk deur verskeie hoogtepunte soos die rekord aantal aansoeke (470+) wat ontvang word vir 260 plekke in graad 8 vir 2015, sowel as die amptelike stigting van die PVU (Parel Vallei Unie) vir oudleerders, ouers en vriende van Parel Vallei.
Op die kampus word die voorportaal en Ledbury-Huis (skoolhoof se woning) opgegradeer.
Die gebruik van die skoolwapen en die PVH-logo op skooldrag word gewysig.
Deur middel van die skool se LVG (Liggaam, Verstand en Gees)- benadering word die volgende behaal:
• | Op akademiese/verstandelike vlak handhaaf PV sy uitnemendheid, as een van die top skole in die Wes-Kaap! |
• | Op kultuur/geestelike vlak word een van PV se dramaproduksies (WolkKop) aangewys as die nasionale wenner van die 50ste ATKV-Tienertoneelkompetisie! |
• | Op sport/liggaamlike gebied word die seuns-fietsryspan nasionaal 3de en die gemengde span 5de gelys! Die 1ste seunshokkiespan eindig 24ste en die 1ste meisieshokkiespan 36ste in die land. |
Vroeg in 2013 is bevind dat, gebaseer op die totale aantal matrieks geslaag , die persentasie Bachelors geslaag, sowel as die algehele matriekuitslae, ons die toppresterende skool in die Wes-Kaap in 2012 was. Dit is ‘n besondere prestasie!
Agt van ons leerders het nasionale kleure en vyftig leerders provinsiale kleure in verskillende sportsoorte verwerf.
Op kultuurgebied ontvang ons Drumline die hoogste toekennings by die Stellenbosch en Helderberg Eisteddfod. PV se Engelse dramaproduksie (Hyperbole) vaar die beste by die Durbanville Tienertoneelfees en die nuutgestigte filmklub skryf vier kortfilms in vir die Ubuntu-tienerfilmfees in samewerking met die Hoërskool Macassar.
Moontlik een van ons mees uitdagende jare wanneer dit kom by die bestuur van ‘n groot skool terwyl twee groot projekte aangepak word. Gedurende die loop van 2012 is die Astrobaan vir hokkie gebou en gelyktydig is tien nuwe klaskamers opgerig aan die noordweste-like kant van ons geboue. Dit is goed ontvang deur die hele Somerset-Wes-gemeenskap, want dit stel ons skool in staat om meer leerders in die toekoms toe te laat. Ons het ook ons tweede span van konsultante van die Universiteit van Georgetown in Washington ontvang om ons te help met die langtermyn beplanning van ons skool se toekoms. Hulle insette was van onskatbare waarde en ons strategiese beplanning is nou in plek en weldeurdag vir die volgende vyf jaar.
Op akademiese vlak het ons al die regte note gedruk! Ons matriekklas behaal groot sukses met drie van ons matrieks in die Top 20 in die Wes-Kaap. Hierbenewens is ons as Top Wiskunde en Top Wetenskap Skool in die Kaap aangewys. Dit is ‘n fantastiese prestasie. Ons is ook geprys daarvoor dat ons een van die grootste groepe matrieks met ‘n 100%- slaagsyfer in die Wes-Kaap opgelewer het.
In hierdie ongerekende jaar het ons op akademiese vlak waarskynlik ons beste matriekuitslae vir enige matriekgroep gelewer. Vir enige matriekklas is dit heel besonders om ‘n 72%-gemiddeld te bereik. Daar was geen leerders in die WKOD- Top 20 nie, maar as ‘n groep het hul ongeëwenaarde sukses behaal. Dit was ook die jaar waarin ‘n baie groot besluit geneem is – ‘n Astrobaan sal vir ons hokkiespelers volgende jaar (2012) reg aan die einde van die jaar gebou word. Terselfdertyd het die Departement van Onderwys hul finale besluit geneem om R7,6 miljoen te belê in ‘n projek waardeur 7 ekstra klaskamers voorsien sal word.
Hierdie tydperk word finansieel uitdagende jare,want die resessie is merkbaar op ‘n verskeidenheid terreine. Steeds slaag ons egter daarin om te fokus op ons kerndoelwit – die opvoeding van kinders deur ons sleutelnoodsaaklikhede: akademie, sport- en kulturele uitmuntendheid.
1 160 leerders, 72 personeellede, 206 matrieks
12de beste Wiskundeskool in SA met ‘n slaagsyfer van meer as 100 in Wiskunde HG in die 2007-matriekeksamen. (Slegs 13 ander skole in SA bereik hierdie mylpaal)
Groot toevoegings tot die skoolgebou: klaskamers, personeelkamer, skoolsaal, binnemuurse sportsaal onder die “Afdak” onderneem om in Januarie 2009 in gebruik te neem.
‘n Volgende doelwit word gestel – om twee astrobane vir hokkie beskikbaar te maak om te voorsien in die groot aanvraag vir hierdie sportsoort by beide seuns en dogters
Ons vier 21 jaar van uitmuntendheid met 1 065 leerders, 55 personeellede en 156 matrieks
Ons eie pawiljoen word gebou.
Die “Afdak” word langs die skoolsaal voltooi.
Mnr. Ettienne Gouws word aangewys as die tweede skoolhof.
Die klubhuis word by die sportgronde opgerig.
454 leerders, 30 personeellede, 88 matrieks
Eerste Matriekklas: 40 leerders [16 seuns en 24 dogters]
Eerste hoofseun: Paul van Niekerk en hoofmeisie: Kim Meldrum (nou Groenewald)
Die skooluniform word bekendgestel – vlootblou, wit en helderblou
Die skoolwapen is ontwerp deur Christo Maritz, ‘n gr 9-leerder en is as volg saamgestel:
Die gewel van die Parel Vallei plaasopstal
‘n Venster In die gewel wat insig (“intellegentia”) simboliseer
Die oop boek wat wysheid (“sapientia”) simboliseer
Son en lig wat die boodskap van ons leuse beklemtoon “sapientia et Intellegentia” – ‘n Bybelteks gebruik tydens die eerste byeenkoms van skoliere en personeel tydens die opening in Januarie 1986.
Die skoollied – se teks is deur mnr. J F Spies geskryf en die musiek gekomponeer deur dr.Guurt van der Tas.
HOOFSEUN |
HOOFDOGTER |
|
2024 | Henry Jones | Kiara Mahoney |
2023 | Ethan Pandaram | Anoxolo Maqubela |
2022 | Dean Bulfon | Jenna Blaauw |
2021 | Dylan Janse van Rensburg | Megan Mol |
2020 | Ryan Beavon | Patricia Potgieter |
2019 | Kai Moolman | Lucia Niland |
2018 | Arend Moelich | Nicole de Lorme |
2017 | Xander Venter | Rouxvè Meyer |
2016 | Emile Gouws | Cheylin Werrheim |
2015 | Jacque Gericke | Amy Ward |
2014 | Jacques Meyer | Robyn Keet |
2013 | Darren Hendricks | Megan Higgo |
2012 | Stian Nieuwoudt | Sarah Howard-Browne |
2011 | Charl Cillié | Morgan Wolf |
2010 | Kobus Badenhorst | Caru Coetzee |
2009 | Dean Bellingham | René Stone |
2008 | Miles Manning | Abigail Meaker |
2007 | Mason Lintvelt | Elaine Rose |
2006 | Lukas Muller | Christa Rohwer |
2005 | Jannes van der Merwe | Mary-Lee Reynolds |
2004 | Francois Wahl | Cara Venter |
2003 | Roger Norton | Caraleigh de Waal |
2002 | Warren Hayward | Elrine Prinsloo |
2001 | Heinrich Goosen (head prefect) | |
Jaco Botha | Suzanne Rose | |
2000 | Dale Thomas | Carina Wahl |
1999 | Robert Rosenberg | Antoinette Degens |
1998 | Simon Aggett | Tracy de Villiers |
1997 | Robert Kellerman | Marina Rust |
1996 | Carel van Dyk | Janine Lumby |
1995 | Gary Hartwig | Annalize Fourie |
1994 | Edwin Coates | Carol Purnell |
1993 | Robert Heneke | Riëtte Roux |
1992 | Matthew Nel | Claudia Aver |
1991 | Andrew Purnell | Peta van der Grijp |
1990 | Michael Willis | Henriette de Vries |
1989 | Paul van Niekerk | Kim Meldrum |
Skoolwapen
Christo Maritz, ‘n graad 9-leerder het die wapen in 1987 ontwerp.
Die ontwerp van die wapen is as volg saamgestel
- Die gewel is van die ou Parel Vallei opstal
- ‘n Venster in die gewel simboliseer insig (“intellegentia”)
- Die oop boek simboliseer wysheid (“sapientia”)
- Son en lig beklemtoon die boodskap vervat in die leuse “Sapientia et Intellegentia” wat beteken wysheid en insig, ‘n Bybelse aanhaling wat by die heel eerste byeenkoms van leerders en personeel in Januarie 1986 gebruik is.
PV Monogram
Die PV-monogram op ons skooltrui en op ons sport- en kulturele drag is gebore uit ‘n poging om ‘n simbool te vind wat minder formeel as die skoolwapen is, maar tog deftig genoeg sou wees as ‘n embleem waarop ons almal trots kan wees. Die skoolhoof het aan die kunsonderwyser voorgestel dat die skool se PV-voorletters gebruik kan word om iets nuuts te skep. Mnr Francois Visser het met die HPV-monogram vorendag gekom wat onmiddellik aangegryp is deur skoliere, ouers en personeel.
SKOOLLIED
In ons soepel lentejare
Word ons vir ons taak gebrei,
skep ons vir ons ideale
in ons eie Parel Vallei.
Dis die skool wat ons so liefhet,
wat die mag van wysheid leer
en ons aanspoor om met insig
ons probleme te hanteer.
In our sport and in our labour
always vigilant we’ll stay,
and by word and deed the spirit
of this lovely school display.
Parel Vallei we shall remember
how you tend us in our youth,
how to grow in the art of living
and to flourish forth in truth.
Die skoollied se teks is geskryf deur: mnr. J.F Spies en dit is getoonset deur dr.Guurt van der Tas in Augustus 1989.
LEIERSKAP
Parel Vallei is ‘n skool wat daarna streef om so veel geleenthede as moontlik vir sy leerders te skep en gedurig met uitnemendheid aan te pas in die veranderende wêreld waarin ons leef. Dit is om dié redes dat daar besluit is om ‘n nuwe leerder-leierskapstruktuur in PV te skep!
Dit is die leiers van die toekoms wat vandag op die skoolbanke sit en PV se bestuur wil Parel Valleiers graag nog meer blootstel aan leierskapsrolle en leierskapsgeleenthede.
